SEB…. hier om te bly?

19 Jan

My persoonlike opinie… SEB (BEE) is hier om te bly,  ten minste vir die nabye toekoms. My kristalballe lieg gewoonlik nie vir my nie.

Kan mens anders as hierdie afleiding maak as jy die volgende in ‘n Beeld berig lees. Die onderwysdepartement verkondig ‘n 62,5% matriekslaagsyfer vir 2008. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRR) sê dit moet eerder nader aan 36% wees. Hoe dan nou?

Die SAIRR berig dat daar 920,716 leerling in Graad 11 was in 2007. Net 64% van hulle het egter die matriek eindeksamen in 2008 geskryf. Ons onderwys is besig om ons land te faal!

 Nie net kan ‘n groot gros van skoolverlaters nie deesdae meer ordenklik spel nie (‘n totale skande) maar hulle hoef net in 3 vakke bo 40% te kry, en dan ‘n ander 3 net-net met 30% deurskuur om ‘n sertifikaat te kry. In aansluiting hiermee berig die SAIRR dan verder dat slegs omtrent 107,000 matrikulante goed genoeg gedoen het om Varsity toe te gaan.

‘n Angswekkende gedagte dat as jy in ag neem ‘n groot getal nie die eerste jaar op Universiteit die mas kan opkom nie. In antwoord op ‘n vraag aan ‘n Plant-en -Dierkunde professor laas jaar, het hy gesê die sprong van matrikulant tot varsity student word net elke jaar al groter!

In aansluiting met hierdie, weet gee universiteit, kollege of werkgewer meer of hulle die resultate kan vertrou nie. Net laas week was daar berig dat ‘n wetenskap professor die volgende opgemerk het in ‘n spesifieke leerling se uitslae – Hy beweer dat daar ‘n definitiewe verwanskap in ‘n leerling se wiskunde en wetenskap prestasie is, en dat die verwantskap nie sommer afwyk nie.

Een van die betrokke leerlinge het in graad 11, min of meer ‘n gemiddeld van 50% elk vir die twee vakke behaal. In 2008 het die leerling nou ewe-skielik as wiskundige genie ontaard, en is die punte vir Wiskunde nou 80% en Wetenskap nog steeds omtrent 50%.

Behalwe vir die wat nou geskryf en deurgekom het, is daar maar natuurlik die wat die maklike uitweg wil volg en die ou papiertjie koop. Net jammer die poepholle weet blykbaar toe nou nie dat die amptelike sertifikate, van diegene wat wel matriek geskryf het, nog nie vrygestel is nie …. en hulle gebruik nou al die gekooptes om aansoek vir werk te doen?

Die dinge tel nie lekker op nie, en in plaas daarvan dat hulle poog om die slaagsyfers mooi te laat lyk, behoort die Departement van Onderwys eerder te erken dat daar groot fout is, en stappe doen om reg te stel. Ongelukkig weet ons dat daar in die algemeen ‘n GROOT probleem met die neem van verantwoordelikheid is!

Moenie my verkeerd verstaan nie, ‘n persoon van enige ras of kleur, wat weet hoe om sy grysstof te gebruik, en dit aanwend ten goede van die maatskappy waarin hy/sy ‘n posisie beklee, het ek geen probleem mee nie! Sal ook nooit een hê nie.

As ek egter kyk na wat die Departement van Onderwys se kersie op die koek moet wees, matriekuitslae, faal hulle nie net die leerlinge nie, maar ook die land Suid-Afrika. En miskien kan mens dit sien in die feit dat die Gautengse LUR vir Onderwys gesê het haar eerste verantwoordelikheid is teenoor die ANC, en dit is hoekom sy Zuma se hofsaak in Bloemfontein laas week bygewoon het, eerder as ‘n Departement van Onderwys vergadering in Gauteng.

Onderwys, en voorbereiding van leerlinge om in die toekoms tot ‘n suksesvolle ekonomie in ‘n land te kan bydra, behoort die Hope-diamant in enige land se  kroonjuwele te wees …. hulle blyk egter gelukkig te wees met ‘n stukkie houtskool in Suid-Afrika.

6 Responses to “SEB…. hier om te bly?”

  1. Wipneus! Januarie 19, 2009 at 8:49 vm #

    Hierdie slaagsyfers is lagwekkend, dan praat ek nie eers van die LUR wat so deurmekaar is met haar verantwoordelikhede nie! WTH Dis ‘n “joke”
    Ek het eers laasweek uitgevind wat die slaagsyfers is, jy kan dink wat my reaksie was!

    Ek kry gereeld sms’e of mxit boodskappe van kinders! Dit maak my soms heeltemal dom, en my woordeboek kan my ook nie help nie! Ek dink dis ‘n nuwe taal!

  2. Rustig Januarie 19, 2009 at 10:46 vm #

    Dit is een rede hoekom ek besluit het om nie my kursus deur UNISA te doen nie. Om te dink jare terug was ons Universiteite van die beste in die wêreld. Soms voel dit asof daar nie hoop is nie.

  3. Pagoda32 Januarie 19, 2009 at 8:47 nm #

    Ouens. Verskoon groot asseblief die blatante advertering…maar ons het julle hulp nodig!!
    http://die-werf.co.za/?p=1946

  4. betsieboop Januarie 20, 2009 at 4:45 nm #

    my sussie-kind en die huidige leerplan is nie vriende nie. of moet ek dit eerder stel – ek , die huidige leerplan en sussie-kind is nie vriende nie. dit is absoluut angswekkend hoe ongekwalifiseerd een van haar onderwysers is. aande sit en leer mamma maar kliphard saam met sussie want ek weier dat sy deel word van die BEE statistiek.

  5. demoerin Januarie 20, 2009 at 4:48 nm #

    Die dinge maak my sommer lekker demoerin!

  6. Sammi Januarie 20, 2009 at 9:07 nm #

    Dis hoekom ek met laatlam agter die Cambridge sisteem getrek het! Ons moet net bly wees ons is daardeur en ons kinders die beste geleenthede gee wat ons kan – daar is nog uitstekende instansies – mens moet net soek,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: