China se plastiek melk…

22 Jan

Kyk, daar is baie dinge waaroor ek nie met China saamstem nie ….. maar vir die volgende gee ek ‘n staande applous:

Die eerste beskuldigde in die vervaardiging van melkprodukte met onaanvaarbare vlakke van melamien in, en dan die verkoop daarvan, Zhang Yujun is skuldig bevind … en wag vir dit … Die doodstraf gegee.

6 Responses to “China se plastiek melk…”

  1. kaalvoetinireen Januarie 22, 2009 at 11:15 vm #

    DInge werk maar net anders in die Ooste. Ek sit nou die aand hul 119 (US 911) program en kyk, waar hulle sover gaan om die eienaar van ‘n paar boerbokke op te spoor. Die bokke het langs die pad gewei. Dit was baie snaaks om te sien hoeveel moeite hulle doen en dat hulle uiteindelik die eienaar opspoor en hom goed oor die vingers tik!

    Dink hlle sal dit verloor in SA met al die beeste, skape en bokke langs die pad!

  2. meermin Januarie 22, 2009 at 12:35 nm #

    sy verdiende loon!!

  3. Rustig Januarie 22, 2009 at 4:16 nm #

    Demoerin: Gisteraand op TV ‘n dokumenter gekyk oor hoe die kriminele organisasies met mekaar verbind is en die invloed wat hulle op regerings en die gewone persoon het. Dit is ongelooflik hoe baie “fake” medisyne uit China uitkom. China gooi maar ‘n blinde oog vir die dinge wat uit sy land kom. So af en toe stel hulle ‘n persoon tereg net om die wêreld te laat wett dat hulle is bewus van die dinge en probeer hard om dit aan die kaak te stel. ‘n Geval was gebruik oor hoes medisyne in Panama wat die mense vergiftig het. Een van die bestandele was van China en is vervang met “anti-freeze” produk inplaas van die regte een. Natuurlik goedkoper. Chinese rgering was van mening dat daar nie veel is wat hulle kan doen nie.
    Die joernalis maak die stelling dat mense koop graag speelgoed en ander goedkoop dinge vir hulle kinders om mee te speel. Dieselfde persoon sal baie traag ‘n “pacemaker” koop wat in China vervaardig word.
    Ek vermy dinge van china as ek kan.

  4. BB Januarie 23, 2009 at 7:19 vm #

    Met ons duitsers se siekerige ou simpel sin vir humor, dink ek altyd aan die grappie as iemand oor China praat: Hoekom grinnik die Chinees as hy ‘n duitser raakloop?? Want hulle hét nog ‘n muur!!😆
    Of hierdie een:
    Vra iemand ‘n Chinese: “Do you have elections in China??” Seg dié verbaas: “Yes of coulse!! Evely morning!!”:mrgreen:

  5. demoerin Januarie 23, 2009 at 7:42 vm #

    Daar is altyd meer redes agter goedkoop produkte uit China as NET massaproduksie!

  6. TristonJ Januarie 24, 2009 at 10:39 nm #

    jinne ek het so lank laas geblog let alone gelees dat ek skoon touch met die wereld verloor het… dankie vir die catchup!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: