Hitch… The Master of Suspence

29 Apr

Op 29 April 1980 is Sir Alfred Joseph Hitchcock oorlede na byna ses dekades in die film bedryf en meer as 50 vollengte flieks onder sy regisseurskap. ‘n Leeftyd toegewy aan die fliek en die filmbedryf.

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

“The length of a film should be directly related to the endurance of the human bladder”

Oral bekend as “The Master of Suspence” het Hitchcock eers in die “silent” films en toe later in die “talkies” sy genieskap nagelaat vir moderne vervaardiging- en kamera tegnieke. In slegs 5 jaar het Hitchcock flieks onder sy direksie gehad, na sy begin as titelontwerper vir stil films.

Dit was maar nog in die begin van die filmbedryf en Hitch het baie vinnig, en baie duidelik laat blyk dat hy sy stempel op die film-revolusie gaan afdruk. Hitch het vir ure saam met die skrywers gewerk en elke fliek tot on die fynere detail uitgewerk, en gememoriseer voor daar met enige verfilming begin is.

Sy tegnieke vir die skep van naelkou afwagting en die verfilming van psigologiese rillers wat jou op die punt van jou stoel hou was so uniek, en effektief, dat dit nog steeds in moderne verfilming gebruik word. Onder sy direksie het dit natuurlik beteken dat die top akterurs en aktrises nooit nee gesê het vir ‘n Hitchcock fliek nie, alhoewel dit bekend was dat sy verhoudings met die akteurs nooit baie goed was nie.

Met flieks soos Dial M for Murder, Lifeboat, Vertigo, To Catch a Thief, The Man Who Knew Too Much, North by Nortwest en Psycho is dit duidelik hoekom hy so suksesvol was. Dit was dan ook net natuurlik dat Hitchcock ook ‘n televisie-drama reeks, Alfred Hitchcock presents aangepak het.

Alhoewel Hitchcock 6 Oscar nominasies vir sy direksie van die flieks Psycho, Rebecca, Lifeboat, Spellbound, Rear Window en produksie van die fliek Suspicion ontvang het, het hy nooit een gewen nie. Hy het wel die Irving G. Thalberg Memorial Award in 1967 ontvang. 16 van die flieks waarby hy betrokke was, het ‘n totaal van 50 Oscar nominasies verwerf!

Ses dekades is ‘n leeftyd toegewy aan iets waarvoor hy lief was. Ons lewens is ook maar net ‘n baie lang fliek wat op ‘n silwerdoek afspeel. Jy die skrywer, regisseur, verwaardiger en in beheer van die produksie. Leef jou rol so dat dit ‘n Oscar werd is, en die mense om jou nie na 10 minute die teater wil verlaat nie.

As jy eendag op jou sterfbed lê, en jou lewe soos ‘n fliek voor jou oë afspeel, moet dit die moeite werd wees om na kyk. Elke dag ten volle: Geen spyt: Leer uit jou foute.

Bron: Wikipedia

5 Responses to “Hitch… The Master of Suspence”

  1. boendoe April 29, 2009 at 8:18 vm #

    “The Birds” het my as kind geknak en gekwets. Ek sou dalk soveel anders gewees het vandag as my ouers net van ouderdomsbeperkings geweet het. :mrgreen:

    Ernstig nou. Ek is MAL oor jou laaste 2 paragrawe! 😉

  2. betsieboop April 29, 2009 at 8:34 vm #

    Rebecca – het al amper vergeet ek het daardie boek gelees. weet nie of dit dieselfde is nie – maar ek is mos redelik bekend vir die feit dat ek my naam stylvol met ‘n plank slaan hier!!!

    ek probeer werklik om elke dag wat vir my gegun word met albei my hande aan te gryp en maksimum te leef. nie altyd so maklik of lekker nie – maar ja – LEEF die lewe!

    weet steeds nie of my lewe soos ‘n komedie of tragedie afspeel nie, maar ek geniet dit!

  3. Wipneus! April 29, 2009 at 8:51 vm #

    Ek mik elke dag vir daai Oscar!! Eendag sal ek ook nog daar staan! Watch!!

    And I wanna thank Stephen Spielberg, my husband, kiddies and Demoerin …..

  4. demoerin April 29, 2009 at 9:40 vm #

    @ Boendoe – The Birds is uitstekend!
    @ Betsie – Komedie of Tragedie, of riller of drama maak nie saak nie, solank dit die beste een moontlik is!
    @ Wippie – Solank mens net aanhou mik!

  5. Pikkelik April 29, 2009 at 4:30 nm #

    Kan ‘n man met so ‘n mooi smile en wat so vriendelik lyk sulke gruwelike grillerige stories uitdink??? Toegegee sy flieks was goed, maar jeits… not to my taste… Ek is maar hier diep binne ‘n bangbroek… rerig…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: