on-GELOOF-lik….Discordianism II

25 Mar

Deel II van Discordianism… gaan lees Deel I as jy nog nie het, anders gaan hierdie Deel bietjie chaoties voorkom – Eg in die Discordianism ideologie.

Discordianism bied verskillende ledevlakke – wat blykbaar baie buigbaar kan wees. Behalwe vir dat Discordianism as ‘n organisasie ‘n totale paradoks is, word daar wel ‘n tipe van struktuur in die Principia Discordia (PD) aangedui. Die definisie van The Discordian Society (DS) aangedui as: “The Discordian Society has no definition.” In die DS kan daar dan verskeie sekte gestig word, elk onder die beheer van ‘n Episkopos.

Die wat nie hulle eie sektes wil stig nie, en verkies om aan iemand anders se sekte te behoort, maak die Legion of Dynamic Discord uit, of sommer genoem Legionnaires.

As iemand wil aansluit word die proses in die PD, 00032 verduidelik:

“If you want in on the Discordian Society, then declare yourself what you wish, do what you like, and tell us about it or if you prefer don’t. There are no rules anywhere. The Goddess Prevails.”

Die sekte wat deur Malaclypse the Younger en Omar Khayyam Ravenhurst gestig was is genoem Paratheo-Anametamystikhood Of Eris Esoteric (POEE). Hulle identifiseer in die PD, 00022, hul struktuur soos volg:

“POEE has 5 Degrees: There is the neophyte, or Legionnaire Desciple. The Legionnaire Deacon, who is catching on. An ordained POEE Priest/Priestess or a Chaplain. The High Priest or Polyfather and the POEE Pope.

POEE Legionnaire Desciples are authorised to initiate others as Discordian Society Legionnaires, Priests appoint their own Deacons. The Polyfather ordains the Priests. I don’t know about the Popes.”

Die Episkopos, of in POEE se geval Polyfather, staan aan hoof van die sekte, en het gewoonlik een of ander ongelooflike titel bv. Malaclypse the Younger, Polyfather of Virginity in Gold; Lord Omar Khayym Ravenhurst, Bull Goose of Limbo; Kassil the Erratic; Lord Foxfire the Perpetually Combustible ens.

Die Popes word omskryf as elke persoon op aarde. Daar is ook ‘n Pope kaart wat aan enige belangstellendes uitgedeel word. Om in besit van die kaart te wees verleen nie noodwendig Papacy nie. Die kaart verleen wel die wete dat die houer “a genuine and authorised” Pope van Discordia is. (Moenie vrae vra nie, ek verstaan self nie 😆 ) Aan die onderkant van die kaart staan daar: “A POPE is someone who is not under the authority of the authorities.” Op party kaarte word die volgende verder aangebring:

The rights of a Pope include but are not necessarily limited to:

  • To invoke infallibillity at any time, including retroactively.
  • To completely rework the Erisian church.
  • To baptise, bury, and marry (with the permission of the deceased in the latter two cases).
  • To excommunicate, de-excommunicate, re-excommunicate, and de-re-excommunicate (no backsies!) both his-/her-/it-/them-/your-/our-/His-/Her-/It-/Them-/Your-/Our-self/selves and others (if any).
  • To perform all rites and functions deemed inappropriate for a Pope of Discordia.

Jy mag net aangestel word as Priest/ess as die Polyfather/Episkopos beskikbaar is, of opgespoor kan word om die sertifikaat uit te reik. Indien hy nie beskikbaar is nie, kan jy jouself tot Chaplain verklaar. Jy het dieselfde voorregte as die Priest/ess, maar net nie die sertifikaat nie. Proses om tot Chaplain verklaar te word (PD, 00028):

  • Write the Erision affirmation in 5 copies.
  • Sign and noseprint each copy.
  • Send one to the President of the United States.
  • Send one to the California State Bureau of Furniture and Bedding at 1021, “D” street, Sacramento, California, 94814.
  • Nail one to a telephone pole.
  • Hide one. And burn the other. Then consult your pineal gland.

Discordianism het verkeie skrywers en ander artists geinspireer en verskeie werke soos die boeke, The Illuminatus! trilogie en verwysings in ander boeke, rolprente en tv-reekse het die lig gesien.

Discordians word in verkeie projekte betrek, waarvan Operation Mindfuck seker die belangrikste is. Verskeie kleiner projekte sorteer ook hieronder. Dit kan alle vorme aanneem van graffiti en vandalisme, practical jokes ens. waarmee teenstand teen outoriteit bewys word. Baie van die projekte word dan ook genoem in The Illuminatus! Trilogy en kan die volgende insluit:

  • Project Jake – Een-of tweemaal per jaar word ‘n staatsdienswerker gekies wat die vlak van onnoselgeid heeltemal oorskry. All die sektes sal dan ooreenkom en op dieselfde dag pos na die persoon te stuur, op die sekte se briefhoof, met ‘n ingewikkelde en komplekse politiese vraag wat geen rasionele begrip of antwoord het nie.
  • Projek Pan-Pontification behels die uitdeel van POPE kaarte aan almal wat jy teekom.
  • Projek Graffito en Projek Bumpersticker behels die ontwerp van ‘n Erisian slagspreek en die vertoon daarvan, bv. Your Local Police Is Armed and Dangerous, Legalise Free-Enterprise Murder, Why Should Governments have all the Fun ens.

Een van die groter projekte is POSTERGASM. (GASM vir Golden Apple Seed Mission). Daarmee probeer jy die aandag van voetgangers te kry.

Postergasm - The Filltet Show - Flickr.com

Postergasm - The Filltet Show - Flickr.com

Die Missie: Om posters en biljette en plakkers in publieke plekke op te sit/te versprei.

Die Doel: Om jou onmiddelike omgewing te verander en publieke areas terug te wen. Om mense in hulle allerdaagse gang te verbaas en kreatiewe denke te stimuleer.

Hierdie POSTERGASM’s word aangemoedig om afgeneem te word en op flickr.com te sit met POSTERGASM as ‘n tag.

Postergasm deur Spacedman - Flickr.com

Postergasm deur Spacedman - Flickr.com

Aan die einde – Ek weet nie of ek moet lag of huil nie, dit was wel BAIE interessant! Tot volgende keer!

Bronne: Wikipedia & PrincipiaDiscordia

14 Responses to “on-GELOOF-lik….Discordianism II”

  1. meermin Maart 25, 2009 at 7:12 vm #

    Môre Dmi ek sal later hierdie lange inskrywing kom lees, wil nou eers soveel moontlik bloggers groet voor ons groot work load arriveer!!

  2. demoerin Maart 25, 2009 at 7:14 vm #

    Lekker dag meermin… moenie dit oordoen nie!

  3. betsieboop Maart 25, 2009 at 8:50 vm #

    demoerin – holy hat !!! ok , ek moes hierdie keer drie keer lees!!! wat my wel opval van hierdie storie (geloof werk net nie vir my nie) is

    Lord Foxfire

    ek vermoed ek weet van so polyfather ! :mrgreen:

  4. Pikkelik Maart 25, 2009 at 12:36 nm #

    Nou lag ek so ek dink ek gaan huil…. Nee koek, waarmee gaan mense nog hulle kosbare tyd en breinkrag mors, want lets face it, ek glo daar moet ‘n mate van intellegensie agter hierdie hele konsep sit… Jitte, dit wil dan amper vir my sin maak…. 😈

  5. kaalvoetinireen Maart 25, 2009 at 1:49 nm #

    Dis skreeusnaaks! Terwyl ek so van die Legionnaires lees is al waaraan ek kan dink, die dodelike bakterie wat verantwoordelik is vir Legionnaires disease 😉

    Daai “sign and noseprint” op elke bladsy whahahahahahahahahahahahaha! 😆

  6. Dellie Maart 25, 2009 at 3:17 nm #

    Operation Mindfuck indeed!

    “Hide one. And burn the other. Then consult your pineal gland.” whahahaha! 😆

  7. demoerin Maart 25, 2009 at 6:19 nm #

    😆 Soos julle sê – Operation Mindfuck Indeed! Ek het lanklaas navorsing so geniet. Gaan soek gerus nog van die POSTERGASM by flickr.com – Dit is skreeusnaaks!

  8. Wipneus Maart 25, 2009 at 10:36 nm #

    Whahahahahahaha 😆

    Hou aan met die navorsing asseblief 😆

  9. Wrang Maart 25, 2009 at 11:02 nm #

    Ons glimlag.

    Sal toekomstige ondersoekers soortgelyke ervarings deel wanneer hulle in retrospek die mens se ander, soortgelyke gelowe ontleed?

  10. demoerin Maart 26, 2009 at 6:42 vm #

    Wrang – Ons sal moet wag en sien… watch this space 😉

  11. BB Maart 26, 2009 at 7:36 vm #

    Noseprint each copy??!! *SNORK* – Waaaahahaha!!!
    O jinne hierdie vat die koek:
    “To baptise, bury, and marry (with the permission of the deceased in the latter two cases).” – julle, hierdie peoples het my wragtig oortuig – hell does exist!! and it’s right here – on earth!! 😯

  12. meermin Maart 26, 2009 at 8:13 vm #

    Hoe stel jy my nou teleur, hier kom loer ek gou gou in, en eish dieselfde inskrywing as gister …. jy moet ‘n bevange dag hè!!!

  13. Ysfox Maart 26, 2009 at 10:23 vm #

    Ek moes eers seker maak van vandag se datum, want dit als klink net te verregaande, ek dag dis April’s fool! Liewe genade, ‘send one to the President of the United States’? Is hulle for real? 😆

Lewer kommentaar op betsieboop Kanselleer antwoord