Waaroor Ek Wonder (WEW) 2009 – 1/52

6 Jan

Aan die einde van laas jaar was daar ‘n uitdaging aan die Afrikaanse Bloggers om die dinge waaroor hulle wonder neer te pen. Ek het gedink dit sal ‘n goeie idee vir ‘n reeks wees …. 1 per week vir 2009. ( Ek wil nou nie Johan se Ongelooflike Filosofiese Vraagstukke idee highjack nie, so moet asb. nie my silwer ponie kom skiet nie…… ek sien my gewonder in elk geval nie as filosofie nie :lol:)

Wel sonder enige verdere gebabbel – Deel 1/52

As Mamma en Pappa hulle kinders aanspoor en saamsleep om bakhand by die verkeerslig te staan, is dit tot hul voordeel omdat geld/kos vir basiese oorlewing bekom word……of word hulle tot hul nadeel in die bakhand groef ingedompel vir die res van hul lewens omdat hulle daadwerklik in ‘n bedel-kultuur grootgemaak word?

20 Responses to “Waaroor Ek Wonder (WEW) 2009 – 1/52”

  1. meermin Januarie 6, 2009 at 7:11 vm #

    Dit is ‘n skande dat ‘n ma en pa hulle kinders saamsleep om te gaan bakhand staan, veral in die hitte, die son maak mens gedaan!! Nee kyk ek is teen dit, kan die welstyn nie hierdie kiddies van die ouers wegvat tot die ouers wel geld het om vir die kinders kos en klere te kan koop nie??

    Dit is heerlik om terug te wees!!!

  2. Adrie Januarie 6, 2009 at 7:47 vm #

    Nie net n nadeel nie, sommer n misbruik. Geen kind behoort vir hul eie onderhoud op te dok nie. Sien jy dalk n advokaat se kinders daagliks in die hof of n chirurg sn in n teater?

    Aan die anderkant is dit dalk veiliger vir die kids om saam te gaan as om tuis te bly.

  3. Sammi Januarie 6, 2009 at 8:07 vm #

    ‘n Weeklikse WEW van jou, WOW!
    Dis soos Emil sê oor die Midde-Ooste kinders – dis ook al half deel van hierdie bakhand- kultuur se DNA. Dm, dis mos Afrika waar logika nie bestaan nie😉
    Die leierskap faal so ‘n kind want baie van hulle gaan nie eers skool nie met die gevolg dat hul dit as hul “werk” en toekoms gaan beskou.

  4. Jaco Januarie 6, 2009 at 9:08 vm #

    Die treurige feit is dat sulke kinders gedoem is, of hulle nou tuis bly of saamgesleep word. Die ouers wat kinders onbeplan in die wêreld bring en dan nie kan versorg nie behoort teen ‘n muur opgelyn en geskiet te word.

  5. Rustig Januarie 6, 2009 at 1:54 nm #

    Ek sien dit in dieselfde lig as kinder prostitusie!

  6. DGS Januarie 6, 2009 at 2:15 nm #

    Wat van ‘n (amperse) teenvraag: Waar anders sou hulle daai kinders gelos het?

    Dis flippen hartseer. Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie. Ek stop so paar dae terug by ‘n verkeerslig, en daar staan hierdie ouerige vrou met haar bedelbordjie tussen die verkeer. Nou sit ek haar so en bestudeer. Haar vel is leertaai gebrand deur die son, haar rok skoon, maar net so verrinneweer deur baie dae se te veel son. En somehow sien jy sy het regtig beter dae geken. Daar’s amper nog ‘n greintjie trots te bespeur in haar postuur.

    Ek ry toe nader, krap in die asbak en kry ‘n R20. Toe ek dit vir haar gee, bedank sy my in die fluweelmooiste stem, en behalwe dat ek kon sien dat daai R20 ‘n groot holte gaan toemaak, bevestig haar maniere dat sy wel beter dae geken het.

    En dan wonder ‘n ou – wat de hel het verkeerd gegaan?

    So baie keer oordeel ‘n mens hierdie mense as sleg en lui. Ek wil regtig eendag tyd maak om te hoor wat het haar tot by daardie verkeerslig gebring. Dalk sal mens dan beter verstaan…

  7. demoerin Januarie 6, 2009 at 2:26 nm #

    Hel, nou wonder ek net al hoe meer!
    Kon die kind nie maar by ‘n familielid gebly het nie? Of dalk by die ouers waar die kinders altyd so maklik gelos word nie?

    Dit bring nou net nog ‘n vrag na vore –
    Word die kinders saamgebring om ekstra simpatie te verwek? En as dit die geval is – is dit nie maar dan soos rustig sê ‘n manier van goedkoop gebruik maak van jou kinders nie?

    Ek glo dit is waar wat DGS sê – Almal se storie is nie noodwendig dieselfde nie, maar is dit nie verkeerd van party om letterlik misbruik van hulle kinders te maak nie?

  8. Wipneus! Januarie 6, 2009 at 4:18 nm #

    Ek het simpatie met hierdie mense maar …

    As ek gaan werk kan ek nie my kinders saamvat nie. Bedel is hulle werk, dus kinders hoort nie daar nie. Dis gevaarlik en verdomp warm op die oomblik!

    Hierdie is ‘n moeilike storie. Van hierdie mense kry regtig finansieël swaar en kan moontlik nie werk kry nie, miskien kan hulle daarom ook nie kinder oppassers bekostig nie. Maar dat daar wel van hierdie mense is wat hulle kinders as simpatie gebruik gebeur. Laasgenoemde het ek al gesien by Centurion en almal van ons sal dadelik ons beursies laat oopvlieg as ons kinders sien swaarkry!

    Ek het al hieroor geskryf en nogsteeds bly dit vir my ‘n tawwe storie. Ek is ‘n sucker vir punishment😉

    Maar ek is seker as hierdie kinders van kleins af geleer word om te bedel gaan hulle dink dis reg. Ouers stel vir kinders ‘n voorbeeld.

    Dan die ander probleem as hierdie ouers nou alreeds finansieël swaarkry, waar gaan hierdie kinders ordentlike geleerheid kry. Hoe gaan hulle van hierdie bedel bestaan ontslae raak?

    Jy het my ook aan die wonder gesit…

  9. demoerin Januarie 6, 2009 at 4:56 nm #

    My grootste wonder dink ek:
    Hoe gaan hierdie kinders uit hierdie groef van bedel kom?

  10. boendoe Januarie 6, 2009 at 6:20 nm #

    Ai. Of dit die kinders in ‘n bedelgroef sit of nie, ek kan om die dood nie ‘n blinde oog gooi vir ‘n kind nie. Ek verkies om nie geld te gee nie, maar eerder kos of wat ook al nodig blyk te wees.

  11. Emil Januarie 6, 2009 at 9:57 nm #

    Ek wonder oor wat die alternatiewe is. Ek wonder of ons, sou ons elkeen se unieke situasie ken , nog so veroordelend daaroor kon gesels. Ek wonder hoekom ons nie help nie. Ek wonder hoekom mens hartseer word as mens sulke dinge sien , en tog steeds met minag daarna kyk. Ek wonder oor ons Christelike plig. Ek wonder of ek vanaand gaan wakker lê en aan ander se smart gaan dink. Ek wonder of mense net so oor my sou voel sou ek in dieselfde situasie beland. Ek wonder gereeld hoekom die wêreld nie ‘n beter plek is nie!

  12. Johan Swarts Januarie 6, 2009 at 10:59 nm #

    DMI – Hijack soveel as wat jy wil🙂

    Ek dink opsie 2.

  13. demoerin Januarie 7, 2009 at 6:59 vm #

    Eish, lyk my daar is nou ‘n blik wonder oopgemaak.

    Die situasie is sad, ek het ongelukkig bitter min hoop vir daai kind in die toekoms.
    Ek glo nog steeds vas, ‘n plan kan deur daai ouers gemaak word, die straathoeke is nie die plek vir ‘n kind nie.

    Nog erger, as jy as ouer jou kind gebruik om simpatie te verwek is jy sommer net ook nog ‘n poephol ook. Want wat jy nou doen om jouself te help voed, gaan geensins jou kind se toekoms bevoordeel nie. Die gebruik van jou kind hier sit ek in dieselfde bootjie as die wat die blindes gebruik om te bedel.

  14. Emil Januarie 7, 2009 at 10:36 vm #

    Dalk, net dalk, is daar nie ‘n ander keuse nie – net dalkies.

    “Die armes sal altyd by ons wees.”

  15. koeksister Januarie 7, 2009 at 10:59 vm #

    Kon julle die movie “Dangerous minds” onthou? Michelle Pfeiffer het vir haar klas gesê: “There are no victims in this classroom!”
    Dit het my so bygebly. Jy maak ‘n keuse, of jy bly in die plakkerskamp en jaag stront aan, of jy klim op ‘n bus en gaan skool toe, of jy gaan soek werk. Dis alles jou keuse.
    Jy is NIE ‘n victim nie.
    Ek dink die ouers wat hulle kinders so saamsleep tot by die straathoeke het seker hulle eie redes.

  16. Nelba Januarie 7, 2009 at 3:11 nm #

    Ja, ek predik ook altyd keuse. Maar somtyds is mense se keuses beperk. Deur omstandighede, genetika, verwysingsraamwerk. ‘n Ouer wat ‘n kind saamsleep om te gaan bedel beperk sy kind se keuses. Vir die oomblik. Dis nie te sê die kind gaan hom blind staar daarteen wen self ‘n bedelaar word nie, maar dis waar persoonlikheid, karakter en aanlegte weer ter sprake kom. Die oeroue vraag van wat mens maak wat jy is.

  17. rosalindfranklin Januarie 7, 2009 at 3:17 nm #

    Oor die ene wonder ek nie, want ek voel elke betrokke geval moet volgens individuele omstandighede/meriete gesien of bedink word.

  18. demoerin Januarie 8, 2009 at 7:00 vm #

    Dit kom seker maar neer op persoonlike omstandighede. My eerste gedagte aan myself is, dat as ek dalk in die bootjie moes wees, sal ek my kind saamvat na besige interseksies toe….. die antwoord bly NEE. Dit is genoeg om te worry dat jy nie omgery word nie, wat nog van ‘n kleuter wat rondhardloop?

  19. meermin Januarie 8, 2009 at 9:22 vm #

    Hallllllllllo waar is jy????

  20. demoerin Januarie 8, 2009 at 10:00 vm #

    😆 Meermin – demoerin werk bietjie vir ‘n verandering!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: