Liefdesweek en die appel en die vark..

9 Feb

Dit is die afskop van liefdesweek vandag…. miljoene dollars word oor die wêreld spandeer aan kaartjies, blomme en peperduur geskenke. Mense in allerhande vorme van verhoudings gaan mekaar bederf.

Almal huppel rond met ‘n euforiese gevoel – bietjie lighoofdig en ‘n hele skoenlapperswerm in die maag. Vir ‘n week lank voel dit of jy elke sekonde ‘n reksprong op die Stormriviers-brug gaan doen.

Maar waar is die begin? Hoe wonderlik is die wêreld aanmekaargesit dat twee individue bymekaar kan uitkom…. en al hierdie lekker saam kan beleef. Hulle lyk nie dieselfde nie, het verskillende denke, verskillende opvoeding, verskillende drome en verskillende geskiedenisse.

Neem nou die vark – Familie: Suidae, Genus: Sus.

Neem nou die appel – Familie: Rosaceae, Genus: Malus.

Twee totaal verkillende dinge, tog soos vinkel en koljander op jou bord. Hoe word daar bepaal dat twee SULKE verskillende kosse, so ongelooflik goed saampas?

Eendag, iewers, baie lank gelede het iemand in ‘n oorgewig vraat verander met die toets van die varkie saam met kaas, botter, grondboontjies, kwepers, knapsekêrels, eiers, tamaties, skulpvis, seegras en lemoenskil. ‘n Liefdesdiens sodat ons vandag kan weet dat varkie+appeltjie=lekker.

Net so het jy en jou maat, op watter manier moontlik ookal, bymekaar uitgekom.

Is al hierdie moeite nie genoeg rede om elke dag van die jaar as liefdesdag te vier nie?

Dis net ongelukkig dat in hierdie kombinasie, een die appel en die ander die vark gaan moet wees…. en as jy nou die prys wen, en die vark in die verhaal gaan wees….

Wees ten minste die beste vark moontlik!

3101548794_dc515e9c42

Foto: Koluthcka @ flickr.com

13 Responses to “Liefdesweek en die appel en die vark..”

  1. betsieboop Februarie 9, 2009 at 8:16 vm #

    persoonlik voel ek dat valentynsdag overrated is. jy moet elke dag van jou lewe die magic mens in jou lewe bederf. al is dit net om ‘n bubble-bath vir hom/haar te tap!
    bets sal dan streef na top vark wees hierdie wees!

  2. Dellie Februarie 9, 2009 at 10:38 vm #

    Ag, dit bly maar lekker om ietsie spesiaals te kry op Valentynsdag. ‘n Ou rosie of ‘n chocolatjie kan mos nie skade doen nie…😉

  3. boendoe Februarie 9, 2009 at 11:47 vm #

    Sorry, Dellie, ek moet saam met die Boop stem. Valentynsdag is sommer tjol. 😉
    Maar dalk is ek nou net vol nonsens… 🙄

  4. Jaco Februarie 9, 2009 at 2:32 nm #

    Valentynsdag op sy eie is dalk ‘n kommersiele foefie, maar kombineer dit met jou huweliksherdenking en jy ‘n ‘n hartjie van ‘n heeltemal ander kleur . . . Besides, everybody’s gotta believe in something don’t they?

  5. rosalindfranklin Februarie 9, 2009 at 4:48 nm #

    ek belowe ek is ‘n soek varkie…:)

    ag ek laaik dit, het al klaar ‘n kaartjie gekoop.
    ek score punte so!

  6. rosalindfranklin Februarie 9, 2009 at 4:49 nm #

    soet varkie

  7. kaalvoetinireen Februarie 9, 2009 at 5:30 nm #

    Ek stem dat mens elke dag die liefde in jou lewe spesiaal moet laat voel en nie net op ‘n dag soos Valentynsdag nie. Dit is daar, so we might as well do something!

  8. demoerin Februarie 9, 2009 at 8:20 nm #

    Ek siet die ding so…. elke dag moet spesiaal wees, so as jy dit regtig bedoel…. behoort valentynsdag mos elk geval een van daai “elke dae” te wees.

  9. demoerin Februarie 9, 2009 at 8:23 nm #

    @ rosa… wel vir die wat nog enkel loop… is “soek” varkie mos reg….😆 solank dit nie soet “vakie” is nie.

  10. demoerin Februarie 9, 2009 at 8:29 nm #

    @ Boendoe…tjol is darem maar ‘n sterk woord😉

  11. boendoe Februarie 9, 2009 at 10:49 nm #

    Haai, DMI! Is dit? 😳 Ek hoop nie dis ‘n woord wat ek opgetel het wat iets ergers beteken as wat ek dink nie? 🙄

  12. meermin Februarie 10, 2009 at 7:38 vm #

    Ek voel dit is vir die jong klomp – maar ook dat dit ‘n money making bussiness is!! Ek kan nie eers onthou watter jare laas ek ietsie vir Valentysdag gekry het nie??

  13. demoerin Februarie 10, 2009 at 6:52 nm #

    @ meermin… eendag weer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: