Handjies Klap….Koekies Bak….

13 May

Welkom in die kleuterskool, andersins bekend as Suid-Afrikaanse politiek. Die stemmery is verby, die nuwe President is ingehuldig, die nuwe kabinet is ingehuldig, die nuwe Premiers is ingehuldig, die nuwe provinsiale kabinette is ingehuldig…. skrik nou wakker en doen julle werk!

Geen vlak van moddergooiery gaan enige huidige verskil aan enige van die bogenoemde maak nie! Die water is onderdeur die brug en daar moet nou werk gemaak word van beloftes hou.

Dit is daarom dat ek graag sal wil sien dat Mev. Zille en die ANC Jeugliga hulle inkleurkryte vir inkpenne inruil en skouer aan die wiel sit in die grootmenswêreld. Die oor en weer beskuldigings en absolute onvanpaste, simpel beledigings neem kosbare tyd op, terwyl hulle veronderstel is om na die welstand van hulle kiesers om te sien.

Ek is verder ook al klaar teleurgesteld in President Zuma wat pragtige en mooi woordjies by elke geleendheid na die ANC se oorwinning spreek. As jy baas van die plaas wil wees, moet jy nou jou stem begin dik maak. Hierdie is jou eerste kans om hierdie mense onder beheer te kry,  sodat hulle op werk in plaas van kleispeel kan fokus. “Geen kommentaar” behoort nie die antwoord vanaf die President of vanuit die Presidensie te wees nie!

Hierdie bied nou ‘n ideale geleendheid vir ‘n pak slae – en om te wys dat jy Mnr. Zuma – meer binnegoed as bek is!

PS. En laat iemand tog net asseblief die ANC Jeugliga vertel van MS Word. Daardie program wat spelling en sintaksfoute kontroleer!

15 Responses to “Handjies Klap….Koekies Bak….”

  1. betsieboop Mei 13, 2009 at 7:58 vm #

    snaaks genoeg het ek vanoggend – terwyl die nuus my vermaak het – oor presies hierdie onderwerp gewonder.

    nog ‘n suksesvolle demokratiese verkiesing is afgehandel en steeds is blou boggerol gedoen om die leë verkiesings beloftes te vervul.

    inteendeel – NOU speel die kinders EERS lekker. die een wil nie werk nie, daardie een moan te veel, hierdie een is te wit, daardie een te swart en so kan ek aangaan. die koerante en televisie het ‘n fees en ons as deursnit mens , wat hoop op transformasie en verandering, sit en verkyk ons aan die politieke-sepie wat afspeel.

    ek kan nie anders as om die volgende te dink nie : same story different music ….

  2. Zee Mei 13, 2009 at 8:46 vm #

    Eish, ek verstaan niks van die politiek nie….
    maar aangesien jy nou van koekies bak praat……..
    Z het net gisteraand vir my “handjies klap, koekies bak…… en iets van ‘n eier” gesing.
    Ek dink ek moet gou die woorde gaan opsoek dat ek dit saam met hom kan sing🙂
    Enige iemand wat die woorde ken😆

  3. Emil Mei 13, 2009 at 9:58 vm #

    Jip, amen!!

  4. Pikkelik Mei 13, 2009 at 10:10 vm #

    Zee – Handjies klap,
    koekies bak,
    bring die meel,
    nie te veel,
    klits die eier gou-gou,
    lekker eet ons nou-nou!
    DMI – Wanneer ons weer in hierdie land kan sing, ‘lekker eet ons nou-nou’ is die groot vraag!

  5. demoerin Mei 13, 2009 at 10:34 vm #

    😆 Miskien kan dit die nuwe Political Rally song word!

  6. Zee Mei 13, 2009 at 11:51 vm #

    Ek het net geweet iemand ken ons nuwe Political Rally song🙂 Tkx Pikkie!

  7. Pagoda32 Mei 13, 2009 at 12:23 nm #

    Sorry! Wil nie noodwendig spam nie! Kom loer in by Die Werf. Ons eerste verjaardag is op pad en ons het ‘n lekker kompetisie aan die gang gesit waar enigiemand kan inskryf! Brein skenk iets massief as die eerste prys!!!

  8. boendoe Mei 13, 2009 at 5:45 nm #

    Ja-nee, ek is nou al dik vir Helen Zille se moddergooiery. Plaas bly sy stil en WYS hulle deur resultate.

  9. boendoe Mei 14, 2009 at 8:55 vm #

    Maar ten minste lees ek vanoggend die ANC distansieer hulle van die ANCYL uitsprake. Good!

  10. demoerin Mei 14, 2009 at 1:21 nm #

    Ek het gehoop vir bietjie MEER as distansieer. Maar nou ja, varke vlieg nog nie😉

  11. Sammi Mei 14, 2009 at 2:26 nm #

    Helen het reageer op die aantygings van die ANC oor haar all male parlement. Daardie stuk is uit verband geruk aangesien dit maar een sin in die hele brief was wat sy aan die media gerig het nadat hulle (die media) vereis het sy moet verduidelik oor hierdie aanstellings. Aan die einde van die dag, SAL hierdie spelende klomp kinders wat nie wil werk nie, wel ‘n stok vir haar kry. Hoe dan anders?
    Plaas dat hulle, soos sy, begin aandag skenk aan diensaflewering. After all, die laaste keer wat ek gekyk het, was mev Zille wel vrou.
    Belaglike klomp retoriek
    Soos Skoor eenkeer gesê het: Politiek, Polimiek – maak my siek.
    Helen daarenteen is ‘n leier.

  12. Johan Swarts Mei 15, 2009 at 12:35 vm #

    lol@spellchecker

    het hy al klaar gesê nou comment?!

  13. Johan Swarts Mei 15, 2009 at 12:35 vm #

    *no

  14. demoerin Mei 15, 2009 at 7:09 vm #

    Ja Johan, sy eerste reaksie sommer dieselle dag wat die woordbomme rondgevlieg het.

  15. Johan Swarts Mei 15, 2009 at 11:43 vm #

    what a n00b.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: