Die Week in ‘n Neutedop….

6 Feb

imgp0838-1

Verjaarsdae bring tyd vir oordenking. Die snaakse is dat daar heelwat hierdie week op verkillende plekke gewonder was oor waar almal hulleself bevind, en waarheen hulle oppad is, met mooi gedagtes oor wat moontlik ‘n beginpunt mag wees.

Die feit is, met al my dink en oordink saam hierdie week, is dat ons nooit ‘n punt mag gebruik waar ons sê – Dit is dit nie! Ons moet strewe daarna om die beste te wees wat ons kan… en in daardie strewe is daar baie plek vir groei. Op hierdie punt wil ek graag elke blog wat ek lees bedank van die bestandele wat vir my groei die afgelope jaar verantwoordelik was (Ek haat egter nog steeds stryk en glo nie dit gaan ooit vernader nie!….Dankie tog vir Elsie).

Lewenstyl:

Ons toer weer in Korea, en die foto’s is altyd besonders! Daar is ook idees om die troon bietjie op te kikker….. weet nie so lekker van hierdie nie? Moeg vir slegte kwaliteit groente en vrugte (dankie tog vir Impala Fruit and Veg), kyk bietjie na hierdie oulike sirkeltuin idee. 

Iets wat my baie na aan die hart lê is Afrikaans. Ek sal erken dat ek nou nie juis ‘n Afrikaanse Fiksie leser is nie…. maar baie lief is vir poësie – eintlik is ‘n beter beskrywing digkuns. En as jy in Suid-Afrika bly, het moeder natuur gesorg vir tonne om oor te dig.

Dalk bietjie “anger-management” nodig na ‘n besoek aan Kaapstad? Ek weet ietsie wat my bietjie bedruk maak is die afwesigheid van sonskyn die laaste week of twee…dalk al drie? Ek weet die reën is nodig…. maar vir hierdie oomblik het ek genoeg gehad. Kan hierdie reënboog die aanduiding wees dat die reën nou bietjie verby is?

En op daardie noot….. Mag julle elkeen ‘n ongelooflike naweek hê – Gevul van Vrydag tot Sondag met die beste sluwe, onderwater gutterseks! HEEEHAAA – Whoza Weekend!

14 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. meermin Februarie 6, 2009 at 8:12 vm #

    DMI my naweek gaan heerlik wees ek en Jaco gaan alleen Naboomspruit toe, hy gaan Maandag vir sy bestuurderslisensie!! Ons gaan by Constantia net lekker sleg wees, as die son skyn wil ek in die son lè en braai!!!

    Geniet jou naweek!!

  2. meermin Februarie 6, 2009 at 8:13 vm #

    o ek wou sè EK HAAT STRYK WERK!! Dit is nou maar een maal ‘n MM se jobbie daardie!!!

  3. Dellie Februarie 6, 2009 at 8:28 vm #

    Kan nie glo dis alweer Vrydag nie – jy sal ook op jou ouderdom nou begin agterkom dat tyd baaaie vinniger verbygaan as ‘n paar jaar gelede…😆

    ‘n Lekker neutedop – thanx!😉

  4. Emil Februarie 6, 2009 at 8:44 vm #

    Geniet jou naweek. Dit skop lekker af.

  5. Wipneus! Februarie 6, 2009 at 8:51 vm #

    Ek het so baie inskrywings gemis! Dankie tog vir die neutedop!

    Lekker naweek DM!!! Whoza!!!

  6. netjane Februarie 6, 2009 at 8:57 vm #

    Whoza Weekend! Inderdaad!!

    Kap dit flou hierdie naweek!

  7. betsieboop Februarie 6, 2009 at 9:12 vm #

    Ons moet strewe daarna om die beste te wees wat ons kan… en in daardie strewe is daar baie plek vir groei.

    laat mens bietjie dink of ons jy werklik daarna streef of jy die beste is wat jy kan wees…

    rev hom in die rooi demoerin. ek weet ek gaan. have a good one this weekend!

  8. boendoe Februarie 6, 2009 at 9:38 vm #

    Ek belowe jou Impala Fruit & Veg se groente gaan sleg afsteek teen jou eie ‘produce’! Probeer dit, man! :mrgreen:

    Lekker naweek, DMI! Dit sous hier – ideale paarweer! 😆

  9. demoerin Februarie 6, 2009 at 9:41 vm #

    😆 Boendoe…. jy het nog nie ‘n ordenklike Avo in Jozi gekoop as dit nie by Impala was nie!

  10. Rustig Februarie 6, 2009 at 10:16 vm #

    Heerlike sonskyn naweek vir jou en los maar die stryk werk vir Maandag. Dit kan enige Maandag wees.

  11. kaalvoetinireen Februarie 6, 2009 at 10:18 vm #

    DVDV! Ek sou nie nog ‘n dag oorleef het nie!

    Hoe lus is ek nou vir ‘n avo…ek gaan nie R40 vir ene betaal nie! EK moet maar lus bly!

  12. kaalvoetinireen Februarie 6, 2009 at 10:20 vm #

    EK stryk nie, ek dra die kreukels uit😉

  13. demoerin Februarie 6, 2009 at 10:22 vm #

    @ Rustig – Ek stryk? Nie in hierdie leeftyd nie!

  14. Duusman Februarie 6, 2009 at 10:48 vm #

    Ek shop ook by Impala- maar ek brgin in elk geval met daai sirkeltuin hierdie naweek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: