Die Week in ‘n Neutedop….

5 Jun

IMGP0838-1Op 5 Junie 1989, vandag presies 20 jaar terug is seker een van die bekendste, protes-foto’s van die vorige eeu geneem. Op 4 Junie het die Chinese regering met geweld deur Tiananmen Square gegaan en van al die pro-demokrasie demonstreerders ontslae geraak, honderde is dood en duisende beseer en/of in hegtenis geneem. Op 5 Junie, het ‘n man oppad huistoe met sy inkopies, voor ‘n kolom aankomende tenks gaan staan.

Die foto’s het blitsvinnig die wêreld ingegaan, en daardie enkele solitêre aksie het die wêreld aangegryp. Foto’s vertel ‘n storie, en miljoene oor die aardbol wat nie eers kon lees nie, kon die simboliek presies verstaan. Time het in 1999 die “Unknown Rebel” genomineer as een van die 100 belangrikste mense van die vorige eeu. Tot vandag nog, ken die wêreld nie die identitiet van hierdie naamlose ikoon nie.

foto: Jeff Widener

foto: Jeff Widener

Foto’s vertel stories, foto’s deel herinneringe…. foto’s is daar om gedeel te word. As mens deur jou albums, of bokse vol kiekies gaan vertel dit mos ‘n storie, die storie van jou lewe met plekke waar jy was, mense wat jou lewenspad gekruis het, en ander wie se lewens jy aangeraak het. Jou identiteit, en trots, iets wat niemand ooit van jou kan wegneem nie.

Nog iets wat nie weggeneem kan word nie, en ja ek gaan dit weer noem, is die Bulle oorwinning laas naweek. Man….dit was mooi, en as Bulls ondersteuners kommin is, is ek met TROTS kommin. Jaloesie is darem maar ‘n lelike ding nê, julle moet pasop dat ek nie die bose haas op julle loslaat nie…. of ek huur sommer hierdie bad-hairday-kat om jou uit te sort en stuur hom dan sommer aan na die Rooi Uno eienaar.

Ek spot nou so, maar die karakter eienskap vir vergifnis is nie net edel nie, maar ‘n goeie stappie tot selfverbetering. Nie altyd maklik nie (definitief makliker as Moses se skeiding van die waters)….. vergewe maar – jy kan later aan die vergeet werk…of nie, solank jy net nie jou maagsweer rekeninge vir my aanstuur nie.

Sjoe, die neutedop lyk soos ‘n smartie-boksie die week. Ietsie van alles en nog wat.

Psssst almal…. vriendin van my het onlangs in Kaasland gaan bly, en verstaan noggie lekker die blog-ding nie….. gaan loer in, en miskien sal julle bietjie met my redeneer – oor haar onderwerp.

Elk geval, ek gaan nou Kots in my nuwe karretjie laai en in die rigting van die sonsondergang verdwyn, en dan is al wat oorbly om een en elk ‘n naweek van die beste sluwe, onderwater gutterseks toe te wens.

18 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. Adrie Junie 5, 2009 at 7:33 vm #

    Hmmm

    DMI, hoeveel trossies hang aan jou towbar?😆

  2. BB Junie 5, 2009 at 7:42 vm #

    Waaaahahaha Adrie!!!😆

  3. demoerin Junie 5, 2009 at 7:49 vm #

    😆 Nie eers een nie…. het nie eers ‘n towbar nie, o shit…. is ek ‘n Bulls-ondersteuner?

    • Adrie Junie 5, 2009 at 12:45 nm #

      DMI

      Versigtig as die regte Bulls ondersteuners jou kry.

  4. Rustig Junie 5, 2009 at 8:50 vm #

    Jy mag maar vir die Bulle ondersteun. Nie dat ek nou eindtlik sal weet wie en wat hulle is nie. Kommin is tog maar ook lekker. Geniet die naweek en gedra jou soos ‘n kommin mens.😉

    • demoerin Junie 5, 2009 at 9:34 vm #

      Partykeer vat dit nie veel nie…😆

  5. demoerin Junie 5, 2009 at 9:38 vm #

    😆 Kom nou agter die belangrikste link was verkeerd!

  6. Dellie Junie 5, 2009 at 10:39 vm #

    Ag, ek kry nogsteeds rillings… dit was soooo mooi! En ja, my liefie het blou balle…😆

    • Dellie Junie 5, 2009 at 10:40 vm #

      Uhm😳 ek bedoel daar hang blou balle op die towbar…😳

      • Rustig Junie 5, 2009 at 11:48 vm #

        Sê maar liewer niks meer nie!🙄

  7. demoerin Junie 5, 2009 at 11:51 vm #

    😆 Ja, “rather stop whilst you’re still ahead”

  8. kaalvoetinireen Junie 5, 2009 at 1:50 nm #

    😆 @ Dellie!

    Dit was ‘n goeie game, maak nie saak wie wat se nie!
    Lekker naweek vir almal!

  9. Girl van die Suburbs Junie 5, 2009 at 1:58 nm #

    Lekker naweek vir jou ook!

  10. Die Brein Junie 5, 2009 at 2:41 nm #

    Ek onthou die tragiese beelde dit wys net die harde gedetermineerdheid van kommunisme.Lekker naweek ou blog vriend.

    • demoerin Junie 5, 2009 at 4:55 nm #

      Persoonlik dink ek een van die mees-seggende foto’s ooit geneem.

  11. betsieboop Junie 5, 2009 at 3:10 nm #

    ek voel baie keer soos daardie “Unknown Rebel”…

    have a good one DMI !

    soos altyd net ‘n plesier om hier te lees !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: