Poephol Ererol…..Gesondheid!

4 Jun
  • Soshanguve Kliniek – Vrouens moet sonder enige hulp geboorte skenk terwyl die verpleegsters sit en tee drink, vir hulle lag en aanmerkings maak soos – Jy het jouself in die situasie gekry, help jouself.
  • Departement van gesondheid kondig aan hulle kan nie die voedselverskaffers betaal, of mediese voorraad aankoop nie.
  • Steve Biko Akademiese Hospitaal. Pasiënt lê vir amper drie dae in sy eie ontlasting na ‘n opvolg operasie wat verkeerd geloop het. Verpleegsters ignoreer die pasiënt se pleidooie.
  • ‘n Sestienjarige seun sterf nadat hy vier keer gemisdiagnoseer was, en uieindelik sterf van meningitis.
  • Nog ‘n jong seun sterf van meningitis na misdiagnose, en die waarheid kom slegs uit na ouers vir ‘n private lykskouing betaal het.

Hierdie paar gevalle het in die loop van ongeveer twee weke aan die lig gekom, moontlik slegs ‘n druppel in die emmer van wat regtig alles daarbuite aangaan.

Die Departement van Gesondheid verwerf dus hierdie week ‘n gesogte plek op die ererol.

l4leather @ flickr.com

l4leather @ flickr.com

Mense, my spaarvarkie bevat nie miljoene nie, maar ek beplan ordenklik en koop die nodige. Ek het half die idee dat daar mense in daardie finansiële posisies sit wat geen idee het wat hulle doen nie. As ek my duisende kan behartig, kan jy sekerlik klaarkom met jou biljoene? Die basiese beginsels bly dieselfde.

Nog belangriker, want ek is seker dit gaan NIE net oor die salarisse nie, word daardie personeel ooit onderwerp aan performance reviews? Of staak hulle maar net een keer per jaar, en almal kry die verhogings?

Verhogings moet verdien word, dit kan nie ‘n gegewe wees nie, want dit is wanneer jy met personeel sit wat nie omgee nie, want daar is geen geimplimenteerde maatstaf vir werkkwalitiet nie.

Ek hou julle dop…. dit gaan so sleg dat julle elk geval nie veel hoef te doen om te verbeter nie. Dankie tog ‘n persentasie van die bevolking kan mediese fonds bydraes bekostig, en julle moet eintlik nie kla daaroor nie maar die sterre dank, want anders was die probleem net tien maal groter.

Vanaf die website van die South African Department of Health:

OUR VISION

is a caring and humane society in which all South Africans have access to affordable, good quality health care

OUR MISSION

is to consolidate and build on the achievements of the past five years….. (Dit is so ‘n lag ek gaan dit nie eers verder aanhaal nie)

Advertisements

7 Responses to “Poephol Ererol…..Gesondheid!”

  1. Vision Care Junie 4, 2009 at 8:54 vm #

    nice one! Vision Care

  2. Rustig Junie 4, 2009 at 9:20 vm #

    Jinne klink net so erg soos hier by my in Ierland. Die gesondheid is toetaal in sy “moer”. Wat die snaakste is, die Minister van Gesondheid laat my baie dink aan Manto. Sy oos ook lekker rond van al die doughnuts.

  3. Adrie Junie 4, 2009 at 9:58 vm #

    Is jy seker ‘n poepol sal nie beledig voel om met die Departament van gesondheid vergelyk te word nie?

    Dit is verby skandalig.

  4. H1N1 Junie 4, 2009 at 10:55 vm #

    Dit is skandalig- ons hoop op beterskap.

  5. demoerin Junie 4, 2009 at 1:06 nm #

    Ons kan maar net hoop ja, maar na ek vandag weer die ML 63 AMG storie gelees het…. wonder ek maar weereens.

  6. Die Brein Junie 4, 2009 at 10:59 nm #

    Alles is in sy moer waar sekere mense in diens is, hulle het geen maar geen naasteliefde en werkstrots nie.Ek sal moord pleeg as een van my geliefdes dit moet oorkom.

    Rustig nou wat gaan daaraan in Ierland?

  7. rosalindfranklin Junie 6, 2009 at 1:36 vm #

    welverdiende plek op die poephol-ererol. ag ek gee hulle nog ‘n een-breinsel-medalje ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: