20 Mei…. “profound”

20 May

“History is a guide to navigation in perilous times. History is who we are and why we are the way we are.’

– David C. McCullough –

Ek weet nie of daar in Afrikaans so ‘n beskrywende, rollende van die tong af woord soos “profound”  is nie. 20 Mei in geskiedenis blyk profound te wees!

Nie net het Levis Strauss en Jacob Davis ‘n patent in Amerika geregistreer vir blou denims met klinknaels nie, maar die eerste gevangenes het ook by Auschwitz konsentrasiekamp opgedaag. Op 20 Mei 1983 is die eerste publikasie oor die vind van die HIV virus gemaak. Drie gebeure wat ‘n ongelooflike groot invloed op ons lewe, soos wat ons dit vandag ken gehad het.

foto: confusedvision @ flickr.com

foto: confusedvision @ flickr.com

Ons kan verder dan ‘n paar honderd jaar terug gaan. Name soos Christopher Columbus en Vasco da Gama het letterlik in hoofopskrifte verskyn rakende hulle ontdekkingsreise. Op 20 Mei 1506 is Christopher Columbus oorlede, en op hierdie selfde dag in 1498 het Vasco da Gama die eerste Europeër geword om Indië per see te bereik.

Ek dink die mens het altyd nog die gogga gehad om rond te beweeg en bietjie avontuur te ervaar. Vandag wel in ‘n kleiner mate as voorheen, as ons byvoorbeeld op vakansie gaan, of dit nou in jou eie land of oorsee is – met natuurlik heelwat makliker maniere van reis byvoorbeeld die vliegtuig wat jou in minder as ‘n dag van Suid-Afrika na Europa kan neem, waar dit skaars 100 jaar terug maande per skip geneem het.

foto: caveman 92223 @ flickr.com

foto: caveman 92223 @ flickr.com

En om ons nog verder met ons reise en planne te help, is die eerste moderne Atlas op 20 Mei 1570 deur Abraham Ortelius uitgereik.

Party van dit klein stappies, maar wat die fondament vir verdere en grotere werk deur ander gelê het, om ons lewens vandag beter, en gemakliker te maak as wat dit selfs 50 jaar gelede was.

En hoekom weet ons dit alles – Want iewers het iemand besluit om dit op te teken, en behoue te laat bly vir die nageslagte. Herodotus was ‘n Griek wat ongeveer in die 5de eeu BC geleef het. Hy het lang reise onderneem om die Meditereense en Swart See – en die moeite gedoen om alles neer te skryf wat hy ervaar en gehoor het. Hy word deur baie as die “Vader van Geskiedenis” beskou en is heel moontlik die eerste opskrywer van geskiedenis gebeure in so ‘n volledige en gedetailleerde vorm.

Voorwaar ‘n merkwaardige dag in geskiedenis – Maar ek wil vandag vir Herodotus salueer, en al die geskiedkundiges na hom, wat die moeite gedoen het om die geskiedenis op te skryf sodat ek en jy ook kan verstaan hoe die wêreld gekom het tot waar ons vandag is…. en dan natuurlik die nuuskierigheid te prikkel om self ook daar ‘n draai te gaan maak!

“Anybody can make history, only a great man can write it”

– Oscar Wilde –

 

9 Responses to “20 Mei…. “profound””

  1. Zee Mei 20, 2009 at 9:40 vm #

    Vandag het ek my enigste Levi aan (ook net omdat dit op n special was🙂 )
    Toevallig of was dit my instink wat gesê het vandag is die dag dat jy hom moet dra?

  2. demoerin Mei 20, 2009 at 11:51 vm #

    😆 Zee, a profound decision this morning ?

  3. Emil Mei 20, 2009 at 2:56 nm #

    Dis ‘n wonderlike inskrywing. Saam met wetenskap en filosofie voltooi geskiedenis die driehoek van kennis. Soos Cicero reken: “To remain ignorant of what happened before you were born is to remain always a child.”

    Geskiedenis is ‘n kuns wat skep, maar ook ‘n wetenskap wat ontdek! Historia, om te ontdek; historikos, die verteller en historeon, die navraer!

    Ek het nooit besef die belangrike dinge wat op hierdie dag gebeur het nie. Jy het my nou geinspireer om ietsie oor geskiedenis te besin😮

  4. Die Brein Mei 20, 2009 at 11:53 nm #

    Eks mal oor Geskiedenis, dis ryk en interessant en absoluut leersaam.Ja die verlede is deeglik, weldeurdag, diepsinnig, heilig,boeiend en hoogsbelangrik vir ons voortbestaan.Daarsonder kan mens nie die lewe aanpak nie.

    Dis amper `n lig vir ons pad, `n rigtingwyser en soos Emil se dis ook `n wetenskap wat ontdek.

    Abraham Ortelius was dan ook die eerste “Garmin GPS” as jy sou verdwaal.(lol)

    Dankie vir die insiggewende stuk.

  5. Kaalvoetinireen Mei 21, 2009 at 6:27 vm #

    Goeie inskrywing! Dit was ‘n baie goeie vriendin se verjaardag, so maybe doen sy ookiets wat in die geskiedenisboeke opgeteken kan word😉

  6. demoerin Mei 21, 2009 at 6:56 vm #

    Die snaakse is dat ek nooit Geskiedenis na St. 8 op skool gehad het nie, maar tog nog altyd die ongelooflike lus gehad het om onophoudelik daaroor te lees.
    Ek moet met Cicero stem soos Emil waar Emil aanhaal… en dan som Brein dit so goed op – heilig!

  7. BB Mei 21, 2009 at 7:57 vm #

    Profound = Diepsinnig
    Supercool inskrywing DMI!!
    My geskiedenisonnie het eendag gesê: as jy nie in geskiedenis belangstel nie, stel jy ook nie in jou herkoms belang nie – dan’s jy soos ‘n blaar wat nie weet dat hy deel is van ‘n boom.
    Ek wonder tog hoeveel mense besef nie dat geskiedenis van hulle gaan ‘weet’ nie…😕

  8. demoerin Mei 21, 2009 at 2:26 nm #

    Ja BB!
    Gebeure hierdie afgelope week het my weer bietjie aan dei dink gesit…. met die besef dat alles wat ons doen deel is van jou eie geskiedenis, of dit raak ook iemand anders sin.

  9. rosalindfranklin Mei 21, 2009 at 3:45 nm #

    Dit is ‘n wonderlike aanhaling, mens kan eintlik nie daarop verbeter nie. Ons is wat ons is oor die geskiedenis, onlosmaaklik verbind daaraan.
    dankie heerlik gelees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: