4/20 of 20/4….

20 Apr

Afhangende van watter datumformaat jy verkies, is die verwysing na 20 April. Wat is besonders aan 20 April sal jy vra? Wel, 20 April is die dag waarop die mense bymekaar kom om cannabis te gebruik ter viering van die dagga-kultuur.

Die oorsprong van 4/20 onstaan uit ‘n storie vanuit San Rafael, California, waar ‘n groep tieners van die Hoërskool om 4:20 pm by die Louis Pasteur standbeeld bymekaar sou kom om dagga te rook. Die tyd was gekies omdat dit die tyd is wat detensie na skool sou verdaag. Die 4:20 pm het toe ontaard in ‘n 20 April teen-kultuur vakansiedag.

Die samekomste ter viering van die dagga-kultuur, en om ter selfde tyd the protesteer teen die onwettigheid darvan groei elke jaar. In 2008 was daar 10,000 mense by die Colorado Universiteit se samekoms alleen!

Nou hoe, wat, waar en hoekom?

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Die genus Cannibis orden onder die familie Rosales in die planteryk. Daar word algemeen 3 spesies erken: Sativa, Indica & Ruderalis. Cannibis word beskryf as ‘n eenjarige, blommende krui. Daar word vermoed dat die plant sy onstaan in dei bergagtige areas Noord-Wes van die Himalayas het. Die oorgrote meerderheid van plante dra manlike en vroulike blomme op verskillende plante, en bestuiwing vind deur die wind plaas.

Nou ek is amper seker dat 99.9% van die teen-onwettigheid betogings gaan oor die gebruik van dagga as dwelmiddel. Dit alles te danke aan die THC (tetrahydrocannibinol) wat jou die “high” gee, teen ‘n baie laer prys as ander dwelmiddels. Daar is egter lande, en ‘n hele paar state in die V.S.A waar die beheerde gebruik van medisinale-cannibis wel

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

 wettig is. Daar is al BAIE navorsing gedoen oor medisinale gebruik en mediese toetse het positiewe resultate gelewer vir voorkoming en/of verspreiding van heelwat siektes en vorme van kanker. Alhoewel daar definitiewe toetse is dat dit die rook van dagga nadelig is vir jou asemhalingstelsel word daar maniere gevind om dit in te asem deur middel van ‘n vapourizer tegniek, of om dit te eet in jou kos.

Cannibis was ten minste al 3,000 jaar gelese gebruik vir medisinale doeleindes, en dan natuurlik weens die “high” effek in spirituele rituele vir die Shimanics uit China, die Pagans tot die hedendaagse Rastafarians.

Daar is natuurlik ander moderne gelowe en spirituele sektes wat die rastafarians gevolg het, en heelwat moderne Gnostic Kerke sien Cannabis as die boom van die lewe. Ander moderne groepe wat Cannabis as sakrament gebruik is die THC Ministry, The Way of Infinite Harmony, Catheism, The Cannibis Assembly, The Church of Cognizance en The Church of The Universe.

Volgense die Rastafari Filosofie : The herb is the key to new understanding of the self, the universe, and God. It is the vehicle to cosmic consciousness.

Nou ja, die besluit bly seker nou maar jou eie… alhoewel jy dit nog huidiglik skelm moet rook of eet. Ek sal eerlik wees, ek is mal oor die reuk! Miskien is dit net ‘n wêreldwye conspiracy om bevolkingsgetalle te beheer en te keer dat ons nie almal 120 jaar oud word nie. Wie weet?

Spacecake: Blykbaar niks met die Astro's te doen nie.

Spacecake: Blykbaar niks met die Astro's te doen nie.

19 Responses to “4/20 of 20/4….”

  1. betsieboop April 20, 2009 at 9:14 vm #

    die cannabis debat kan so lekker wees, maar een ding staan soos ‘n paal bo water 😉 hierdie krui het werklik meer medisinale waarde as wat die skade doen.

    cannabis-teetjie werk soos ‘n bom vir ‘n benoude asma bors en so kan ‘n mens aangaan. ongelukkig moes ons dit mos nou brandsteek en begin kou het…

    en ja – hierdie dame SAL met ‘n plakkaat gaan betoog teen die MEDISINALE waarde van cannabis. as ‘n mens dit beheer kan dit werklik net goed doen.

    om een of ander rede draal die woorde I wanna feel so high ; Ganja mek me feel irie nou in my kop rond!!

  2. demoerin April 20, 2009 at 9:34 vm #

    Update: Ek weet nie of dit per ongeluk is dat hulle dit by Pasteur se standbeeld gedoen het nie, maar soos dit blyk uit die geskiedenis was 20 April 1862 die eerste keer wat die pasteurisasie toets suksesvol gedoen is?

  3. Dellie April 20, 2009 at 9:41 vm #

    Nou ja toe! Daar leer ek weer vandag iets by. Baie interessant.😉

  4. betsieboop April 20, 2009 at 9:51 vm #

    demoerin – ek glo as jy cannabis pasteuriseer kan dit net soveel beter werk😉

  5. demoerin April 20, 2009 at 9:52 vm #

    😆 @ betsie, miskien is dit waar die vapourizing inkom?

  6. betsieboop April 20, 2009 at 9:55 vm #

    demoerin – einste !!! sien hoe slim is jy op hierdie maandag oggend!

    mens moet net oppas vir te veel vapourizing. kan mense verloor so

  7. demoerin April 20, 2009 at 10:10 vm #

    Miskien maak dit jou slimmer ook😉

  8. boendoe April 20, 2009 at 10:13 vm #

    Bring it on! Vandag het ek dit nodig. Medisinaal, natuurlik. 😉

  9. Emil April 20, 2009 at 10:25 vm #

    Yipee! Een dag voor my verjaarsdag, en ons is klaar gerook!

  10. Zee April 20, 2009 at 10:26 vm #

    Eish….

  11. demoerin April 20, 2009 at 10:30 vm #

    @ Emil – En nog verjaardagkoek ook, met Astro’s en alles.

  12. Zee April 20, 2009 at 10:35 vm #

    Plaas julle liewerste smarties gebruik het 😆

  13. demoerin April 20, 2009 at 10:46 vm #

    😆 Zee, baie skerp.

  14. Rochelle April 20, 2009 at 8:58 nm #

    You live and learn… moet se ek het in my jeug wel een of twee keer getry maar dit het net geen uitwerking op my gehad nie…

  15. Sonkind April 20, 2009 at 10:44 nm #

    Ek wil nog eendag vir my baas sulke muffins bak – ek dink sy het nodig om bietjie te “chill” 👿

  16. demoerin April 21, 2009 at 8:22 vm #

    Sonkind, ek dink daar is BAIE mense wat sulke muffins nodig het!

  17. Wipneus! April 21, 2009 at 11:31 vm #

    Kry mens die goed in Koek? 😆 Hê waar was ek nog die heeltyd???

    Ek kan aan ‘n hele paar mense dink vir wie ek so stuk koek wil gee!!! :mrgreen:

    Laat ek Pick and Pay gaan vra of hulle hierdie belangrike bestandeel aanhou!!!

    Demoerin sal ek dit by die Groente en vrugte afdeling kry???

    Dis dringend dat ek nou aan die bak gaan!!

  18. demoerin April 21, 2009 at 4:26 nm #

    As jy self bak kan jy dit in enige vorm kry Wippie!😆 @ Pick & Pay

  19. rosalindfranklin April 26, 2009 at 6:16 nm #

    Onthou die mense elke jaar die datum? ek wonder . . .

    “voorkoming en/of verspreiding van heelwat siektes en vorme van kanker” ROFL!!!! — voorkom kanker, daai gee jou 100 keer gouer keel of longkanker as enige sigaret.

    dit help dalk teen pyn, maar pethidine en morfien help beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: