Alles is blou… en groen… en Zuma!

1 Jun

bbwallpaperF150

Die Bulle het die knoop deurgehaak, in ‘n ongelooflike spel Rugby Saterdag. Ek gaan niks verder sê nie – die game het klaar alles gesê!

mariusschoeman_8063_sq_full-lnd

En net om die naweek nog beter af te sluit, is die Blitsbokke gekroon as die 2008/2009 IRB Sevens World Series kampioene. (En hulle kon Edinburgh ook as ‘n wen gehad het as die blinde Assistent Skeidsregter sy flippen brille opgehad het…. maar gedane sake.)

En wat my geirriteer het….. President Zuma se “Good Luck” praatjie vir die Bulle, wat een maal te veel uitgesaai is – Ja, Mnr. Zuma, dit gaan goed met sekere sport in Suid-Afrika – Definitief nie te danke aan die regering nie!

15 Responses to “Alles is blou… en groen… en Zuma!”

  1. Die Brein Junie 1, 2009 at 7:44 vm #

    Baie beslis nie te danke aan die ANC regering nie, soos jy tereg sê.Dis omdat dit deur die regte mense geadministreer word.En omdat dit SPRINGBOKKE is en nie Proteas nie.

    Geluk met jou span, en ek dink ons gaan die sterkste Springbokspan in jare he.

  2. Die Brein Junie 1, 2009 at 7:47 vm #

    Ek moet byvoeg dat die Bulle gedetermineerd was, met krag, spoed, verstand en flair gespeel het.

    Maar die Leeus en Cheetahs wag vir julle in die Curriebeker bra!!

  3. demoerin Junie 1, 2009 at 7:51 vm #

    😆 Die Cheetahs en Leeus sal dalk bietjie geluk hê omdat 80% van die Bulls in die Springbokspan gaan wees.😉
    Nee, daai game was ongelooflik. Al die spelers het net geclick en dit het ‘n formidabele span veroorsaak! 8 drieë in ‘n finaal!

  4. Die Brein Junie 1, 2009 at 8:09 vm #

    Ja as die kat weg is , is die muis baas en as julle weer voltallig is gaan die outjies wat hier gebly het jul mors.

  5. Johan Swarts Junie 1, 2009 at 10:36 vm #

    die brein – dude, reg geadministreer kan ek mee saamstem, maar “omdat dit springbokke is en nie proteas nie”?

    komaan…

  6. demoerin Junie 1, 2009 at 11:05 vm #

    Ag die Springbokke sal altyd Springbokke wees, net soos ek die gevoel het dat Pretoria altyd Pretoria sal wees.

    ‘n Interessante vraag wat hieruit voortspruit is: Die Springbokke is ‘n BAIE groot handelsmerk en miljoene word gekry van sponsors soos Sasol – Sal deiselfde geld nog invloei as die span enigiets anders as Springbokke is?

  7. Sammi Junie 1, 2009 at 11:32 vm #

    Jis, het ek darem lekker gekry toe die Bulle daai Kiwis so klap…tot in my kleintoontjie in, gits – dit krul nounog om.
    Ag man, vergeet van Zooma hulle leef in alle geval op geleende tyd en hul weet dit.
    VOORWAARTS SPRINGBOKKE!!!
    VIVA!!

  8. Emil Junie 1, 2009 at 12:29 nm #

    Chelsea. Bulle. Alles is blou. Met ‘n spatsel groen!

    Blou!

  9. kaalvoetinireen Junie 1, 2009 at 2:18 nm #

    Bly ek het daai praatjie gemis, maar ek het verseker die game gekyk! Dit was super!!!

  10. meermin Junie 1, 2009 at 2:46 nm #

    Geluk aan die Bulle, dit was ‘n wow game!!! Was ek nou bly toe Wynand Olivier THE MAN OF THE MATCH is … hy is vir my moer mooi !!!

  11. demoerin Junie 1, 2009 at 3:02 nm #

    @ Meermin – Hy speel ook goeie rugby.

  12. Girl van die Suburbs Junie 1, 2009 at 9:32 nm #

    Sulke mondjies moet jam kry! Wie skree nou vir ‘n ander span?

  13. H1N1 Junie 2, 2009 at 5:57 vm #

    Jammer dat Zuma se praatjie jou “irriteer” . Daar is dalk ‘n ander hoek om daarna te kyk. http://boerestront.wordpress.com/2009/06/01/kommin-bull-ondersteuners/#comment-8

  14. demoerin Junie 2, 2009 at 7:22 vm #

    @ H1N1 – Daar is nie ‘n ander hoek nie – maar net my beskeie opinie.

  15. Sammi Junie 2, 2009 at 9:25 vm #

    Ek skaar my beskeie opinie by joune dm

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: