Woorde vlieg; Vlinders
In die wind en smelt allooi
Met ritme op snare gepluk;
In tyd van die polsslag van
Lewe.
Lewe swewe; Swaels
Bo somerson vasgevang op
Die rooi van Natuur se palet;
Geverfde bane in kleure van
Geluk.
Geluk wil vlieg.
Geluk kan swewe.
Geluk dans op maat van ’n
Hartslag, in die komposisie;
Liefde.
Advertisements
Geverfde bane in kleure van
Geluk.
Geluk wil vlieg.
Geluk kan swewe
sjoe … fanks demoerin.
Wow dit is so mooi!!!
Dammit DMI!!! Dis flippen amazing! Jy is darem maar my hart van goud seun!
Dis stunningly mooi, DM!
Baie mooi! Hoop daar gaan nog baie sulke skrywes te sien wees 😉
😳 Julle is te vriendelik met die rymelary…. ongelukkig kom hulle bietjie ver gespasieer.