En so begin dit……

12 Jan

Die ANC se verkiesingsmanifes is gedurende die naweek aan die volk voorgelê, terwyl ek in die son gesit en rooiwyn drink het…. en myself gaargebraai het ( ek het ‘n gesonder kleur as ‘n perfek gaargemaakte kreef).

Behalwe vir dit word vrye tyd nou ook deur ‘n baie spesiale persoon gedeel…. dankie vir ‘n fun naweek A. Maar laat ons terugkom by die belangrike sake:

Die ANC lyk my het besluit om nou meer klem te lê op spesifieke beloftes eerder as ‘n algemene gebabbel oor die hoop vir wonderwerke. Ongelukkig het hulle nog nie besef verandering en beloftes verg werk nie.

Maar nou ja, verkiesing stemme moet gewerf word, en aangesien dit die Internasionale jaar vir Sterrekunde is mag mens seker nou maar die Son, Maan en Sterre belowe sonder om enigsins bekommerd te wees oor hoeveel van jou mooi broodjies uiteindelik gaan rys in die volgende vyf jaar. Dit word uitgebasuin dat HIERDIE een vir die WERKERSKLAS is …. Hallo, EARTH to ANC, die mense moet eers werk hê voor jy beloftes aan die werkersklas kan maak! ….. laat my nou wonder wat het van die huise geword?

Onse vriend Malema lyk my leen sy ore aan Oom Bob uit want hy het sy ANC-gevolg belowe die land sal nie weer aan “Brittanje en die kolonialiste” teruggegee word nie. Waar was hy die laaste 50 jaar? Ek dink ons het dalk te doen met die Malema-van-Winkel-sindroom…..

Dit is seker nou maar net vir wag en sien…. en kan seker nie verwag dat verkiesings enigsins iets met realiteit te doen sal hê nie! (Dit bly egter pret om dit dop te hou en kop te skud as jy sien hoe maklik mense val vir praatjies wat hulle graag wil hoor.)

12 Responses to “En so begin dit……”

  1. meermin Januarie 12, 2009 at 8:16 vm #

    Ek kan ook vir ure in die son lè sonder om rooi of seer te brand!!

    Dmi geniet jou dag asook hierdie week!

  2. Emil Januarie 12, 2009 at 9:05 vm #

    Interessante tye! Die Son en die Maan en die Sterre belowe? Ek het nou lekker gelag. Lekker week.

  3. Johan Swarts Januarie 12, 2009 at 9:06 vm #

    As hulle weer verkies word en actually iets DOEN omtrent daai beloftes (en Malema fire vir die snert wat hy kwytraak), sal ek hulle actually kan ondersteun.

  4. demoerin Januarie 12, 2009 at 9:43 vm #

    Niemand kan sê dit is nie interessant om in Suid-Afrika te lewe nie!

  5. demoerin Januarie 12, 2009 at 9:44 vm #

    Maar ai, so maklik om te belowe….

  6. Rustig Januarie 12, 2009 at 11:43 vm #

    Weet nie wat is die interessanste gedeelte nie. ANC of die spesiale persoon!😉

  7. demoerin Januarie 12, 2009 at 11:48 vm #

    😳 Gelukkig is my gesig al klaar BAIE rooi…😆 Ag alles is sommer interessant, maar sy is BAIE interessant.

  8. boendoe Januarie 12, 2009 at 1:35 nm #

    Enigiemand wie ons ken? Hmm? 😉

  9. demoerin Januarie 12, 2009 at 1:39 nm #

    Die wat weet sal op facebook gaan soek😉

  10. demoerin Januarie 12, 2009 at 1:40 nm #

    Maar nou genoeg katte vir eers uit sakke uitgemoer….😉

  11. Rustig Januarie 12, 2009 at 6:10 nm #

    Klink meer na krewe uit die pot moer!

  12. demoerin Januarie 13, 2009 at 8:12 vm #

    Mmmm, weer te slim vandag nê!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: