5 Januarie 2009….Terug in die tuig

5 Jan

Vakansie en blogvakansie is verby, dit het so stilweg saam met 2008 in die verte oor die horison verdwyn. Trek is ook verby, uitpak so 99% want daar is ‘n paar dinge wat nog nie ‘n plek gevind het nie, en ‘n klompie papiere wat gesort en uitgegooi moet word voor dit weer in ‘n laai beland😆

Ander verwikkelinge ook ….😳 Meer daaroor op ‘n ander dag.

Alhoewel dit nie regtig voel of ek op vakansie was nie (my Engelse onderwyser op skool het altyd die gesegde “Crestfallen and Overtrotten” gebruik), glo en hoop ek dat 2009 vir julle almal ‘n MOERSE GROOT jaar gaan wees. Klou vas aan daai drome en probeer selfs net een ‘n werklikheid maak gedurende 2009!

Jane, nie te ver getrek nie …😆 ek kyk nog steeds neer op die ander Jozi’s

Drink jou Red Bull en ry die 2009 Rollercoaster!

10 Responses to “5 Januarie 2009….Terug in die tuig”

  1. Emil Januarie 5, 2009 at 8:43 vm #

    En vir jou ook ‘n vreugdevolle 2009, met baie van daai onderwater, gutter affêres.

  2. netjane Januarie 5, 2009 at 8:59 vm #

    Lekker 2009 vir jou!

    Ons wil meer hoor oor die ANDER verwikkelinge!!

  3. demoerin Januarie 5, 2009 at 9:25 vm #

    😳 demoerin moet darem ook bietjie geheime hê❓

  4. Krista Januarie 5, 2009 at 10:04 vm #

    Lekker! Ons wag virrie goeie nuus . . .😉

  5. Rustig Januarie 5, 2009 at 10:25 vm #

    Ek weet sommer die jaar gaan vir jou net vreugde bring! Klaar gechat ek kom Vrydag weer loer vir die neutedop. Aangesien dit so lank terug was verwag ek ‘n kokosneut.😉

  6. BB Januarie 5, 2009 at 11:27 vm #

    …en vir jou DMI die allermooiste jaar ooit!! x

    ‘paar dinge wat nog nie plek gevind het nie’😯 Hel!!! ins ons garage is daar ‘n paar dinge wat in 3 jaar nog nie plek ‘gevind’ het nie🙄 LOL!!

  7. Jaco Januarie 5, 2009 at 12:16 nm #

    Vat hom laag en gaan groot! Mag hierdie jaar al jou stoutste verwagtinge oortref.

  8. koeksister Januarie 5, 2009 at 4:04 nm #

    Ek;s ook nuuskierig om te hoor van die “ander verwikkelinge”😕

  9. Wipneus! Januarie 5, 2009 at 4:25 nm #

    Hierdie blog was leeg sonder jou😆 Bly jy is terug en hoop dat dit vir jou ‘n magical jaar gaan wees.

    Jy het ons nou so nuuskierig!! 😆 Moet nou nie te lank wag voor jy ons van die ander nuus vertel nie!

  10. demoerin Januarie 5, 2009 at 4:30 nm #

    Stadig oor die klippe mense …… sekere dinge word nie sommer net so poef-paf die blogosfeer ingestuur nie.😆
    Geduld is ‘n wonderlike deug om te hê …. dankie Emil vir die wense😳

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: