Die Olifante hou my Verantwoordelik.

9 Mar

Na ‘n week en ‘n bietjie van laat aande, (of is dit nou vroeë oggende?) se kuier en partytjie, voel dit vanoggend of ‘n trop Afrika Olifante gisteraand oor my gecan-can het. Lank en aanhoudend.

Een van die Dansers

Een van die Dansers

Teen middel laas week het die irriterende kuggie alreeds sy verkyning gemaak, maar wie luister nou elk geval vir hulle Beter Wete? Saterdagaand is die partytjie-monster al weer al om die swembad gejaag met totglasies Uncle Jager. Teen gistermiddag het die kuggie begin plek maak vir ‘n seer keel en ‘n snotneus en ek het besluit om die virus oor middag-ete in 4 Glase Merlot te versuip. Dit het nie gewerk nie.

Waar my relaas op afstuur…. Verantwoordelikheid. George Bernard Shaw het dit so gestel:

” Liberty means responsibility. That is why most men dread it”

Dit begin alles by besluite. Ek is geseën met breinkrag om te kan dink. Om dinge te kan uitpluis. Om besluite te kan maak. Alles goed en wel, maar wat nou? As ek besluit het om iets te doen, en die uitkoms is nou nie heeltemal rooskleurig nie, is dit presies hier waar die olifante die can-can begin doen.

Alles gaan nie altyd perfek uitwerk nie. Dinge gaan skeefloop. My aksies gaan gevolge hê. Wat my die beter, of slegter, persoon maak is hoe ek die gevolge hanteer. Dit help nie nou ek wil kerm en kla oor my simpelgeid nie. Die besluit was gemaak, en ek sit nou met die gebakte pere. Wat my die beter persoon maak is hoe ek verantwoordelikheid neem vir dit wat skeef geloop het. Ek weet ek het net myself te blameer.

Nou hoe en waar dit begin gebeur het, en of dit gedurende my opvoeding ingefoeter was, is blote spekulasie op hierdie stadium. Wat ek wel weet is dat ek geen probleem daarmee het om pa te staan vir my besluite en/of dade nie. Ek kan tog nie enige iemand anders as myself verantwoordelik hou nie?

Ek het baie respek vir iemand wat kan erken hulle was verkeerd, en dan sonder skroom die verantwoordelikheid vir die gevolge neem. Vir my een van die beste kwaliteite in die strewe na volledige menswees. Mens sien deesdae meer en meer dat publieke figure sê en doen wat hulle wil, sonder die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan as daar dalk slegte nagevolge mag wees. Ontken blyk die nuwe kragwoord te wees!

Publieke figure, ongeag of dit politici, rugbyspelers, akteurs of sosiale vlinders is, stel die voorbeeld aan jan-alleman. Ongelukkig leef ons in ‘n era waar verantwoordelikheid neem vir nagevolge van besluite of beloftes nie juis aan die bopunt van lysies verskyn nie. Verantwoordelikheid is een van die eerste trappies op die leer na “greatness”, en al voel ek HOE sleg sal ek die dansende Olifante maar net moet verduur tot die einde van hulle dans-nommertjie.

“Responsibility is the price of greatness”

– Winston Churchill –

7 Responses to “Die Olifante hou my Verantwoordelik.”

  1. betsieboop Maart 9, 2009 at 8:45 vm #

    demoerin – menigte mense is te bang om ‘n besluit te neem, juis oordat hulle nie bereid is om pa te staan vir daardie besluit nie. dit maak my moedeloos verby as mense dag in en dag uit moan en groan oor ‘n situasie waarin hulle hulself bevind en steeds nie ‘n besluit sal neem nie.

    good for you wat verantwoordelikhied kan neem vir jou besluite. ek het al self ‘n paar sitter-swak besluite geneem, maar vat my ‘pak’ soos ‘n man.

  2. meermin Maart 9, 2009 at 9:56 vm #

    Dmi ek het al baie verkeerde besluite in my lewe gemaak, spyt kom altyd te laat!!

    Geniet jou dag!!

  3. demoerin Maart 9, 2009 at 10:18 vm #

    Betsie – Waar daai ding, dit irriteer my net so. As jy glo dit is die regte ding – DOEN dit net asseblief – Gewik en weegery maak my gat lam.

    Meermin – Eendag sal jy die vrugte van ‘n deurdenkte besluit pluk. Hopelik sommer binnekort!

  4. tweelingkind Maart 9, 2009 at 7:12 nm #

    Ja wat, ek verpes ook as mense nie kan erken as hulle vekeerd is nie. Almal maak mos foute, wat’s die big deal om dit te erken?
    Ek het ook glad nie n probleem om pa(ma in my geval) te staan vir my besluite nie, goed of sleg. Mens kan mos ook nie altyd die regte besluite neem nie, hoe op aarde sal ons dan ooit leer, as dit nie deur ons foute is nie.

  5. demoerin Maart 10, 2009 at 7:04 vm #

    Waar wat jy sê Cleo, solank ons net daaruit leer!

  6. Pikkelik Maart 10, 2009 at 9:59 vm #

    Laat dit vir jou ‘n les wees… ag shame DMI!!! Sterkte!

  7. demoerin Maart 10, 2009 at 10:13 vm #

    😆 En partykeer leer mens nie…. en daarvoor moet jy ook maar verantwoordelikheid vat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: