Rymelary….

26 Jan

Dankie

Die saamvlans van sinne blyk onsinnig te wees;

In my hartsdoel om te beskryf in mense-woorde,

Wat saamwees en deel van ‘n dag mag beteken,

Vir my wat lankal leer om als te deel deur een.

 

Dit blyk so moeilik wees om woorde vlug te gee

Vir gevoelens wat blyk tog wel meer nodig het;

As net daardie paar gegroepeerde letters in grepe,

Wat nietig vertoon in die geheel van woordeskat.

 

Hoe gee jy uiting aan ‘n gevoel sonder ‘n naam

Wat kort-kort soos ‘n tergende skim verskyn?

Hoe gee jy uiting aan ‘n gevoel sonder ‘n naam

Wat nou versmoor; dan weer alleen laat staan?

 

Die kolk van letters maal in ‘n duisend woorde

Wat skribbel en verdwyn op die hart se klad;

En my telkemaal los met die nietige ses letters

Gegroepeer in hierdie tweegreep woord: Dankie.

 

Advertisements

6 Responses to “Rymelary….”

  1. meermin Januarie 27, 2009 at 7:18 vm #

    Dit is baie mooi!

  2. demoerin Januarie 27, 2009 at 8:46 vm #

    Hi meermin … ons het gewonner wat van jou geword het!

  3. betsieboop Januarie 27, 2009 at 9:23 vm #

    ‘Hoe gee jy uiting aan ‘n gevoel sonder ‘n naam’
    flippet! wens ek het geweet hoe ‘n mens dit doen

  4. kaalvoetinireen Januarie 27, 2009 at 2:55 nm #

    Dit voel soms net nie genoeg om net dankie te se nie. Soms weet mens ook nie hoe om meer te se nie.

  5. Bitch Januarie 28, 2009 at 1:34 nm #

    Dig jy self?

  6. demoerin Januarie 28, 2009 at 1:42 nm #

    😆 @ Bitch – Jy sal nog onder “Diep Denke” kategorie kry…. soos ek al gesê het – Not just another pretty face.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: