Verantwoordelikheid en die La-la kompleks….

11 Des

Lees ek die ander dag ‘n interessante stukkie in die koerant waar die skrywer Mugabe vergelyk met Hitler in sy laaste dae van beheer.

Nogal snaaks was ‘n opvolg brief die volgende dag van ‘n ander leser wat gesê het alles is goed en wel, maar Hitler het ten minste selfmoord gepleeg.

Weereens hierdie week is daar beskuldigings na die Westerse lande geslinger oor alles en nog wat, ook dat die Cholera nou ‘n plan van Brittanje is om vir Mugabe te onttroon en dat sanksies die ander oorsaak vir die Cholera is…..Goeie Fok!

Kyk, jy moet darem maar baie waansinnig wees as jy sulke kak kan kwytraak EN jouself kan glo.

Nou hoe nou? Jy is besig om manalleen die dood van duisende in die land te veroorsaak met jou hardkoppige steeksheid en Lala-land kompleks. Ek blameer die ander SADC lande, met die Suid-Afrikaanse regering aan die voorpunt, vir die gemors, want dit is hulle diplomatiese hande-gevou-staan-en-toekyk wat veroorsaak het dat die situasie hand uit geruk het. Ons sal saam met een van ons struggle-broers staan, maak nie saak wat nie.

En nog steeds is Brittanje een van die eerste lande wat altyd hulp aanbied om hulle uit die gemors uit te help.

Ek wonder oor nog ‘n ding, is dit iets in Afrika se water, of dalk een of ander weird kultuur-ding waarvan ek nie weet nie? Let maar mooi op, blaam word altyd op een en almal geplaas behalwe hom/haarself . Niemand is ooit verantwoordelik vir wat hulle self aangejaag het nie. Iemand anders word altyd geblameer as die sondebok.

Miskien is dit wat fout is, en Afrika se Demokrasië so sukkel. Een van die belangrikste boustene van ‘n volwasse landsburger is nie teenwoordig nie….. die neem van verantwoordelikheid vir jou dade, nie net die goeies nie, maar ook die balls-ups!

6 Responses to “Verantwoordelikheid en die La-la kompleks….”

  1. meermin Desember 11, 2008 at 8:22 vm #

    DMI ek lyk jou fokkie by BP!!

    Hiermee my laaste comment vir 2008, ons chat weer in 2009!!

    Geseènde Kersfees en Mag 2009 ‘n wonderlike jaar vir jou en jou gesin wees.

    Lekker dag vir jou!!

    Ry veilig!!

  2. Johan Swarts Desember 11, 2008 at 12:14 nm #

    tue true. niemand wil skuldig wees nie…

  3. Pikkelik Desember 11, 2008 at 12:30 nm #

    BAAAIE waar. Maar dit eindig ongelukkig nie net by die politici nie, dit wikkel af tot by die laagstes en dan is Niemand skielik meer verantwoordelik vir hul dade nie….

  4. Rustig Desember 11, 2008 at 1:59 nm #

    Soms dink ek die blankes is die onosel klomp. Hoe lank gann dit die weste neem om te besef dat demokrasie en afrika pas nie bymekaar nie. As hulle more olie kry in Zim, dan moet jy sien hoe storm hulle op Mugabe af!
    Demoerin: Jy sal verbaas wees hoe baie glo dat dit die weste se skuld is, selfs die mense in die weste.

  5. Pikkelik Desember 11, 2008 at 3:50 nm #

    Hmmmm, huiswerk….

  6. Pagoda32 Desember 12, 2008 at 10:41 vm #

    “As hulle more olie kry in Zim, dan moet jy sien hoe storm hulle op Mugabe af!”

    Rustig, moet mens nie dalk so stil 3 barrels olie in ‘n gat gaan dump en ‘n prospekteerder omkoop om dit ‘n “lyn” te noem nie? Bob sien sy gaai voor Krismis!

Lewer kommentaar op Pikkelik Kanselleer antwoord