Die Week in ‘n Neutedop….

20 Mar

imgp0838-12Dit wil voorkom asof die wêreld St. Patrick’s Day oorleef het. Het jy jou groen Guinness of Kilkenny geniet? Ooit gewonder hoe om ‘n positiewe impak op jou lewe met die gebruik van die voggies te maak?

Kyk, ek is al vir so lank single (wel soortvan?), en het al sekerlik te gemaklik in my eie bestaan geword. Ek weet wat ek wil hê, kry dit wanneer ek wil, en doen wat ek wil, wanneer ek wil. In my oë, absoluut niks daarmee fout nie. Wat ek wel weet is dat ek nog altyd dood eerlik was met elke ontmoeting van ‘n nuwe girl.

En hoekom nie? Eerlikheid is mos ‘n goeie deug. Probeer eerder iets bou op die waarheid, in alle tipe verhoudings, as wat jy ‘n leuen probeer lewe. Wie het in elk geval al daardie ekstra hoofpyn nodig oor die bekommernis van die dag wat jy gaan moet vure doodslaan?

Terwyl ons nou so bietjie kyk na verantwoordelikheid en eerlikheid. Is die Pous eerlik teenoor al sy Rooms-Katolieke onderdane rakende die gebruik van kondome? Besef hy die impak wat sy uitlatings het? I think NOT!

Liewe ouers, julle is as’t ware die pouse in julle huishoudings. Maak tyd vir die kinders, en laat hulle toe om nog kinders te wees! Los die kwaad wat by die werk hoort uit die huis uit, sorteer dit by die werk uit met jou stempeltjie op mense se voorkoppe. Daar is absoluut niks fout om jou kinders te leer van die Afikaner se geskiedenis nie. Of om jouself weer bietjie te gaan herinner nie! Daar is ‘n trotse geskiedenis van voorouers wat hard gebou het aan ‘n land aan die suidpunt van Afrika. Juis die besef van bouers, moet genoeg trots en hoop aanwakker om ons plek vol te kan staan in die toekoms van die mooiste land op aarde!

So gepraat van trots en geskiedenis. Een van hulle is natuurlik die Springbok. Die een met die rek om die bene wat voor die stoute Suid-Afrikaners rondgeswaai word, om hulle op hulle plekke te hou. Sal jy dalk ‘n kudu, bontebok of swartwitpens verkies. Die springbokkie dalk bietjie verfynd?

Op hierdie ligter trant, vergeet bietjie van die Piesang Republiek vir die naweek. As mamma dalk so bietjie kil was die afgelope rukkie, druk hierdie uit en gee haar studietyd vanaand, terwyl jy aan jou blogging skills werk. JY is dalk die toekomstige nuusgewer!

En as alles dan punt in die wind en witwarm uitdraai, mag julle more wegspring tot die afsluit Sondagaand vir ‘n naweek gevul met die beste verfilmbare, sluwe, onderwater gutterseks ooit! Mens moet baie oefen om iets perfek te kan doen!

17 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop Maart 20, 2009 at 7:33 vm #

    as ‘n mens die moeite doen om die wêreld deur jou kind se oë te kyk, sal jy verbaas wees wat jy skielik weer raaksien.

    ons vergeet so maklik dat ‘n kind net ‘n kind is. onskuldig. niks vals en agterbaks aan ‘n kind nie. net skoon suiwer liefde en vertroue.

    have a good one demoerin!

    en ja – as jy ‘n verhouding op leuns bou gaan jy jou gat pretty much binne die eerste week sien!

  2. Emil Maart 20, 2009 at 7:33 vm #

    Groots! Meesterlik! Verfilmbare? Waaaaar!! LOL

    Lekker naweek vir jou ook.

  3. BB Maart 20, 2009 at 7:35 vm #

    Ek hou aan vir Helge hiernatoe stuur Vrydae – vir daai goeie wense🙂 – he finally got the message!! Nou vat hy my weg virre verfilmbare, sluwe eeeeehhhhhhmmm ‘retreat’:mrgreen:
    Lekr naweek DMI!!

  4. NetJane Maart 20, 2009 at 8:11 vm #

    Merk ek ook vandag die verfilmbare op, Emil!😉

    Wel – it’s a dirty job, but somebody has to do it!😈

  5. meermin Maart 20, 2009 at 9:02 vm #

    Dmi ek glo mens moet jou kind vir solank as moontlik nog kind hou, hulle is so onskuldig hou hulle so!!! Juffrou’tjie word 17 maar ek pas haar op soos GOUD!!! Haar boetie sal moor as iemand dit waag om haar ooit seer te maak!! Haar nefie het toe hulle nog op laerskool was ‘n outjie in ons huis gebliksem wat haar rond gestamp het!!

    Lekker naweek vir jou, dankie toggie dit is Vrydag, die week was regtig vir my baie lank!!

  6. Dellie Maart 20, 2009 at 9:58 vm #

    My kop steek ook vas my verfilmbare…:mrgreen:

    Lekker naweek! GO BULLE!

  7. Dellie Maart 20, 2009 at 9:59 vm #

    *by! by! iemand het by b en m obgeruil op by keyboard!😆

  8. Pikkelik Maart 20, 2009 at 10:11 vm #

    Wie is die hoofkarakters??? 😆 😆 Lekker naweek!

  9. bokkie Maart 20, 2009 at 10:37 vm #

    woe!

  10. Agnes Maart 20, 2009 at 11:06 vm #

    Is die computor deng ‘n Baas of ‘n Merrem se deng?

  11. Mavis Maart 20, 2009 at 12:03 nm #

    Basie hoekom moet ek daai deng onder die water doen keer dit die goggas Mavis hy ken van oefen

  12. demoerin Maart 20, 2009 at 12:49 nm #

    MAvis en Agnes – As julle nie mooi van die deng verstaan nie. Gaan vra Mies Rosa… sy is altyd gewillig om te verduidelik van teel en oefen….

  13. demoerin Maart 20, 2009 at 12:49 nm #

    😆 Dellie… regtig weerspreek?????

  14. boendoe Maart 20, 2009 at 2:20 nm #

    Practice, practice, practice…makes purrrfect! Veral as dit onderwater gedoen moet word. :mrgreen:

  15. boendoe Maart 20, 2009 at 2:22 nm #

    BTW, jy wat so lief is vir Google…waarop sinspeel Google vandag met die prentjie op hul homepage? Ek raak mal as ek nie dadelik die kloutjie by die oortjie kry nie. 😯

  16. demoerin Maart 20, 2009 at 2:29 nm #

    Boendoe – Dalk eerste dag van herfs/lente afhangende van dei halfrond?

  17. Ysfox Maart 20, 2009 at 7:11 nm #

    Hahaha! Moeraspaddas doenit ini gutters:mrgreen: leke naweek vi jou ook

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: