Die Week in ‘n Neutedop…..

5 Dec

Ai tog sukkel ek nou vanoggend met hierdie new-look admin pages…ek kry nie die flippen prentjie gelaai nie. Maar voordat ek nou my cool verloor gaat ons maar eerder voort sonder hom….dit is later se probleem.

Die eerste week van Desember is verby en ‘n algemene gevoel van moegheid en irritasie blyk oor die mense te daal. Party mense voel soos ek en weet ok nie lekker of hulle kom of gaan nie. Met ‘n bietjie geduld is 2009 net om die draai.

Ons gaan nou in die vakansie seisoen in, en met die ekonomie wat maar bietjie gebukkend gaan, gaan daar al hoe meer skelms en kansvatters daarbuite wees. Dink tog maar aan veiligheid oor die tyd in die algemeen, en wees ekstra versigtig op die paaie en waarmee jou kinders in aanraking kom.

Dan word ek hierdie week weer bietjie afgebring aarde toe, om herinner te word dat ek dit nie dalk so sleg het as wat ek gedink het nie…daar is altyd miljoene daarbuite wat slegter af is of ander wat streef om iets te wees/of dink hulle is wat hulle nooit sal wees nie.

Hoekom mense persona’s / lewens vir hulleself moet skep gaan nogsteeds my verstand te bowe. Dit moet so werk … Hier is ek, take what you get…of fok of! Wees EERSTENS getrou aan jouself … net omdat jy KAN! en dan dink jy bietjie oor hoe jy ander mense behandel en maak daardeur seker dat jy nie in ‘n boksie gedruk kan word nie.

Maak jouself gereed vir bietjie vakansieleesstof, of gaan op die soektog agter die moersekremetart aan. Niks daarmee fout om vandag bietjie te lag en jouself in ‘n beter bui voor die naweek te sit nie.

En as julle nou klaar ingeskryf het om ‘n halwe ponie te wen…. is dit tyd om julle ‘n heerlike naweek gevul met die Beste Onderwater Gutterseks toe te wens.

PS. Die drukpers moet uitmekaargehaal, skoongemaak en ge-olie word, so die koerant is terug in Januarie….daar sal darem so ‘n paar gewone posts nog in Desember wees!

12 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop…..”

  1. Pikkelik Desember 5, 2008 at 8:12 vm #

    Puik soos altyd! Jy weet, dis nogal ‘n hoogtepunt vir my diè! Moontlik ook die rede hoekom die kinders altyd Vrydae laat is vir skool!!! 😆 😳

  2. Dellie Desember 5, 2008 at 8:45 vm #

    Ek het ook nogal vanmore ‘n surprise gekry met die WordPress update. Maar ons sal vinnig uitfigure hoe alles werk.

    Dankie vir jou koerant die afgelope paar maande, dis heerlike leesstof op ‘n Vrydag oggend.😉

  3. neykie Desember 5, 2008 at 8:53 vm #

    dis die neutedop wat my op hoogte van sake bring, in hierdie paar weke wat dit so mal gaan.

    Lekker naweek vir jou DMI en die selfde wense😉

  4. Zee Desember 5, 2008 at 9:26 vm #

    Weereens thanks DMI.

    Hopelik is daar nie te veel skoonmaak aan jou drukpers nodig nie😉

  5. roer Desember 5, 2008 at 9:32 vm #

    Dankie DMI. Ek sukkel ook vanmôre met die ‘new look’.

  6. Wipneus! Desember 5, 2008 at 9:49 vm #

    Die laaste tyd was die neutedop my eerste draai op ‘n Vrydag oggend. Dankie Dm.!!

    Geniet die naweek!!

  7. Rustig Desember 5, 2008 at 10:02 vm #

    Nie baie lus om nie te wees vanoggend nie. Ek kry koud terwyl julle almal lekker sonskyn het. In elkgeval lekker naweek en gedra jou.

  8. sasports Desember 5, 2008 at 11:15 vm #

    Alles goed en wel, maar wie gaan die krieket wen?

  9. meermin Desember 5, 2008 at 12:45 nm #

    Is ek nou bly ek is nie al een wat so rukkie terug my gat afgesukkel het met die new look nie, mens se inskrywing lyk sommer so deurmekaar, kliek op browser iets en upload soos gewoonlik, ek kon ook nie op die nuwe manier reg kom nie!

    Lekker naweek vir jou!!

  10. rosalindfranklin Desember 5, 2008 at 3:01 nm #

    As ‘n slimme soos jy sukkel met die nuwe ding, dan kan ek maar verseker wees dat ek weer lekker gaan tokkel en tjierts. ek leer net hoe om ‘n foto te laai dan verander dit. kan steeds nie ‘n youtube-ding opkry nie!

  11. weeeskind Desember 6, 2008 at 1:51 nm #

    Wel skielik is ek bly ek is nuut op wp. Nou hoef ek net een keer te sukkel om uit te figure hoe die storie werk lol. Altyd iets om voor dankbaar te wees al weet ek nog steeeeeds nie veel van wat nou eintlik hier aangaan en hoe om wat waar te doen nie! Maar moet se sover like ek wat ek lees

  12. demoerin Desember 8, 2008 at 6:56 vm #

    😆 Dit blyk darem nie so moeilik te wees nie. Ek is is egter nie aanmekaar gesit vir trial-en-error nie, dinge gaan darem al heelwat beter!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: