Die Week in ‘n Neutedop….

8 May

IMGP0838-1

Die eerste 5 dag week in ‘n lang tyd het uiteindelik tot ‘n einde gekom. Party mense was mos lekker op vakansie. Dellie se tandemstorie inisiatief is nog aan die gang. My en Sonkind se storie trek nou al by Hoofstuk 4, amper 2,700 woorde later… en dit is nog steeds hope pret! As jy nog nie het nie, gaan lees bietjie hierdie een van erdwurms en borste en snoek… so iets.

Skop af met so bietjie nostalgie, en pragtige foto’s van die mooiste suidpunt van enige kontinent. en angesien ons sulke wonderlike weer het, moet julle maar wegspring in die tuine, miskien eendag, sal jy ook SO kan spog. As jou hande vuilmaak en in dei grond grou nou nie jou ding is nie, kan jy dit blykbaar deesdae virtueel doen… ek is net nie seker of die satisfaksie dieselfde is nie?

As die tuin nou mooi lyk, gaan dink bietjie gerus weer oor hierdie ding waarvoor ons almal so lief is. Bloging is partykeer mos maar soos dagboek hou, afhangende van wat jou blog se doel is. Hopelik gebeur daar egter meer dinge in jou lewe, as net iets om EEN keer per maand op te teken. As mens mooi gaan dink is daar egter baie interessante dinge wat gereeld met jou gebeur. Sommige kan selfs bietjie onverklaarbaar wees, of dalk nie so onverklaarbaar nie?

Versier jou tuintjie met ‘n geldpadda of twee, of drie…miskien vier (afhangende van jou situasie) of as jy ‘n GROOT tuin het ‘n bok of twee, maak egter net seker van hul gesondheidstoestand! en dan om goed uit te rus… vat die pad na ‘n plaas toe. Ek proe al daardie pofadders, vars brood, hope biltong en natuurlik – KAIINGS!

En hopelik is hierdie nie my “famous last words” nie.

As Mamma nou klaar na die wasgoed omgesien het, en Pappa het nie ‘n rooikaart vir sy binge saam met die manne gekry nie (en die kloppende hoof het bedaar) bly daar net een ding oor, en dit is om een en elk ‘n propvol naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater, gutterseks ooit toe te wens.

7 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. Wipneus! Mei 8, 2009 at 8:18 vm #

    Dankie vir ons neutedop Dm – geniet jou naweek onder die water!! 🙂

  2. boendoe Mei 8, 2009 at 8:29 vm #

    5 slapies wat tussen my en die BSOGS staan. 😉

    Lekker naweek, Demoerintjie!

  3. betsieboop Mei 8, 2009 at 8:30 vm #

    prettig soos altyd! dankie vir die water toewensing! jip – ek het dit hierdie week darem raak gelees!

    die kliniek is voorwaar ‘n sukses 😳

  4. Pikkelik Mei 8, 2009 at 8:31 vm #

    Ag lekker!!! Geniet die naweek! (en die beste, sluwe, onderwater, gutterseks denkbaar… met beskerming natuurlik)…

  5. Emil Mei 8, 2009 at 8:57 vm #

    LOL Lekker naweek vir jou ook! Alles in moderasie. Behalwe die meeste dinge LOL

  6. Rustig Mei 8, 2009 at 9:31 vm #

    Nog ‘n week is verby! Vrolike alkohol vrye naweek vir jou!🙄

  7. Dellie Mei 8, 2009 at 11:23 vm #

    Ons het tog gisteraand pap en kaiings geëet, whê!😆 Dit was heeeerlik!

    Lekker naweek vir jou ook!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: