Die Week in ‘n Neutedop….

27 Mar

imgp0838-13Al wat ek wil sê is Halleluja! Die week is om en ek kan die naweek bietjie rus, of probeer altans. Wanweë die feit dat dit bietjie wild gegaan het hierdie week, was ek bietjie skaars en het alles met my blogleestyd gebots. Vandaar die feit dat hierdie week se neutedop meer die vorm van ‘n bylae aanneem.

Die regering sit alweer met hulle vingers in hulle holle en moet vure doodslaan oor die feit dat die Dalai Lama na ‘n vredeskonferensie toe genooi was, maar hulle toe besluit om nie ‘n visa aan hom te gee nie. Die konferensie is nou uitgestel aangesien die ander Nobel vredespryswenners besluit het om die Dalai Lama te ondersteun, en ook aangedui het hulle sal nie daar wees nie. En dit van die regering wat die afgelope 15 jaar menseregte en vrede wyd en suid in die wêreld wil verkondig! Poepholle!

Iets anders wat soos die regering in ons kele afgedruk word. Doef-doef, boem-boem, tra-la-la-la-la (my eie sokkie treffer waarmee ek gaan geld maak). Daar is sekerlik ‘n plek vir alles (en nog wat) op die musiekwinkel rak. En dit bly persoonlike keuse of jy daarna wil luister of nie, ietsie ernstiger met bietjie lyf om gaan dalk nie so lekker by ‘n dronk braaivleis afgaan nie.

Terwyl ons nou musiek praat… BB het die speurwerk gedoen, en ons wil vir Koos welkom heet in wordpress blogland. So gepraat van liedjies – Wat maak Oom Kallie daar?

My uitdaging hierdie week aan almal – Die Circle Fly Projek. Gaan probeer bietjie en ek verwag ‘n volle verslag. Moet my net nie bel nie, ek het nie geld om julle uit te bail nie. Ek weet nie of sorry in die naam van die projek hier gaan help nie – selfs nie eers in inglish nie?

Weergewys lyk dit of dit ‘n wonderlike naweek in Suid-Afrika gaan wees. Lekker naweek van tonne rugby, braaivleis en die wat so gelukkig is – bikini-kyk op die strand. Dit is bleddie lekka in South-Africa!

Nou ja, as pappa nou bietjie uitgerus is na die week en die angel geolie is, en mamma gereed is is al wat oorbly:

Soos gewoonlik my wense vir jou naweek: Lank en aanhoudende, porno-oscar wennende, sluwe, onderwater gutterseks. Onthou om die ligte more aand af te skakel, en onthou mense dit is oefen – nie teel nie. Rosa is watching!

11 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. betsieboop Maart 27, 2009 at 7:21 vm #

    have a good one demoerin!

  2. Sammi Maart 27, 2009 at 8:37 vm #

    Vertel my asseblief jy HET na Alexandra geluister

  3. Pikkie Maart 27, 2009 at 8:43 vm #

    Hie, hie DMI!!! Lekker!!!! (En ek sal ook maar by die oefen bly!)

  4. Mavis Maart 27, 2009 at 9:08 vm #

    Moerige basie nou wat hy es nou weer porno oscar gutterseks mavis wil daai sipho hierie naweek gryp om die goed ‘n try te gee ma elke week jy soek ons moet dit anners doen

    mavis sal onthou om in die donker te sit basie

    enjoy jouse weekend in daai water pype

  5. boendoe Maart 27, 2009 at 10:28 vm #

    Sjoe, die seks raak al beterder en beterder op hierie blog! 😆

  6. Dellie Maart 27, 2009 at 11:02 vm #

    Ek moet bieg – ek is vandag net hier vir die seks!😳

  7. meermin Maart 27, 2009 at 12:43 nm #

    DMI mag jou naweek gatskop lekker wees!!!

    Gee hom gas demoerin, gee hom gas!!

  8. Alta Maart 27, 2009 at 3:43 nm #

    Geniet jou naweek.

  9. corlivandermerwe Maart 27, 2009 at 3:45 nm #

    Ah, naweek. Dis nou wel `n korte vir my aangesien ek Sondag in die 14:00 tot 21:00 skof moet help verseker dat omies op Wepener en Warrenton hulle Volksblad Maandag kan lees. Maar ek gaan hom geniet!
    Julle moet `n lekker naweek hê. Ek gaan beslis more 20:30 my liggies afskakel en by kerslig aan `n glasie rooiwyn teug.
    Groete van huis tot huis!
    C.

  10. Emil Maart 28, 2009 at 9:29 nm #

    Ons huil Blou Bul trane! Ai, teen die Highlanders.

  11. demoerin Maart 30, 2009 at 6:35 vm #

    😉 Ek huil nog steeds blou trane. Ten minste het die Proteas gesorg vir hoogtepunte dei naweek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: