Sluit aan by die PPP.

16 Mar

Sekere dae voel dit of mense my snaaks aankyk. Ander dae voel ek weer soos een van hierdie life-coaches. Miskien is dit ‘n interessante rigting vir my om in te slaan? Ander dae sit ek weer met my vingers in my hare nadat ek iets gelees of na iemand geluister het.

Wat ek wel weet is dit:

Ek wil. Ek mag. Ek kan.

Ek hoor nou nog my oorlede Ouma hier in my agterkop – Kannie is dood van kruiwastoot. Miskien is dit maar my kinderjare, of gebeure tydens my volwasse-jare wat my so gevorm het – Maar ek het net ‘n ongelooflike positiewe uitkyk op die lewe. En hoekom? Want ek LEWE.

Ek is nie so dom onnosel om te dink dat alles wat ek oor droom en wil doen gaan 100% uitwerk nie. Maar dit gaan my nie keer om te probeer nie. Ons as mense is van harder materiaal gemaak as wat ons onsselwers toegee, en daarom weet ek ek kan die houe vat, en dat my lewensuitkyk gaan verseker dat dit nie uitklophoue is nie.

Mense kan maar hulle koppe skud en sê : “Siestog, dalk bietjie naief.” Wat ek wel weet is dat eenkant in ‘n hoekie sal die lewe by my verbygaan, en dit is net ‘n vermors van kosbare sekondes!

My punt na hierdie ietwat onsamehangenge relaas: Sluit aan by die:

Positiewe Poephol Party

Want ek is eerder ‘n Positiewe Poephol

as ‘n

Ou Vrou Met ‘n Nat Broek!

12 Responses to “Sluit aan by die PPP.”

  1. Adrie Maart 16, 2009 at 8:27 vm #

    Waar moet ek my ledegeld betaal?

  2. betsieboop Maart 16, 2009 at 8:34 vm #

    demoerin – positiwiteit word werklik as naief gesien, maar weet jy – ek is 100% naief saam met jou !

    Amandla PPP Amandla!!

  3. demoerin Maart 16, 2009 at 8:38 vm #

    … en ek toi-toi al om my lessenaar…. VIVA!

  4. Emil Maart 16, 2009 at 8:51 vm #

    Ek sluit aan.

    Terloops, dmi, daar is aspekte hiervan in wat ek huidiglik doen😉

    Viva PPP. Viva!

  5. Dellie Maart 16, 2009 at 10:14 vm #

    Viva! Ek join ook! En ek bring gemmerkoekies! Viva PPP!😆

  6. Rustig Maart 16, 2009 at 10:21 vm #

    Kom dit met afslag koepon vir toilet papier?

  7. Zee Maart 16, 2009 at 11:13 vm #

    Sal ons stemreg ook kan kry vir PPP?

  8. boendoe Maart 16, 2009 at 12:56 nm #

    Demoerin vir President!!!!

    Viva! Viva! Viva!

    😉

  9. demoerin Maart 16, 2009 at 1:30 nm #

    Almal welkom…. en een en elk sal stemreg hê – Nog ‘n positiewe ding!

  10. demoerin Maart 16, 2009 at 1:31 nm #

    @ Rustig – Afslag? Nee man, sommer verniet – 3 ply!

  11. meermin Maart 17, 2009 at 7:04 vm #

    EK KAN!! Want ek is ‘n beter mens!!! EK KAN, EK GAAN EK SAL EK WIL EK MOET EK KAN!!!

  12. koeksister Maart 17, 2009 at 3:54 nm #

    Ek’s definitief ‘n lid van die PPP’s

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: