WEW….2/52

14 Jan

Ek wonder oor wanneer die punt bereik word waar jy TE onafhanklik geword het. Hoe gebeur dit dat saamwees aan die einde van ‘n naweek jou kan begin irriteer, maar dat jy dan weer Maandag aand alleen by die huis voel?

18 Responses to “WEW….2/52”

  1. meermin Januarie 14, 2009 at 8:27 vm #

    Eish!!

    Ek is permanent alleen, daai alleen gevoel maak my gek!! Die naweek sal ek nie alleen by die huis soos kiepie konyn sit nie!! Gaan PTA op horings neem!!

  2. Adrie Januarie 14, 2009 at 9:02 vm #

    DEMOERIN

    Waar is die vandag in geskiedenis? Ek wonder wat het daarvan geword.

  3. BB Januarie 14, 2009 at 10:08 vm #

    Ek weet nie van die ‘onafhanklik’ nie – maar ek ken van ‘TE’… too much of a good thing ‘nd all that jazz… jong, dis ‘n half moeilike erkenning – om aan die einde van ‘n heerlike tydjie saam agter te kom: enough already!! (ek het dit tot my skaamte ondervind hier teen die 4de Januarie…) – maar na ‘n dag se ‘back to work en relatively ‘normal’ kon ek nie wag vir liefie om huistoe te kom daardie aand nie – en soos mis voor die son was die irritasie weg… takes a bit of selective me-time perhaps rather in between than, voor dit kan irritasie veroorsaak.

  4. betsieboop Januarie 14, 2009 at 12:13 nm #

    is dit nie meer ‘n geval van ‘n mens word te selfsugtig nie? te gewoond aan jou eie ding doen? te gewoond om aan niemand te hoef te verduidelik nie? te gewoond om net jouself gelukkig te hou nie?

    alleen en eensaam is twee verskillende entiteite. alleen-wees is by tye broodnodig. eensaam is ‘n swarthond wat jou byt wanneer jy dit die minste nodig het.

    balans .. …

  5. rosalindfranklin Januarie 14, 2009 at 2:53 nm #

    Ek dink nou praat jy my taal. soos in regtig.

  6. demoerin Januarie 14, 2009 at 2:59 nm #

    Ooops, dink Bestsie raak nou ‘n teer puntjie hier aan – nog nooit so daaraan gedink nie.

  7. demoerin Januarie 14, 2009 at 3:00 nm #

    @ Rosa … dit is eintlik sad. Ek dink.

  8. betsieboop Januarie 14, 2009 at 3:25 nm #

    ondervinding demoerin .. ondervinding. mens betaal mos alewig te veel om daardie woord te kan gebruik

  9. rosalindfranklin Januarie 14, 2009 at 4:02 nm #

    dit is seker sad, maar ek het ‘n hermit-geen in my.

  10. demoerin Januarie 14, 2009 at 6:02 nm #

    Ek sal maar solank in ‘n hoekie sit en depressed voel….. suggggg

  11. demoerin Januarie 15, 2009 at 6:43 vm #

    😆 Adrie – nou eers gesien die geskiedenis het verdwyn!

  12. boendoe Januarie 15, 2009 at 10:32 vm #

    Oukei, DMI, vertel nou vir hierdie dowwe dolla HOE de josie kry jy jou ‘stupid badge’ in jou sidebar????? Ek het myself al oorhoeks gehad, maar kry dit nie reg nie. Maar dan, ek’s stupid, en het ‘n badge om dit te staaf – as ek hom net gewys kan kry… 🙄

    En eintlik moet ek nou hier ophou…nie verder wys hoe min breinselle ek het nie…maar ek kan nie onthou dat ek al ooit so gevoel het nie? Geirriteerd/alleen. Dalk raak my ou lief wel moeg vir my (met tye), maar ek dink nogal die feit dat ons elkeen ons eie ding kan doen, maar ook van dieselfde goed hou, ons uithouvermoe gee vir mekaar se geselskap. (Sjoe, dis ‘n lang sin!)

  13. Wipneus Januarie 15, 2009 at 1:06 nm #

    As ek geirriteerd raak kan ek maklik wegraak in my brein, my afsluit en na Neverland vertrek. Selfs al is ek tussen mense!!
    Wanneer ek weer lus voel vir mense, dan sien jy sommer die ligte aangaan in my kop en registreer ek weer wat om my aangaan 😆

    Ek speel hierdie speletjie gereeld selfs as geselskap my irriteer – verkas ek na lekker plekke soos bv ‘n eiland!!! 😉
    Jy sal net sien ek kry so dowwe uitdrukking in my gesig, selfs my oë raak wasig….. dan moet jy weet, ek is weg ……..whahaha

  14. Didikind Januarie 15, 2009 at 2:09 nm #

    Irritasie tussen man en vrou is dood natuurlik. Mens kan nie elke minuut elke ding deel en oor alles saamstem nie – dis onnatuurlik. As ‘n mens alleen kan wees, sonder om eensaam te wees, het jy groot geword.

  15. demoerin Januarie 15, 2009 at 3:09 nm #

    @ Boendoe – wat ek gedoen het. Ekstra widget oopgemaak (‘n Text een) en toe net die link daarin gepast en gesave.

  16. Emil Januarie 15, 2009 at 7:45 nm #

    Dit het, myns insiens, iets met die emosionele investering te doen. Mens raak gedreineer, nie altyd oor slegte dinge nie, maar ook jeens die aandag wat jy aan ander skenk. Enige verhouding is so, nieteenstaande die duur daarvan. Ek sien dit nie as iets om wakker oor te lê nie 😉

    Dit is nogals ‘n kenmerk van introverte, soos op die MBTi skaal. Jy het nodig om energie te herwin deur tyd met jouself te spandeer. Hoe nader jou telling aan die middel van die skaal lê, hoe gouer voel jy weer alleen – die esktrovert skreeu weer om energie 😆

    Dis g’n eksakte wetenskap nie, hoor. Neem jou tyd. Emosionele afstand is goed, so met tye.

  17. demoerin Januarie 16, 2009 at 8:24 vm #

    @ Emil – Ek sal maar volstaan by die feit dat die psige en emosionele van die mens baie meer kompleks is as wat mens dalk sal wil voorgee/dink.

  18. Emil Januarie 16, 2009 at 11:09 vm #

    Inderdaad, DMI, inderdaad.

Lewer kommentaar op rosalindfranklin Kanselleer antwoord