Festivus, ‘Allo ‘Allo en Vakansiepret Deel III

23 Dec

23 Desember is die vakansiedag, Festivus. ‘n Dag nie verbonde aan enige godsdiens nie en gevier duer die gefrustreerd met die stres en kommersialisme van die Kersfees/Hanukkah/Kwanzaa seisoen.

Festivus is die breinkind van skrywer Dan O’Keefe, en die vieringe is bekend gemaak deur sy seun Daniel wat ‘n skrywer vir Seinfeld was en dit in die  1997 episode, “The Strike”, aan die wêreld bekendgestel het.

Festivus vieringe het die Festivus Paal, ‘n aluminium paal sonder enige versieringe in teenstelling met blink kersbome, ‘n Festivus ete, Airing of Grievances ( Hier vertel jy aan al die teenwoordiges oor al die maniere hoe hulle deur die jaar jou teleurgestel het) en dan die Feats of Strength (Die finale tradisie waar die hoof van die huishouding een van die ander uitdaag vir ‘n stoeigeveg. Festivus vieringe hou aan totdat die hoof van die huishouding vasgepen word.)

Goed, na die bietjie trivia crap gaan ons die vakansiepret voortsit, maar met Televisie in plaas van die Flieks in gedagte.

Ek was nog altyd ‘n sucker vir ‘n goeie Sitcom, en glo die res van die wêreld kan hier definitief by die Britte leer.

My gunsteling sal altyd ‘Allo ‘Allo bly, met die interessantste karakters en ‘n storielyn wat oor 85 episodes strek en ‘n wenresep wat my nou nog met elke episode op die grond laat rondrol.

My gunsteling episode was die Christmas Special tussen Reeks 1 en 2, “The Gateau from the Chateau”, met dievolgende gesprekkie daarin:

Hans: “Do you not see that if we kill him with the pill from the till by making it the drug in the jug, you need not light the candle with the handle on the gateau from the chateau!”

Rene: “Simple plots are always the best.”

En wie kan vergeet van die “The painting of the fallen Madonna with the big boobies”, “You stupid woman…”, “It is I, Le Clerq”, “Listen very carefully, I shall say this only once.” en hope meer.

Moet ook nie die arme Officer Crabtree vergeet met sy kennis van die Franse taal en elke keer se “Good moaning” nie. Ek dink een van my gunsteling lyne van hom af is “I was pissing by the door when I heard two shats. You are holding in your hand a smoking goon. You are clearly the guilty potty.”

Wat is jou gunsteling Televisiereeks ….. en karakter?

12 Responses to “Festivus, ‘Allo ‘Allo en Vakansiepret Deel III”

  1. Emil Desember 23, 2008 at 7:42 vm #

    Die Britte is goed met hierdie sitoms. Dink maar Faulty Towers, Black Adder en Coupling.

    Daar is darem ‘n Amerikaanse een of twee wat ek dink wel goed is. Ek was ook erg oor Three’s Company, met John Ritter (RIP) en Mr Roper!!
    Onlangs het ek Two and a Half Mens geniet.

    Ek sal sê Basil Faulty en Mr Bean is seker my gunsteling karakters!

  2. demoerin Desember 23, 2008 at 7:54 vm #

    Ek moet sê ek geniet Coupling ook nogal, en Black Adder… die Amerikaners was darem nie te sleg nie. Ek dink byvoorbeeld so vinnig aan Cybil…met haar vriendin Maryanne (Christine Baranski wat ook nou in Mamma Mia! was)

  3. netjane Desember 23, 2008 at 8:10 vm #

    Ek geniet vreeslik M*A*S*H en die vinnige one-liners.

  4. Zee Desember 23, 2008 at 9:16 vm #

    Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir jou. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

  5. Rustig Desember 23, 2008 at 11:46 vm #

    Demoerin: Ek vrek oor Allo Allo! Hulle het onlangs die hele reeks hier op tv gehad. Na al die jare het Duitsland die reeks gekoop en oorgeklank en dit is ‘n groot treffer nou op Duitse TV.
    Ek verkies die Britse komedies bo Amerikaans. Hulle kan lekker met woorde speel.

  6. demoerin Desember 23, 2008 at 4:33 nm #

    Dankie Zee. My beste wense vir jou en jou familie ook!
    @ Rustig….daar is net nie beter as ‘Allo ‘Allo nie, ek dink ek moet weer bietjie ‘n ‘Allo ‘Allo naweek beplan…

  7. Emil Desember 23, 2008 at 5:03 nm #

    Wow MASH, daar is nou ‘n reeks. Cybil was ook ok.

    Eintlik, om eerlik te wees, was daar ‘n klomp goeies!

  8. pepik Desember 23, 2008 at 6:40 nm #

    kyk nooit meer iets, mar dit klink als cool, sybil was cool en moonlightning en friends en allo allo klink cool
    wns ek kon als sien NOU
    ag wat
    danke wel voor de brokkie
    anns

  9. pepik Desember 23, 2008 at 6:41 nm #

    en FRASIER was wonnerlik

  10. pepik Desember 23, 2008 at 6:41 nm #

    en Kiss me Kate

  11. Jo-Ann Desember 23, 2008 at 11:50 nm #

    Ek stem beslis saam oor ‘Allo ‘Allo…. ek gebruik die lyn “Listen very carefully, I shall say this only once” gereeld hier op die engelsmense in my huis en dit kom van daar af.

    Het een van die ouens nie in een van die episodes in die klavier weggekruip en toe ge-“inky, plinky, plonky” nie? Dit is ook al so lank terug wat ek dit gesien het dat ek die reeks nou weer baie sal geniet.🙂

  12. demoerin Desember 24, 2008 at 7:15 vm #

    Ahhh Frasier…ja dit was ook cool.
    @ Jo-Ann,😆 Die inky, pinky, plonky episode is sekerlik my tweede gunsteling. Dit was die British airman wat in die klavier weggesteek was!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: