Die Week in ‘n Neutedop….

29 Mei

IMGP0838-1Vyf maande van 2009 lê agter die rug. Scary as jy dink aan als wat jy nog hierdie jaar jouself belowe het om aan te pak. Skouer aan die wiel mense! Moenie nou al jou drome en voornemens opgee nie…. Droom, want eendag is eendag…. al is dit ook nou fake! Doen watookal jou haarstuk terugblaas, want jy moet elke aand in die spieël verantwoording aan jouself doen.

Een van die dinge wat ons maar meer kan doen, is om te sê wat ons dink. Lig daardie opinie. Ek glo nie ons gesef hoe gelukkig is ons om in ‘n land te lewe waar vryheid van spraak, een van die hoekstene van demokrasie, elke dag uitgeoefen kan word nie. Ons sien selfs hoe die politici goed werk maak daarvan, dink maar net aan die onlangse Zille vs. Malema spektakel.

Ongelukkig is daar lande wat daar nie net wenkbroue gelig word, of jy oor die vingers getik word, as jy nou byvoorbeeld die staat sal kritiseer nie. Dit is baie hartseer, veral waar mense verhoed word om vir hulleself te dink. (So as ek nou in die volgende paar weke spoorloos verdwyn – begin by die inskrywings op my nuutgestigte Poephol Ererol soek.)

Ons sien onlangs nog die geval waar ‘n Special Assignment uitsending oor politieke satire al twee keer stopgesit is weens politieke druk by die SABC. Gelukkig is daar plekke wat nie polities verbind is nie, en kan die insetsel my M&G besigtig word.

Ons bly tog maar net mens, en voor ons te ernstig raak is daar ‘n geskenkie vir die mans en die dames. Daar is ook ‘n paar wenke wat handig te pas sal kom (en dalk jou oë sal laat rek in ongeloof), veral as jy sien wat ouma kan aanvang met te veel tyd op haar hande (dit seker nou nadat al SABC se sepies van die kassie afgehaal is.)

En net omdat ek hard gedink het, en weet ek is reg, gaan hierdie naweek nie GRYS wees nie – Maar BLOU, in elke skakering wat jy kan voorstel.

En daarom is al wat oorbly, om julle ‘n naweek gevul van hoek tot kant van die beste, sluwe, onderwater gutterseks moontlik toe te wens. Ek gooi selfs scuba-gear in hierdie week, aangesien julle slegs mag opkom vir 2 ure laat moremiddag – die TV gaan noggie onderwater werk nie!

8 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. BB Mei 29, 2009 at 7:50 vm #

    Whooooooooooooooohoooooo!! Just came to get me my usual dose of weekend wishes!! Thank you kindly 😉

  2. boendoe Mei 29, 2009 at 8:01 vm #

    Same here! Lekka naweek, DMI! 😉

  3. Zee Mei 29, 2009 at 8:49 vm #

    :Lekker naweek vir jou ook, hopelik maak jy dit om die 2 ure moremiddag bo water te wees, ek kan dalk net die game mis 😆

    Soos gewoonlik, was daar iets wat ek gemis het!

  4. emil Mei 29, 2009 at 8:49 vm #

    Lekker naweek! Blou bulle go!

  5. Rustig Mei 29, 2009 at 9:12 vm #

    Vreugdevolle naweek vir jou! Lange hier in my geweste!

  6. meermin Mei 29, 2009 at 9:50 vm #

    DMI lekker naweek !!!

  7. demoerin Mei 29, 2009 at 11:34 vm #

    @ Rustig – Dink julle het veels te veel bank holidays!

  8. Wipneus Mei 31, 2009 at 7:54 vm #

    Geen twyfel vandag oor wie die beste span is nie. 😆 Hoop jy hou lekker naweek Dm.

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord