My Wense in Rymelary….

24 Dec

Dit is Oukersdag en gun my die geleendheid om ‘n baie Geseënde tyd saam met julle familie en vriende toe te wens. Die boodskap bly LIEFDE en VREDE, en taarmee saam gooi ek in tonne HOOP!

It is up to us!

The World. Tired. Anxious. Cold.

Waiting, hoping for someone bold;

To spread around the hope and love;

That was crafted by a single star above.

 

Peace and prosperity for all to share;

With selfless brethren who really care.

A mass burial of the anger and hate;

The time for marvel can never be late.

 

A grant man chooses not to accept;

Blinded by sin we believe we’re inept.

But in good faith ability was given;

To share this earth as peaceful haven.

 

My wish to everyone this festive season;

Is opened eyes to fathom every reason;

Why YOU are the one that must be bold,

To stand up and dispel the gnawing cold.

 

____________________________

 

Luister!

Sit stil en dalk kan jy net aanhoor;

Duisend stemme in die englekoor.

Soek dan die ster in die donker nag;

Sien uit na alles wat more dalk wag.

 

Lied van liefde gedeel in die lewe;

En vrede om daagliks na te strewe.

Wees jy die voorbeeld in elke dag;

Van ‘n lewe waarna ander wil smag.

 

Sit eers eenkant liggies en geskenke;

En deel met ander hierdie wenke.

Verruil die haat en onmin vir sag;

Al is dit net vir hierdie enkele nag.

 

Miskien sal dit soos brand versprei;

En saam met my Kerswense gly;

Om die wêreld met liefde se krag;

Die mens wag al lank vir ‘n beter dag!

 

___________________________

 

Demoerin neem bietjie blog-vakansie, want regte vakansie gaan dit nie wees nie, ek trek volgende week! Beste wense verder vir ‘n besope oujaar en dan praat ons weer in 2009!

 

13 Responses to “My Wense in Rymelary….”

  1. Wipneus Desember 24, 2008 at 7:38 vm #

    Hello DM

    Dankie dis baie mooi!!!! ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar ook vir jou en jou geliefdes!!
    Sterkte met die trekkery. Gesels weer in 2009 😉

  2. BB Desember 24, 2008 at 7:44 vm #

    Baie baie mooi DMI! Vir jou ook baie liefde dié Kersfees en ‘n veilige en voorspoedige 2009!! Liefies BBx

  3. demoerin Desember 24, 2008 at 8:41 vm #

    Dankie vir die wense julle!

  4. boendoe Desember 24, 2008 at 9:13 vm #

    Ja, regtig mooi.

    Geseende Kersfees vir jou, DMI. En sterkte met die trek!

  5. Sammi Desember 24, 2008 at 9:42 vm #

    Dankie dm – dis pragtig – JY trek ook? Gits. so baie van ons trek!
    ‘n Pragtige tydperk hierdie vir JOU en ‘n gatklap wegspring vir 2009!

  6. demoerin Desember 24, 2008 at 10:47 vm #

    😆 Sammi, kan nie glo ek doen dit aan myself nie. Seker nou te laat…..

  7. koeksister Desember 24, 2008 at 12:06 nm #

    Thanx Demoerin, dis baie mooi, jy begin die nuwejaar sommer op ‘n hoë noot met die trekkery, geniet dit en hou jou neus skoon.😉

  8. Pikkelik Desember 24, 2008 at 1:16 nm #

    Om die wêreld met liefde se krag; Die mens wag al lank vir ‘n beter dag! Pragtig DMI!!! Geseënde Kersfees ook vir jou… en mag jou Nuwe Jaar vir jou alles wat mooi is inhou!!! Sterkte my vriend in verdrukking… (ek bedoel die trek 😈 )

  9. pepik Desember 24, 2008 at 1:54 nm #

    be blessed

  10. netjane Desember 24, 2008 at 5:27 nm #

    Geseënde Kersfees vir jou DMI! Baie sterkte met die trekkery. (Hou jy darem nog die koppie in sig?) Ek wil nou nie my blogger buurman “verloor” nie. 😉

  11. Rustig Desember 24, 2008 at 6:58 nm #

    Geseënde Kersfees vir jou en alle seën wense vir die nuwe jaar!

  12. attie Desember 30, 2008 at 2:13 nm #

    Geseënde tyd vir jou ook en laat weet hoe dit met die trek gegaan het. Ek sien net nie kans daarvoor nie.

  13. Bay Desember 31, 2008 at 3:57 nm #

    Happy New Year 2009
    ===================

    hi.. I am From South Sumatra, Indonesia country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always

    visit to my blog here : http://bujanglahat.wordpress.com

    Thanks…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: