State of the Nation…..

3 Jun
holtphoto @ flickr.com

holtphoto @ flickr.com

Dit behoort eintlik ‘n kort en kragtige praatjie te wees…. KAK.

Ek hoop ek is verkeerd, en hou my vingers en tone gekruis maar ek dink ons gaan soos gewoonlik van die volgende sien:

  • Geen commitment
  • Ons het al soveel gedoen in die laaste 15 jaar om die lewe na apartheid te verbeter – maar ons weet daar is nog te doen
  • Alles is ‘n 5 jaar plan – Selfs 15 jaar later bly dit 5 jaar planne
  • Korrupsie gaan nie geduld word nie – Ook al voorheen gehoor?
  • Beter gesondheidsdienste, skole, huise, werk ens. ens.
  • Blah, blah, blah flippen blah

Maar soos ek sê, ek het iewers in my binneste ‘n greintjie hoop dat ek nie weer die pappagaai-koor gaan hoor nie en dat ons President gaan ontaard in ‘n leier. Dalk is dit maar net pie-in-the-sky….. maar net dalkies vlieg daar later vanmiddag ‘n vark by my venster verby.

9 Responses to “State of the Nation…..”

  1. H1N1 Junie 3, 2009 at 7:53 vm #

    Nou wat sal jy graag dan wil hoor?

    Ek stem saam dat bg op die agenda sal wees. Ek stem saam dat praat een ding is en doen ‘n ander. Maar wat wil jy VANDAG hoor, wat anders is.

    Verbeel ek my of was daar in die ou dae ‘n minister met die bynaam “Piet Promise”

  2. demoerin Junie 3, 2009 at 9:43 vm #

    Ek weet dit is pie in the sky –
    Sal wil hoor ons weet daar is probleme en niks werk nie. Ons weet van hierdie en hierdie korrupsie en gaan dit en dat doen. Ons gaan hierdie geld vat en 5 hospitale hier en hier en hier bou, en dan hierdie geld vat en ordenkilke dokters en verpleegsters aanstel ens. ens.

  3. Emil Junie 3, 2009 at 12:31 nm #

    KAK is dit nie. Jammer. Onrusbarend, miskien. Maar KAK? Terloops, sou enige ander politieke party se agenda dalk anders gelyk het? Hemels, watter ander agenda is daar? Zille met haar Zuma-bashing?

    Kom ons kyk. Ek dink tog jy had gelyk😉

    Maar KAK? Sjoe, dan is ons mos almal so diep in die kak (Skuus, Koos).

  4. demoerin Junie 3, 2009 at 12:37 nm #

    @ Emil. Kak mag dalk ‘n sterk woord wees, maar dit is die teenoorgestelde van die ongelooflike mooi wat altyd voorgehou word.

    Dit is juis ‘n verdere punt, die agendas van die politici SAL nie verskil nie…. omdat ons nie LEIERS het nie.

  5. Sammi Junie 3, 2009 at 12:53 nm #

    AHHHH DAAR raak jy aan die kruks van alles dm – ons het nie LEIERS nie, ons het politici, want ‘n leier lei sy mense en ‘n leier BOU. En dis die waarheid. Ons politici sal daai ene nog lank nie verstaan nie.

    Emil – jy moet Helen Zille se Zuma Bashing in perspektief sit. SY is afterall die opposissie en dis haar TAAK om die verkeerd uit te lig. Ek sien HAAR as ‘n leier – jip, beslis

  6. Emil Junie 3, 2009 at 2:52 nm #

    Ok, ok, nadat ek geluister, is daar niks nuut nie. Ons ken die uitdagings, maar sou graag begroting allokasie en daadwerklike stappe wou sien.

    Om die verkeerd uit te lig is darem ook ietsie anders as om alternatiewe aan te bied. Ons weet reeds wat verkeerd is. Maar ek sien niemand, nie eens die ANC nie, wat ‘n uitvoerende plan het nie.

    Ek hou van die punt: ons het nie leiers nie. Net populace figure. Zille is ook een,

  7. demoerin Junie 3, 2009 at 3:07 nm #

    Bleikbaar sal die allokasies en deadlines binne die volgende paar maande vrygestel word. Ons sal maar wag en sien…. maar soos jy sê – Mooipraatjies en nie daadwerklike planne nie.

    Sammi, ek moet saam met Emil stem – Ek kan nie aan een politieke figuur op die oomblik in die wêreld dink wat ‘n LEIER is nie. Amal skuil agter die demokrasie-masker – sonder om werklike betekenis van daai woord te besef.

  8. Emil Junie 4, 2009 at 11:26 vm #

    ‘n Deurdagte perspektief: http://tinyurl.com/r4kg45

  9. demoerin Junie 4, 2009 at 12:33 nm #

    @ Emil – dankie vir die link. Yip, almal word vertel wat hulle graag wil hoor, sonder dat enigiets werklik gesê word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: