Die Week in ‘n Neutedop…..

6 Mar

imgp0838-1

En so is die eerste week van Maart ook agter die rug. Die Sevens World Cup Rugby het gister afgeskop…. sterkte aan Suid-Afrika se mans en vroue blitsbokkie spanne (SA het in hul eerste wedstryd Japan met 25-5 geklop!) In dieselfde asem ook sterkte aan die blogosfeer se eie Roer wat die Cape Argus met haar fietsie gaan aandurf.

Advokaat Barbie is natuurlik in die dokke en besig om allerhande interesanthede kwyt te raak oor haar en Dirkie se verhouding. Hy kry natuurlik al die skuld. Wake up lady… jy moet dommer wees as wat ons dink as jy dink ons gaan al die stories vir soetkoek opvreet! Bygesê moet mens moontlik ook die “met-‘n-knippie-sout-by” verslaggewing in gedagte hou.

Tot Gautengers se skok is daar aangekondig dat daar ‘n petrolprys skok op ons wag. Transnet wil meer geld uit die petrolpyplyn maak om ‘n nuwe een te finansier. Miskien moet ons nou maar begin opgaar, of dalk net tassies pak en iewers onder ‘n boom langs die water gaan bly. Hierdie setting lyk nogal aanloklik. On second thought miskien hierdie ene!

Die baie hartseer gebeurtenis was natuurlik die terroriste aanval op die Sri-Lanka krieketspan. ‘n Baie kortsigtige, lafhartige daad as jy my vra. Soos die meeste terroriste-aanvalle, daar word daaraan gedink om NOU ‘n punt te bewys sonder bekommernis oor toekomstige gevolge. Partykeer is dit dalk ‘n beter opsie as ‘n petisie😉 ?

Die patriotisme, of afwesigheid daarvan, van die Afrikaanse Suid-Afrikaner was weereens onder die vergrootglas die week. Daarmee saam natuurlik ook die negatiewe gevoel wat ons om ons skep. Dit is dalk juis die negatiewe gevoelens wat besig is om almal aan te steek!

Miskien moet daar eerder teruggesit word, en seëninge getel word wat jy nog het, eerder as om te bekommer oor wat jy nie meer het nie, of glo wat jou toekom. Dink aan daardie klein plesiertjies, en dat jy dalk die geleendheid mag hê om ‘n professionele-blogskrywer te word.

Vir bietjie ontspanning kan julle sterre en komete gaan leer, of sommer ‘n lekker-lag gym-sessie gaan bywoon nadat jy jou twee vissies gevoer het.

En as jy nat en sweterig by die huis gekom het vanaand (na die gym-sessie), en jy jou stort gehad het….. beste wense vir die beste sluwe, onderwater, gutterseks die naweek!

P.S Moenie vergeet om die Bulle more te ondersteun nie… blykbaar is die “dutchmen” gereed met ‘n groot ontvangs vir ons vriend Luke op Loftus!

11 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop…..”

  1. White Knight Maart 6, 2009 at 7:58 vm #

    Dagse Demoerin

    Voorwaar ‘n besige week gewees die, ek is skoon moeg deur net jou inskrywing te lees.😈

    Dankie vir al die sammevattings, ek geniet jou weeklikse opsomming baie.😉

    Groete

  2. Skoor Maart 6, 2009 at 8:03 vm #

    Min media dekking aan die Sewes Rugga, ne! Ek kan nie wag vir die res van die games nie, dinge lyk heel okay.

    En Dubai se gees en opbou na die einde toe, is vir my heerlik om op TV te sien.

  3. Meermin Maart 6, 2009 at 8:33 vm #

    Dmi lekker naweek vir jou!

  4. betsieboop Maart 6, 2009 at 8:54 vm #

    hierdie week was jam-packed gewees! bring on the weekend!

    have a good one demoerin en dankie dat ek net elke vrydag hier kan kom lees om op hoogte te bly!!

  5. Rustig Maart 6, 2009 at 10:00 vm #

    Heerlike naweek van sonkyn, braaivleis en Chevrolet vir jou!

  6. Dellie Maart 6, 2009 at 10:26 vm #

    Oee, die rugby gaan lekker wees!

    Geniet die naweek.😉

  7. Pikkelik Maart 6, 2009 at 10:49 vm #

    Ai, dit was nou ‘n lekker opvang! Dankie DMI!

  8. boendoe Maart 6, 2009 at 10:49 vm #

    Ek is net elke week verbaas hoe jy die drade bymekaar hou en ‘n storie kan maak uit alles wat op die blogs gebeur het. Tog nie ‘n dom blonde nie! 😆

  9. Adrie Maart 6, 2009 at 12:26 nm #

    DMI

    Jy het ‘n punt beet . . . geweld is meer effektief as petisies. Net jammer dat dit altyd die onskuldiges is wat aftjop.

  10. Sonkind Maart 6, 2009 at 1:26 nm #

    DM – ek hou regtig baie van jou en veral baie van hierdie Vrydag koerant van jou, maar daar is geen manier onder hierdie aardse son dat ek die Blou Bulle gaan ondersteun nie! Sorry😈

  11. Wrang Maart 6, 2009 at 3:49 nm #

    ‘n Goeie opsielys vir ‘n reisiger om nuwe bestemmings te vind. Het u al probeer om “de moer in” op ‘n soekblad op te spoor?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: