Die Week in ‘n Neutedop……

17 Apr

imgp0838-11

Nou ja, ons is halfpad deur April. Paasnaweek is verby, en so ook ons tweede week met net 4 werksdae. Goeie nuus is daar is nog 2 sulke weke. Heehaa! Zuma se saak is intussen teruggetrek, net betyds vir die verkiesing volgende week. Wondere sal my ook nooit verbaas nie, en die ANC is selfs al besig om verskoning te maak vir hulle tekortkominge, en ek dink dit gaan geboorte gee aan nog tonne van die satires. Wonder of hulle ook bang is vir die koekiemonster?

Onthou nou dat volgende Woensdag, 22 April is nie sommer net ‘n verniet dag nie! Jy moet gaan stem – en net dalkies kan ons die ANC wys dit hulle vir te lank, te lekker op die soustrein gery het. Die laaste stasie is verby en hulle moes eintlik maar daar afgeklim het!

Terwyl ons nou oor hierdie wonderlike land van ons praat, ken jy die straat slang? Wie sou in elk geval gedink het dit is slang? Dit is dan alledaagse woorde! Nog ‘n wonderlike ding die afgelope 2 weke was natuurlik dat Aussie gatte behoorlik geskop word in die krieket. Geluk, en dan natuurlik jou plekkie in hierdie Sonskynland van ons vereis natuurlik oopkop, en weet wie jy is en waarheen jy oppad is. Dit is natuurlik wonderlik as mense van jou goeddink, of dinge vir jou doen – dus liefde bewys. Elke mens het maar die soeke na aanvaarding, maar moet jy dalk nie eers jouself vind nie?

En maak al hierdie dink jou bietjie mal – Gryp ‘n drankie en gaan lees die tandem stories as jy nog nie begin het nie – En moenie vergeet om BB se song te gaan luister oor Die Marsmanne nie!

Het ek al genoem julle moet volgende week gaan stem? Wel onthou!

Terwyl die manne almal hulle wel, uhmmmm, lewens verleng bly al oor om een en elk ‘n wonderlike, eksotiese naweek gevul met die beste sluwe, onderwater gutterseks toe te wens. Wees tog net versigtig, julle wil nou nie moet ongelukkies verduidelik nie!

PS. En as jy dit dalk sou wou opneem, stuur tog net bietjie aan. Ons het definitief nie almal dieselfde idee van volwasse vermaak nie😉

PSS. Het ek al gesê julle moet volgende week stem?

24 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop……”

  1. Emil April 17, 2009 at 6:57 vm #

    Wonderlik! Stem, Ja. Stem! Lekker naweek.

  2. boendoe April 17, 2009 at 7:24 vm #

    Go Proteas! (en SOGS!!) 😆

  3. Wipneus! April 17, 2009 at 7:37 vm #

    Ek maak ‘n nota in my brein om te gaan stem…

    Brein gaan jy onthou om te gaan stem??? 🙄

    Dm geniet al daai dinge onder die water…. die naweek het nie ‘n oomblik te vroeg gekom nie, ek is paste!!! 😉

  4. betsieboop April 17, 2009 at 7:39 vm #

    geen wense vir onderwater gutter speletjies hierdie week nie? groot is die teleurstelling!

    people people – gaan trek die kruisies!

    have a good one demoerin!

  5. demoerin April 17, 2009 at 7:46 vm #

    Uhm Betsie, wanner laas was jy by die oogarts?

  6. betsieboop April 17, 2009 at 7:54 vm #

    😆 😆 😆 oh my goodness !!!!!! hoe om jou naam stylvol met ‘n plank te slaan!!!!!

    ek sal dan nou gou ‘n afspraak maak !

  7. demoerin April 17, 2009 at 7:55 vm #

    😆 Hulle sê baie van die onderwater speletjies is uiters goed vir die sig. Sien, miskien kan jy dit in ‘n naweek regstel! Cheap-cheap.

  8. betsieboop April 17, 2009 at 8:10 vm #

    ek sal tog vir liefie laat weet. hy sal tog te bly wees om my te help met my sig probleem . . . .

  9. Pikkelik April 17, 2009 at 8:33 vm #

    Hiehiehie @ Betsie en DMI!!! Betsie ek dink hy het vir jou ‘n proposisie gemaak toe jy sy battery nou net so bietjie wel… natgemaak het!!!! Whahahaha
    Puik soos altyd DMI!

  10. betsieboop April 17, 2009 at 8:51 vm #

    ai pikkelik! ek gaan werklik iets aan my lees vermoë moet doen! ek het daardie propsisie geheel misgelees! nes die gutter speletjies!😆 😆 die week was te lank! bring on the weekend!

  11. Dellie April 17, 2009 at 9:26 vm #

    Whahaha Betsie! Die naweek is op ons!😆

    Go Proteas! En natuurlik… G O B U L L E ! ! !😆

  12. demoerin April 17, 2009 at 9:30 vm #

    Dellie…. PRIORITEITE!
    Eers GOBULLE!!!, en dan Go Proteas!

  13. lanaba April 17, 2009 at 9:31 vm #

    Lekker naweek DM !!!

  14. betsieboop April 17, 2009 at 9:46 vm #

    demoerin – dit is G O B U L L E friend !

  15. boendoe April 17, 2009 at 10:00 vm #

    Nee, goeie fnok! Wat’s fout met julle mense?? 😯

    Bogger die Ossies – GO PROTEAS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! 😆

  16. Zee April 17, 2009 at 12:14 nm #

    GO BULLE!!

    Boendoe, asb, moet ek vir jou ‘n bril laat kry? 😆

    Lekker naweek almal!

  17. demoerin April 17, 2009 at 1:49 nm #

    Sjoe, daar is baie mense met sigprobleme hier rond!

  18. betsieboop April 17, 2009 at 2:04 nm #

    demoerin – jy kan altyd ‘n kliniek oopmaak? net ‘n gedagte. . . Demoerin’s Great GutterSex Eye Clinic

  19. Dellie April 17, 2009 at 2:49 nm #

    Whahaha Betsie, die mense sal toustaan…😆

    Ai, so close, and yet so far away.😦

  20. katjiepiering April 17, 2009 at 8:42 nm #

    hello leiefstdemoerin

    ek is so bly daars mense watdie politiek en krieket ding doen vir mygroete

    kattie

  21. Sonkind April 18, 2009 at 7:24 nm #

    En daar dog ek altyd doofheid is daaraan gekoppel, nou moet ek hoor blindheid ook!😆

  22. betsieboop April 20, 2009 at 7:47 vm #

    sê gou weer sonkind? ek hoor jou nie so lekker nie! 😉

  23. demoerin April 20, 2009 at 8:30 vm #

    Maak tog net oop julle oë en julle ore! damnit, wat het julle die naweek gedoen? Miskien werk die kuur nie so vinnig nie?

  24. betsieboop April 20, 2009 at 9:15 vm #

    huh? demoerin – come again?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: