Die Week in ‘n Neutedop….

13 Mar

imgp0838-11Ons gaan vandag begin deur af te sluit. Tensy een van hulle more dood-neerslaan en daar word van my verwag om hulde te bewys, is hierdie nou vir die oomblik my laaste Steve en Joost verwysing. Amen.

Die hele relaas die afgelope paar weke het my egter bietjie verder laat dink. Gee mense regtig nog om wat daar van hulle gedink word. Is dit nodig om om te gee? Ek praat nou nie van oppervlakkige goedjies nie, ek praat van watter tipe mens jy is. Ek neem aan as jy probeer om ten minste die beste te wees wat jy kan, sal dit jou nie bekommer nie. Maak net seker jy saai jou lewe met goed…. moenie jou familie en vriende eendag hoofpyne gee as hulle jou eulogy moet skryf nie!

So gepraat van dood – genugtig die neutedop raak depressief – kyk maar na die gesondheid, want daar is nuwe terroriste op die CIA se most-wanted lysies. Laat ons sommer nou die “donker” kant afhandel – Die mens is besig om die aarde te verwoes – dit is so waar soos Steve se …. whatever, elk geval daar is ‘n baie oulike wêreldwye aksie genoem Earth Hour. As julle nog nie julle naampies bygevoeg het nie – Doen dit nou! Selfs die koeie gaan hulle deel bydra. Vir die ligter sy – ‘n Aardrykskunde les.

Ek dink ons sal maar aan ander planne moet begin dink om daardie aand te doen vir daardie uur. Rosa het op ons parade gereën😉

Terug by die koeie. Baie goeie vraag oor ons eie heilige koei. Ek het nog nooit voorheen so daaraan gedink nie, maar dit is eintlik nogal waar! Maar is dit net die taal, of is dit die konserwatisme omdat die woorde juis in jou taal is? So gepraat van woorde – Minder is meer. Gebruik hulle spaarsamig. Kyk byvoorbeeld na die foto’s, woorde is nie eers nodig nie.

Ons toer weer hier in Angola rond, en besoek ‘n Koreaanse kuns-straat. Gaan help die mense daar by DD uit met naamsoek, en hou duim vas dat die Suikerbossies binnekort weer kan toon wat “Home-advantage” beteken! Ai tog, die krieket is net besig om hierdie neutedop meer depressief te maak!

Goed op positiewe noot – ‘n Laaste sê oor laas week se Suid-Afrika patriotisme …. en ietsie om ons beter te laat voel – Goeie Raad!

En as jy nou nog nie jou polse teen hierdie punt deurgekou het, of ‘n taxi-bestuurder aangerand het nie, bly daar natuurlik net een ding oor:

Beste wense vir ‘n naweek gevul met die beste sluwe, onderwater, gutterseks ooit (Lekker oefen vir 28 Maart … moet net nie vir Rosa sê nie!)

11 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop Maart 13, 2009 at 7:46 vm #

    sela – have a good one demoerin!

  2. Emil Maart 13, 2009 at 7:56 vm #

    Skitterend! Lekker naweek vir jou ook!

  3. Pikkelik Maart 13, 2009 at 9:49 vm #

    Soos altyd! Lekker naweek!

  4. Dellie Maart 13, 2009 at 9:50 vm #

    Hie-hie, ja moet net nie vir Rosa sê nie!😆 Die Bulle speel mos nie die naweek nie, so ons kan oefen aan ander dinge…

    Weereens my hoogtepunt van die week.😉

  5. Rustig Maart 13, 2009 at 10:00 vm #

    Geniet die naweek en drink baie melk!

  6. boendoe Maart 13, 2009 at 10:25 vm #

    Spoilsport Rosy! 😆

    Dankie, DMI, puik soos altyd! 😉

  7. Wipneus! Maart 13, 2009 at 1:07 nm #

    Hello Dm!! Geniet die naweek! En hou maar Rosa se inskrywing ingedagte as jy in die gutters speel😆

  8. rosalindfranklin Maart 13, 2009 at 5:02 nm #

    Die koei wat ek ken MOOO, sy laaik dit.😉

  9. Windhoek Maart 15, 2009 at 11:15 vm #

    Goeie more ek vra asb help my vrind “ Die Brein” hie is die link. http://die-werf.co.za/?p=2266#comments

    Geniet jou Sondag.

  10. meermin Maart 16, 2009 at 8:57 vm #

    Hiermee groet ek die blog wèreld !!!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Things men wish you knew « Dellie se Dinge - Maart 18, 2009

    […] dink nie ek het nodig om enige iets anders te sê nie. Maar Demoerin se Neutedop-wense pop onwillekeurig in my gedagtes op […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: