In die land van die blindes……

11 May

In the Land of the Blind, the one-eyed man is King

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Land of the Blind is ‘n politieke satire wat rondspeel met gedagtes rondom liberasie en demokrasie. Ek het lanklaas ‘n fliek soveel geniet, en daarom is dit dat julle nou vandag vir die eerste keer ‘n resensie by Demoerin se Wêreld vind.

Die fliek het in 2006 al by kunstefeeste rondom die wêreld sy buiging gemaak, maar ek het dit Saterdag vir die eerste keer by die nuwe vrystellings in my plaaslike video-winkel raakgeloop.

Die storie handel om Joe (Ralph Fiennes) wat terugdink aan sy eerste ontmoeting met ‘n politieke gevangene Thorne (Donald Sutherland). Thorne is deur die heerser van die land, Maximillian II in die tronk gegooi oor ‘n stuk wat hy geskryf. Die res van die storie handel dan verder oor die liberering van dei land en gevolge daarvan.

Ek wil nie te veel uit die mou laat nie, maar wil dit definitief aan almal aanbeveel vir ‘n lekker aand van kykgenot. En dan kyk jy hom ‘n tweede keer om van die beste “lines” in ‘n onlangse fliek weer te hoor,  en dan ‘n derde keer om historiese verwysings raak te sien.

Een van my gunsteling stukkies is die begin van ‘n fliek – ‘n TV nuusuitsending-

[first lines]
Anchorwoman: So many fond memories of Maximilian the First on the tenth anniversary of our glorious leader’s death.
Anchorman: Many of course doubted that his son and heir, Maximilian II, could live up to the example of his charismatic father. But the man affectionately called Junior has valiantly continued against the pesky rebellion, led by the playwright turned terrorist, John Thorne.
Anchorwoman: Once derided as the playboy Prince more interested in the movie business, the President-for-life announced today that he would not rest until he has rid the country of these criminals whom he called, quote, “Really bad guys”. In a gesture of goodwill to the commemorate his father’s memory, the President today also commuted the sentences of several men condemned to the gallows today, sending them to the guillotine instead.
Anchorman: Papa would have been proud.

En dan nog net enetjie –

  • Re-education Camp Director: What is the color of the sky?
  • Camp Detainees: Red. 
  • Re-education Camp Director: And what is red?
  • Camp Detainees: Red is the color of the blood of the martyrs.
  • Re-education Camp Director: And what is the law?
  • Camp Detainees: Not to eat meat. Are we not men?
  • Re-education Camp Director: And what have we learned?
  • Camp Detainees: The nail that sticks up gets hammered down.

7 Responses to “In die land van die blindes……”

  1. boendoe Mei 11, 2009 at 7:59 vm #

    Og, sommer guillotine toe?? 😯 Dit klink nogal na ‘n fliek om te sien, DMI! Sal so maak! 😉

  2. betsieboop Mei 11, 2009 at 8:42 vm #

    in the land of the blind, the one-eyed man is king …

    sal tog uitkyk hiervoor. dankie demoerin.😉

  3. kaalvoetinireen Mei 11, 2009 at 12:39 nm #

    Klink heel goed! Sal plan maak om dit aan die hande te kry hier waar ek is!
    Dankie vir die share😉

  4. Girl van die Suburbs Mei 11, 2009 at 1:24 nm #

    Sjoe, ek kan nie dink dat ek al hiervan gehoor het nie en dit is al ouerig?

    Met ou Donald en Ralph in die hoofrolle dink ek dit mag dalk die moeite werd wees om te kyk!

  5. koeksister Mei 11, 2009 at 4:07 nm #

    Sal bietjie uitkyk hiervoor, klink goed

  6. demoerin Mei 12, 2009 at 6:55 vm #

    Definitief die moeite werd!

    Nog ‘n line as lusmakertjie:
    Re-Education Camp Director: Stale bread is better than nothing and nothing is better than a big juicy stake. Therfore stale bread is better than a big juicy steak.

  7. BB Mei 12, 2009 at 8:51 vm #

    Jip jip!! 😆 @ stale bread… but that’s not to say red meat is not bad for you… Now blue-green meat – thát’s bad for you!:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: