Die Week in ‘n Neutedop….

16 Jan

imgp0838-11

As julle nou mooi sit en dink sal die besef deurkom dat die helfde van Januarie 2009 al verby is….. en die scary gedagte is dat die jaar nog net omtrent 23 sulke periodes oorhet ….. sjoe!

Dit is natuurlik geen rede om nou in ‘n hoekie te gaan sit en jannie-jammergat te wil wees nie. Dinge gaan nie altyd klopdisselboom nie, en die besef van silwer-randjies is dalk nie altyd op daai oomblik met ons nie. Die truuk bly geloof in jouself, en dat jy oor die vermoëns beskik om jou drome waar te kan laat word. (En in die proses gaan jou ondervindings jou dalk net ‘n paar lesse leer).

Hierdie week bly die Midde-Ooste konflik maar in die nuus. Die snaakse ding is dat iets so enorm, amper al begin afgesaagde nuus raak. My laaste opmerking oor die oorlog (tot die dag wat daar vrede gaan wees) sal hierdie uitstekende oogpunt en opsomming wees. Suid-Afrika is dan natuurlik ook nou in die aanloop na ‘n verkiesing, en so ernstig as wat dit is, sorg sekere darem ook vir ‘n ligter sy.

Aan die ontspanningkant kan daar interessante stukke oor die musiekbedryf, lekkerlees boeke en die inry-nostalgie gelees word. Moet ook nie die rysbylae na Mpumalanga vergeet nie en ‘n lekkerlees-storie oor die vreugdes (vrese?) van vlieg. Daar is ook ‘n baie insiggewende artikel oor Apophis (dit help natuurlik nie veel om iewers te lees dat Apophis in die Egiptiese mitlogie – “an ancient spirit of evil and destruction” was nie.

Tyd nou om die koffietjies nader te trek en die lekker storie vir die week te lees.

Vir die wat nog nie daar ‘n draai gemaak het nie, gaan doen gerus die stoopid-toets en deel jou uitslag, miskien sal die wêreld jou nou beter verstaan.

Vir my is een van die wonderlike dinge van wordpress om die soekterme te sien wat mense na jou werf toe bring. Dit kan partykeer snaaks wees en ander kere net ongelooglik …. soos ek het die week my eerste hit vir “sluwe seks” gekry. Siestog, die persoon was seker BAIE teleurgesteld!

Dan natuurlik, op hierdie hoë noot, my beste wense aan een en elk van die neutedop se lesers vir ‘n naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater gutterseks!

8 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop Januarie 16, 2009 at 8:57 vm #

    geloof in jouself. ek het nodig gehad om dit vandag weer te onthou.!

    onthou jou suurstof bottel vir die onderwater gutterseks demoerin!

    have a good one

  2. boendoe Januarie 16, 2009 at 9:27 vm #

    Jis, daai soekterme… 👿 Dit maak my histeries dat ek ELKE, LIEWE DAG mense kry wat meer wil weet oor skeerbuik/skeurbuik/scurvy… Jimmel, bestaan dit nog ooit? Vanwaar die obsessie daarmee? 😯

  3. Pagoda32 Januarie 16, 2009 at 9:54 vm #

    Boendoe
    Ek dink die kinders leer nog daarvan op skool en soek dalk inligting vir projekte wat moet klaar kom. Internet vs Ensikl… LOL
    Anyway, lekker gelees DM!

  4. Wipneus! Januarie 16, 2009 at 11:26 vm #

    Party van hierdie soekterme laat mens soms sprakeloos of jy raak hard aan die lag!

    Iemand daarbuite het jou goeie wense verseker nodig!!!😯

    Lekker naweek vir jou ook Dm, vol van daai sluwe gutter dinge LOL 😉

  5. rosalindfranklin Januarie 16, 2009 at 5:14 nm #

    sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks, sluwe seks

    da baie hits vir jou. hhhehehehe

  6. Die Brein Januarie 18, 2009 at 3:52 nm #

    Howzit Demoerin , ja die naweek het ook na sy gat gesien en nou is daar net 49 van hulle oor voor 2010.Maar ek hoop jy gebruik `n goeie lubricated kondoom vir daardie sluwe onderwater gutter seks.

    Hastilla Vista.

  7. demoerin Januarie 19, 2009 at 6:51 vm #

    😆 Dankie Rosa…. nou gaan dit net nog searches uitlok! Ek sien vanoggend is daar een vir leeukoud…. shame
    @ Die Brein….. as ons weer ons oge uitvee, nee toemaar laat ons nou nie die jaar verby wens nie.

  8. meermin Januarie 19, 2009 at 8:41 vm #

    kry nou eers tyd om jou blog te kom lees, ons is erg besig!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: