Marquis of Sadism….

2 Dec

Volgens my woordeboek:

“Sadism is a type of behaviour in which a person obtains pleasure from hurting other people and making them suffer physically and/or mentally.”

Op 2 Desember 1814, sterf die Franse aristokraat Marquis Donatien Alphonse Francois de Sade. Hy was ‘n skrywer en revolusionêr, maar ook die persoon wie se lewenswyse die woord sadisme tot die wêreld se woordeboeke toegevoeg het.

Gedurende sy lewe het hy verskeie boeke en gedigte geskryf. Die boeke gewoonlik fiksie met filosofiese ondertone en onderwerpe soos verkragting, nekrofilia en seks met diere. Hy was ‘n voorstaander van ekstreme vryheid, sonder onderworpenheid aan moraliteit, godsdiens of die gereg – die belangrikste moet die soeke na persoonlike geluk wees.

Snaaks genoeg is dit juis die ekstreme vryheid grondbeginsels van die Marquis wat veroorsaak het dat hy vir omtrent 32 jaar van sy lewe in verskillende tronke en inrigtings gespandeer het. Die probleem blyk te wees dat sy novelles nie net geskrewe denke was nie, maar dat hy ook baie praktiese navorsing gedoen het.

Die lys van opgetekende oortredings is langer as die N1 van Polokwane tot in Kaapstad. Hy het dikwels prostitute gehuur en hulle dan in die Kasteel opgesluit en vir dae aaneen verkrag en mishandel. Sy personeel, van die manlike en vroulike geslag, het ook dikwels deurgeloop. Ander dade van sodomie en die ontvoer en verdowing van prostitute met Spanish Fly was ook onder die klagtes.

Dit was net deur sy ma se toedoen, dat die Marquis gelukkig was om elke keer teregstelling vry te spring, en het hy nie telke kere Italië toe gevlug nie sou hy heel moontlik vir meer as 32 jaar van sy lewe opgesluit gewees het.

Die hartseer gedeelte van hierdie storie is dat sekere dinge in die laaste 200 jaar nie veel verander het nie.

Daar is nog steeds mense wat die nalatenskap van die Marquis, deur die woord sadisme, eer toegee. Een voorbeeld daarvan is die Austrian, Joseph Fritzl wat sy dogter gevange gehou het in die kelder en sewe kinders met haar verwek het. SIEK!

Dit blyk ook verder dat jy met vele kan wegkom deesdae solank jy net die regte mense ken, en die mag het om te help om die ongeregtelike dade onder die matjie in te vee. As die daad letterlik gedoen moes wees, sou ek ‘n besem en matjie stalletjie buite die parlement beman het, en nou ‘n miljoenêr gewees het.

Bron: Wikipedia

9 Responses to “Marquis of Sadism….”

  1. meermin Desember 2, 2008 at 9:44 vm #

    Baie interessant lekker dag vir jou!! EN NEE so maklik gaan julle NIE ontslae raak van my NIE!!!😆

  2. Rustig Desember 2, 2008 at 12:41 nm #

    Demoerin: Die rolprent Quills handel oor die “oom” as ek dit nou nie mis het nie. Ek het dit nogal geniet om te kyk. Dan vrek ek in elkgeval oor enige rolprent wat in die 1800 afspeel.

  3. demoerin Desember 2, 2008 at 12:50 nm #

    Heel korrek Rustig! Blykbaar was daar egter soveel verdraaiing van feite in die fliek, dat ek nie eintlik wou noem van die fliek nie. Gaan soek gerus Quills op op Wikipedia.

  4. Rustig Desember 2, 2008 at 4:29 nm #

    Dit is so maar tog was dit nie te sleg nie. Dit is waar die verskil inkom tussen Hollywood rolprente en wanneer ‘n europese “independant” vervaardiger die ding doen. Amerikaners kon nog niks ordentlik doen nie. Nou ja dit is ‘n ding vir ander dag.

  5. boendoe Desember 2, 2008 at 6:03 nm #

    Gory. 😯

    Daai pa wat sy dogter aangehou het…die enigste regverdige straf vir hom is om oor jare stadig doodgemartel te word. Daardie arme vrou en haar kinders.

  6. rosalindfranklin Desember 2, 2008 at 7:29 nm #

    Die Marquis de Sade,,,,vreemde karakter…hy het vreeslike dinge gedoen! Vandaar ook die term sadisme.

    Lekker stuk. Daar is ‘n fliek oor hom.

    Spanish Fly, ja mense dink dit werk soos Viagra, maar eintlik irriteer dit net die urienweg en gebruik daarvan op die langtermyn – nie te goed vir jou nie.

  7. demoerin Desember 3, 2008 at 6:51 vm #

    😆 Rustig ….gedeelde sentimente daardie!
    Stem Boendoe…. daai man was siek! Geen straf kan vergoed vir die onreg wat hy sy dogter aangedoen het nie.
    Hi Rosa….sjoe ‘n besoeker daar uit die vreemde!

  8. Pikkelik Desember 3, 2008 at 10:48 vm #

    UUUURRRGGGG….. Sies, ek eet…. Kos, asblik, koffie, wasbak…. Ag aardetjie DMI! Kan jy nie eerder oor Charlie Chaplin skryf nie! Dis sieker as siek…. ‘n Mens kan nie dink daar het/lewe rerig sulke mense nie!

  9. Wipneus! Desember 4, 2008 at 8:41 vm #

    Ja en daar is nogsteeds mense daarbuite wat op weird maniere skatryk word en slegte dinge aanvang…. hulle kom ook ligtelik daarmee weg as hulle ooit gevang word. 🙄
    Ek stem siek, want ek weet nie hoe lewe jy met jouself saam nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: