on-GELOOF-lik…Discordianism I

24 Mar

Ek het baie lanklaas so veel pret en plesier uit research geput. Letterlik gesit en lag. Verskoon die Engels wat so nou en dan gaan insluip – maar sekere dinge kan nie….of mag nie….of eerder, ek gaan nie eers probeer vertaal nie.

Discordianism is ‘n moderne geloof wat dateer uit 1958/59 wat die idee aanhang dat chaos al is wat daar is. Daar bestaan groot divisie of Discordianism eintlik maar net ‘n parodie van verskeie ander gelowe is, en of dit ernstig opgeneem moet word.

Die Griekse godin, Eris, word gesien as die beskermgodin van Discordianism.

180px-sacred-chao_svg

The Sacred Chao

Dit het alles begin in ‘n bowling alley in Amerika, waar Malaclypse the Younger en ‘n vriend ‘n gesamentlike buitewêreldse ondervinding gehad het waarby ‘n chimpanzee die Sacred Chao aan hulle oorhandig het, waarna die chinpanzee binne oomblikke voor hulle oë ontplof het. Met die Sacred Chao in die hand het hulle baie navorsing gedoen, en dit was juis die appel met die woord, Kallisti in, wat toe die sleutel tot die ontsyfering was.

Malaclypse the Younger het ook voortgegaan en die boek, Principia Discordia (PD), gepubliseer. Soort van die Discordians se reëlboek (soortgelyk aan die Bybel vir Christene). Na sy oorspronklike navorsing het hy toe op die Griekse mitologie verhaal afgekom, wat een van die hoekstene van Diskordia vorm:

The Original Snub

Zeus het geglo Eris was ‘n moeilikheidmaker en het haar nie na die huwelik van Peleus en Thetis toe genooi nie. Eris was nie gelukkig nie en het ‘n goue appel met die woorde “Kallisiti” (to the prettiest one) daarop gegraveer gemaak.

Apple of Discord

Apple of Discord

Eris het toe hierdie appel oor die vloer gerol by die huwelik, en dit het natuurlik chaos veroorsaak aangesien elke godin daar geglo het die appel is vir haar bedoel (na die aflewer van die appel het Eris blykbaar ‘n Hot Dog gaan eet). Zeus besluit toe om die arbitrasie vermoëns van die jonge heer uit Troy, Paris, te beproef.

Soos dit in elke verhaal moet wees het hulle hom probeer omkoop. Athena het groot veldslagoorwinnings belowe, Hera groot rykdom en Aphrodite die keuse van die mooiste vrou in die wêreld. Soos hulle sê – The rest is history. Paris se keuse het die eerste oorlog tussen mense ontketen as gevolg van sy “prys”, Helen.

Dit is soos volg in die DP opgeteken – “Paris being a healthy young Trojan lad, accepted Aphrodite’s bribe and she got the apple and he got screwed.”

Nog belangrike hoekstene is die Wet van Vywe (later is 23 bygevoeg) en die “Curse of Greyface”. Daar word geglo die curse is wat die wêreld TE ernstig en ordelik gemaak het. Greyface het in die jaar 1166BC gelewe en het sy volgelinge geleer dat hulle net na al die orde om hulle moet kyk om te glo dit is goed. Hy het mense geleer dat die lewe ernstig moet wees, en dat pret sonde is (Discordians probeer nog uitpluis waar Greyface al hierdie orde gesien het). As teenvoeter vir die curse bied Malaclypse the Younger die volgende in PD, 00074 – The human race will begin solving its problems on the day it ceases taking itself so seriously.

In PD,00004, word die doktrine, of letterlik “5 Commandments” gevind:

  • There is no Goddess but Goddess and She is your Goddess. There is no Erisian movement but The Erisian Movement and it is The Erisian Movement. And every Golden Apple Corps is the beloved home of a Golden Worm.
  • A Discordian Shall Always use the Official Discordian Document Numbering System.
  • A Discordian is required to, the first Friday after his illumination, Go Off Alone & Partake Joyously of a Hot Dog; this Devotive Ceremony to Remonstrate against popular Paganisms of the Day: of Roman Catholic Christendom (no meat on Friday), of Judaism (no meat of Pork), of Hindic Peoples (no meat of Beef), of Buddhists (no meat of Animal), and of Discordia (no Hot Dog Buns).
  • A Discordian shall Partake of No Hot Dog Buns, for such was the Solace of Our Goddess when She was Confronted with the Original Snub.
  • A Discordian is Prohibited from Believing What He Reads.

In Deel II sal die organisasie-struktuur behandel word, asook hedendaagse projekte waarmee die Discordians besig is.

Aansoekvorm uit die PD

Aansoekvorm uit die PD

Bronne: Wikipedia & PrincipiaDiscordia

19 Responses to “on-GELOOF-lik…Discordianism I”

  1. Wipsnoet Maart 24, 2009 at 8:51 vm #

    Hi Dm

    Dankie vir die inskrywing ook van my gunsteling onderwerpe om te google.
    “accepted Aphrodite’s bribe and she got the apple and he got screwed” Die mans byt altyd die appel, dis hulle kruis! whahaha

    Ek het gou hier onder op die aansoekvorm gelek! Miskien kry ek luck, ek nodig baie van die!
    Lekker dag! 😉

  2. Pikkelik Maart 24, 2009 at 12:56 nm #

    HUH????? Ek staan verstom, of staan ek nou verstom. Of maak dit nie sin nie, omdat dit sin maak… 😆 😈 😯

  3. betsieboop Maart 24, 2009 at 12:57 nm #

    ek moet bieg demoerin – ek moes twee keer lees en ja – ek het beide kere my kake van die lessenaar met moeite gelig gekry!!!!!

    purpose of the application – none of the above

    whahahahahahahaha – som vir my die on-GELOOF-like Discordianism baie duidelik en akkuraat op! en dit is FOR REAL??

  4. kaalvoetinireen Maart 24, 2009 at 1:00 nm #

    Sjoe! Daai 5 reels maak sin, ne???
    Baie interessant en snaaks!😆

  5. demoerin Maart 24, 2009 at 1:08 nm #

    Dit is blykbaar for real…wag vir more se post – Deel II. Jule sal nie die ongelooflike-met-die-windmeul-gemoerde dinge en mense daarbuite glo nie. Hierdie gaan ‘n BAIE interessante reeks wees!

  6. betsieboop Maart 24, 2009 at 1:10 nm #

    demoerin – al wat ek weet – terwyl hierdie mense daarbuite ‘operate’ is ek veilig , want ek vertoon frok weet dit extremely sane teen hulle!!!

  7. demoerin Maart 24, 2009 at 1:10 nm #

    …. en hou tissues byderhand as julle julle skerms gaan lek😉

  8. demoerin Maart 24, 2009 at 1:14 nm #

    Betsie… wag tot julle more daai mense se projekte beleef. Dit is skreeusnaaks – met ‘n punt daarby – baie effektief.

  9. betsieboop Maart 24, 2009 at 1:16 nm #

    demoerin … kan nie wag nie!! ek gaan hierdie post print en teen die yskas plak! laat EEN mens weer twyfel oor my sanity!!

  10. BB Maart 24, 2009 at 2:47 nm #

    Today’s date… Yesterday’s date🙄
    Born : | |Yes | |No???😯
    Height…. fl.oz😕
    Eyes | | 2 | | Other:mrgreen:

    Ek weetie of dit snaaks is as dit for real is nie DMI – dan’s dit friggin’ SCARY!!!

  11. boendoe Maart 24, 2009 at 3:18 nm #

    😯 🙄 😯 🙄 😯 🙄

  12. boendoe Maart 24, 2009 at 3:19 nm #

    Hiehie…daai gevreetjies lyk nogal cute so… 😆

  13. demoerin Maart 24, 2009 at 3:48 nm #

    😆 – So ‘n mooi patroontjie boendoe.

    @ BB – Ek dink hulle probeer in alles wat hulel doen anti-instelling en reëls ten toonstel.

  14. BB Maart 24, 2009 at 5:35 nm #

    Boends is een van daai girls wat onder andere ook hou van lapverf en fingerpainting😉

  15. demoerin Maart 25, 2009 at 6:58 vm #

    😆 @ BB

  16. Wrang Maart 25, 2009 at 10:59 nm #

    Lagwekkend is die menslike spesie se soeke na iets bonatuurliks buite homself. Kakebene val op lessenaars in hierdie verband, en tog vind mense dit nie vreemd om ‘n halusinasie van ‘n opgewekde mens te aanbid nie. Is daar in hierdie neurologiese gewaarding enige verskil, minder lagwekkend, met enige ander vorm van aanbidding?

    Of is daar daadwerklik ‘n dun, nou pad na ‘n oënskynlike hiernamaals, net nog elekron flitse in die grysstof van evolusie?

  17. demoerin Maart 26, 2009 at 6:47 vm #

    Wrang – Dit bly tog maar opninie, of dit myne of joune of iemand anders sin is….. dit bly persoonlike opinies of in hierdei geval dan geloof.
    Ek kan nie vinger wys en iets in enige iemand se keel probeer afwurg, omdat ek glo ek is reg, en hy is dalk verkeerd nie.
    Ons het tog almal die breinkrag vir die maak van keuses ontvang?

  18. Wrang Maart 26, 2009 at 5:45 nm #

    Voorwaar! Steeds sou ons betwis dat die moed van geloofsoortuiging niks anders as juis opgewekte breinkrag is nie, die werking waarvan vir ons onverklaarbaar is, omdat ons nog nie weet nie. Neurologie begin stadig die grys onbekende van die menslike brein ontsluier.

  19. demoerin Maart 27, 2009 at 7:10 vm #

    😆 So interessant as wat dit mag wees… sjoe ek glo nie ek wil WERKLIK weet hoe my brein werk nie. Dit sal bietjie scary wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: