Maandag Manewales

26 Jan

Verskeie van die politieke partye het die afgelope naweek hulle manifeste vir die opkomende algemene verkiesing bekend gemaak. Al die partye belowe maar omtrent dieselfde sover die ekonomie, werkskepping, gesondheid ens. aangaan.

Waar die pret inkom is die woordoorlog tussen ANC en Cope (moet egter erken meer van die ANC se kant af), wat hulle ondersteuners so opstook dat mens bang is vir wat egter mag gebeur.

Die probleem met massa-byeenkomste, en dit is oor-en-oor al bewys al van Hitler se dae af, is dat die mense word so opgesweep en saamgevoer in daardie stroom van geskepte eendrag, dat hulle daar kan uitstap soos breingespoeldes en gaan doen wat gevra is.

Dit is hier waar die partye myns insiens moet versigtig wees. Ja, gebruik die massa-samehorigheids-gevoel om jou ondersteuners te breinspoel en jou nuwe rits leuens te glo vir die opkomende verkiesing, maar hou dit by die werwing van stemme!

Hierdie naweek is daar weer onverantwoordelike sêgoed en liedjies rondgestrooi bv. “Where’s my AK47? I want to shoot Lekota!”. Ons sit mos egter met ‘n skatkis van liedjieskrywers en voor jy kan sê blitsvinnig is daai woorde vasgelê in ‘n lied, met versies wat verder handel oor die feit dat Mnr. Lekota ‘n leuenaar is en dat hy nie by sy beloftes hou nie. Nogal snaaks is die feit dat daar in dieselfde toespraak verwys word na die feit dat mense in glashuise nie klippe moet gooi nie.

Daar word verder nog allerhande verkiesingfabels kwytgeraak oor Cope wat van heksery vir hul verkiesingsveldtog gebruik maak en die feit dat Mnr. Mandela ongelukkig is omdat die Cope-leiers ‘n nuwe party gestig het.

Ons weet almal wat in WWII gebeur het, met die skep van amperse massa-histerie in die toesprake wat deur Hitler gehou is.

Hoe vêr is TE vêr? Waar word die punt bereik waar jy eerder jou woorde moet begin tel voordat daar bloedvlekke aan jou woorde kleef – Ek dink onwillekeurig aan “Kill the Boer, Kill the Farmer”.

6 Responses to “Maandag Manewales”

  1. Rustig Januarie 26, 2009 at 10:06 vm #

    Dalk moet ons hulle op noot vir noot kry. Die naam sal moet verander na Skoot vir Skoot!

  2. Roer Januarie 26, 2009 at 12:33 nm #

    COPE het my verloor die dag toe hulle Allen Boesak aan boord geneem het. Wat massa-opsweping en propaganda betref, mense wat in vandag se tyd nog mooi opgemaakte geskenkpakkie toesprake opvreet vir soetkoek, sonder om werklik oor die opgedisde woorde te dink, besef nie dat hulle as ‘n wapen in ‘n oorlog gebruik word nie. Hoe meer suckers, hoe groter die wapen.

  3. Adrie Januarie 26, 2009 at 1:36 nm #

    Ek het gister Interface gekyk. COPE se vooraf praatjies het nie hulle manifes gehaal nie. So gaan hulle byvoorbeeld nie AA skrap nie, eerder strenger toepas.

  4. Wipneus! Januarie 26, 2009 at 4:06 nm #

    Ek het ook gister gehoor van AA wat strenger deur COPE toegepas gaan word. Nou vir wie moet ek nou stem DM? Jy sal bietjie moet help die kant😆

  5. demoerin Januarie 26, 2009 at 4:34 nm #

    Die stemgedeelte gaan tog maar nog net ‘n persoonlike keuse wees, gebore uit die hoor van ‘n verkiesings belofte wat by jou oortuigings pas, waarmee ek nie ‘n probleem het nie, blykbaar word niemand ooit in politiek by beloftes gehou nie.

    Dit los ons nog met die vraag – Hoe vêr is TE vêr!

  6. meermin Januarie 27, 2009 at 7:19 vm #

    Gister was dit nag, ek het hier ingestap en my blog delete, tot my bittere spyt, en voor 10 toe moes ons die gebou ontruim, brand op 11de vloer!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: