Fans…Die Span of die Sport?

6 Apr

Laat ons begin deur die Blitsbokke hartlik geluk te wens. Met nog 2 reekse oor is hulle al so ver voor dat ek dit betwyfel of een van die ander spanne hulle op die log sal kan inhaal! Die Proteas verdien ook natuurlik ‘n kloppie op hulle skouers, nadat hulle na Vrydagaand se loesing teruggekom het en gister Aussie gat geskop het!

Met beide van hierdie wedstryde was dit wonderlik om te sien hoe vol daardie pawiljoene was. Ek het natuurlik bietjie laat geslaap en kon nie kaartjies vir gister se wedstryd kry nie, en dit sou so lekker gewees het om daar te wees, want die Proteas het mos gewen.

Dit het my net laat wonder. Hulle sê daar is geen meer demoerin as ‘n vrou wat tenagekom is nie…. ek wil verskil – Erger is die ondersteuner wie se span nie wen nie. Ek was laas week Saterdag op uitnodiging by Coca-Cola Park, voorheen bekend as Ellispark. Ek is nie eers ‘n Leeus ondersteuner nie, maar dit was bitter hartseer oor hoe min mense daar was. Die Leeus het nou wel nie gewen nie, maar dit was ‘n wonderlike spanningsvolle wedstryd. ‘n Ongelooflike game rugby om te kon kyk, en die Leeus het hulle harte uitgespeel vir die paar ondersteuners wat wel opgedaag het. Presies dieselfde hierdie Saterdag in Bloem, splinternuwe opgegradeerde stadion. Eerste wedstryd na die opknappings, en NOG minder mense as wat by die Leeus wedstryd was.

Ek probeer om elke Super 14 wedstryd op televisie te kyk. Dit is wonderlik om daardie spanne, en spelers met hulle besonderse skills dop te hou. Ek het al bittermin leë stadions in die oorsese wedstryde gesien, maak nie saak waar die tuisspan op die leer lê nie.

Is die kaartjies net te duur in Suid-Afrika? Sal mense dus eerder betaal om hulle span te ondersteun as daar ‘n goeie kans is dat hulle aan die wenkant gaan wees? Sal dit nie beter vir die unies wees om vol stadions te hê teen ‘n laer prys, as leës teen ‘n duurder prys nie?

Daardie spelers speel nog steeds hulle harte uit, en ek is seker hulle sou daarvan hou as dit met ‘n volgepakte tuisskare is.

6 Responses to “Fans…Die Span of die Sport?”

  1. boendoe April 6, 2009 at 8:12 vm #

    Haai ja, dit voel soos dood in die familie as jou span verloor… :mrgreen:

    Ek weet nie hoeveel toegangsfooie is nie. Is dit duur? Ekself verkies maar om voor die kassie te sit. Jy weet, dan kan mens die bene en boude van naaaaby sien… 😆

  2. Dellie April 6, 2009 at 12:58 nm #

    Het jy gesien hoe vol was daai stadion in Bloem Sondag gepak vir die sokker wedstryd tussen Celtic en Orlando Pirates?

    Ek verkies ook eintlik om by die huis te kyk – vir ons om so ‘n wedstryd by te woon, beteken dit ‘n hele groot trek en al sy rekeninge. Maar ek sal vreeslik graag ‘n wedstyd op Loftus wil bywoon… verkieslik met die Bulle wat wen!😉

  3. Willeklong April 6, 2009 at 11:38 nm #

    Die kassie maak dinge net makliker. SA ondersteuners is erg as hulle span nie wen nie….

  4. demoerin April 7, 2009 at 6:44 vm #

    Ek stem, sekerlik makliker en goedkoper. Maar dit kan nogsteeds nie die gevoel wen van in daardie skare wees nie.
    Ek dink die rugby unies gaan hulle sokkies moet optrek, en dit kan gedoen word as hulle bv. IPL krieket tussen R80 en R100 per kaartjie kan aanbied.

  5. Mavis April 7, 2009 at 8:41 vm #

    yebo moerige basie

    hoe lyk denge by jou

    het jy djy lekker geweekend

    viva amabokke

  6. demoerin April 7, 2009 at 3:43 nm #

    Ek weekend ALTYD lekker Mavis. So lekker dat ek nou met ‘n wegloper snotneus sit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: