Is jy ‘n Heks…..

10 Jun

Op 10 Junie 1692 is Bridget Bishop gehang, skuldig bevind aan heksery. Sy was die eerste slagoffer van die Salem heksery skuldigbevindings. Nog 18 mense sal daarna gehang word, 1 sal vergruisel word onder klippe en nog 5 sal in die tronk sterf.

Bridget Bishop

Bridget Bishop

Die aanklagte teen Bridget Bishop was meer ‘n sameloop van omstandighede in ‘n baie konserwatiewe gemeenskap. Sy het bietjie meer flmbojant as die ander vroue aangetrek, sy het openlik in die openbar met haar mans geargumenteer (sy het 3 gehad), sy het gaste tot laat in die aande onthaal en was die einaar van twee florerende tavernas. Sy MOES ‘n heks wees.

Dit het alles begin toe twee dogtertjies, die dogter en klein-niggie van die priester van die plaaslike kerk, snaakse simptome begin toon het. Daar is besluit dat dit ver verwyder is van enige epileptiese of bekende siektes….. en heksery was die natuurlike volgende sondebok.

Dit het ‘n sneeubal effek gehad en honderde mense is in die bestek van ‘n jaar beskuldig. Enigiemand wat gevoel het hy is ingedoen, siek geword het, ‘n oes verloor het, iemand aan die dood afgestaan het ens. het mense links en regs van heksery begin beskuldig. Die Puritan kerk het ook nie veel gedoen om die dinge stop te sit nie. Moeder Natuur was nie die sondebok nie…. dit moet ‘n getoordery wees.

Feit is, die Indiane het hulle aangeval, vee gesteel, weersomstandighede het oeste verwoes, die Indiane wou oorlog voer, daar was nie genoeg vrugbare grond vir al die boere nie…. en die Puritan kerk was BAIE konserwatief. Vrouens moes trou, kook en kinders hê – en totaal onderdanig aan hulle mans, en later hulle kinders, wees. Vrouens was ook gesien as maklike teikens vir die duiwel se diens…. en van nature listig. As iemand sou doodgaan of hul grond onteien word, volgens die Puritan wette, sou die grond na die vorige eienaar toe gaan, en indien die persoon nie opgespoor kon word nie… die kerk.

Giles Corey se Marteling dmv. Peine Forte et Dure

Giles Corey se Marteling dmv. Peine Forte et Dure

Dit is ook dan geen nuus dat seker ten minste 90% van die beskuldigdes wel vrouens was nie, en die meeste weduwees of ongetroud, en dat ‘n heksejag ‘n BAIE effektiewe manier sou wees om grond te bekom.

Uitbeelding van 'n hofsessie

Uitbeelding van 'n hofsessie

Nou hoe het die bewyse gelyk ( niks eg op swart en wit natuurlik nie)

  • As ek geaffekteer word deur towery, en ek sien jou beeld voor my, maak dit jou ‘n heks. My woord is genoeg.
  • As ek na ‘n ondervraging (gepaartgaande met marteling) erken ek is ‘n heks, en ek sê dan jy is ‘n heks, is jy ‘n heks. My woord is genoeg.
  • As jy enige boeke oor palmlesing of sterrevoorspelling het is jy ‘n heks.
  • As daar potjies en bakkies met salfies en roompies in jou huis is, is dit genoeg gewyse jy is ‘n heks.
  • As jy ‘n moesie het ( genoem die hekse-tepel) is jy ‘n heks.
  • Hekse toordery gaan gepaard met onsigbare partikels wat in die geaffekteerde se lyf is. Afskeidings van die onsigbare partikels kom in die geaffekteerde se urine voor. Ek, as getoorde, kan nou my urine vat en met rogmeel ‘n koek bak. Ek voer nou die koek aan die hond. Terwyl die hond kou gaan die partikels veroorsaak dat jy skree van die pyn. Jy is dus ‘n heks.
  • Ek, die getoorde wat jou beskuldig het, word na jou, die heks toe gebring. Jy word geblinddoek en jou hande word op my geplaas. Geeste sien dit dan as ‘n betoning van simpatie, en daardie onsigbare partikels gaan terug in jou ligaam in. Ek sê aan die hof ek voel gesond, dus het die onsigbare partikels na jou toe teruggevloei. Jy is dus ‘n heks. My woord is genoeg.

Absoluut bizarre as jy my vra, en ‘n goeie manier om van iemand anders ontslae te raak. Jy hoef nie eers ‘n sneller te trek, of ‘n mes aan te skaf om die persoon vol gate te steek nie. Die howe gaan sommer die ding vir jou doen.

Nodeloos om te sê, elkeen van die beskuldigdes is later weer onskuldig bevind…. party na hulle dood natuurlik. Net nog ‘n tyd in die geskiedenis waar jaloesie, begeer, kwaadstokery en ‘n outonome kerk mense in ‘n frenzy opgestook het. Hartseer!

Het jy ‘n moesie?

Bron: Wikipedia

14 Responses to “Is jy ‘n Heks…..”

  1. betsieboop Junie 10, 2009 at 9:28 vm #

    😯 😯 😯

    en hier word dit dan nou bevestig wat vele mense lankal vermoed !!!!

    insiggewend dmi!

  2. Rustig Junie 10, 2009 at 10:38 vm #

    Ek is ‘n heks. Baie moesies oral op my lyf. Gaan almal in erdwurms verander en dan gaan ek visvang! Salem is nog nooit weer dieselfde gewees na die insident nie.

  3. kaalvoetinireen Junie 10, 2009 at 11:50 vm #

    Ek het jare terug ‘n baie interessante dokumenter oor die hele aangeleentheid gesien. Dit was ‘n scary tyd om in the lewe se ek jou…as jy net jou stoepie te lank gevee het met jou nuwe besem of ‘n te lekker grip aan daai besemstok gehad het, was dit siep-sop-braaiboude vir jou!

    Die manne van die witch board het hierdie dames verbrands oulik gevind!

  4. Dellie Junie 10, 2009 at 11:55 vm #

    😯 Ek het nie net ‘n moesie nie – ek het potjies en bakkies vol roompies en salfies ook… :mrgreen:

  5. Zee Junie 10, 2009 at 12:33 nm #

    DMI, baie interessant…

    Mmmm, ek het ook ‘n moesie 🙂

  6. attie Junie 10, 2009 at 2:20 nm #

    bang… sê ek jou. Ek dog my “job” maak my veilig.

    • demoerin Junie 11, 2009 at 6:52 vm #

      Bitter min mense is ooit veilig as iemand hulle mes vir jou in het…. veral waar die staatsbeheerde Kerk betrokke was, dink maar aan die Spanish Inquisition.

  7. rosalindfranklin Junie 10, 2009 at 8:16 nm #

    DMI ek love dit as jy hierdie historiese inskrywings maak, natuurlik is die kwesbare mense “hekse gemaak”. Al ooit gehoor van ‘n man wat ‘n heks was? Of towenaar, nie sommer nie. Tensy hy bejaard is natuurlik.

    Die geskiedenis van sg heksery is baie interessant in die sin van wat mense aan ander mense gedoen het, want hekse was daar nooit.

    • demoerin Junie 11, 2009 at 6:50 vm #

      Ek sou as ek kon die hele dag net gesit en lees het. Geskiedenis bly ‘n lekker stokperdjie. Ek bly maar ‘n feitvraat.

  8. ELF Junie 10, 2009 at 10:56 nm #

    Baie interessante post .. love it.

    Klink my hekse was die scapegoat-marionette waarmee die ander ouens hul gewete gesus het.

    Dis 2009 .. min het verander. Behalwe die bewoording op die label. Mense sal na letterlik enige iets gryp om hulself in die proses te verontskuldig.

    Maak n Super-hero Lego-mannetjie wat van geboue afspring .. en die volgende kind wat uit die oop venster van n woonstel val is beinvloed deur daardie absolute evil speelgoed!

    • demoerin Junie 11, 2009 at 6:49 vm #

      Net so, vind altyd iets of iemand anders om te blameer, sonder om self verantwoordelikheid te vat.

  9. Die Brein Junie 11, 2009 at 8:53 vm #

    Fokkit drie mans ek weet van mans met baie vroue, maar anders om nie.

    Ek ken baie hekse of is daar `n verskil tussen hekse en BITCHE??

    • demoerin Junie 11, 2009 at 9:13 vm #

      😆 Gelukkig dink ek daar is ‘n verskil… die besems het nou plek gemaak vir stofsuiers!

  10. Girl van die Suburbs Junie 13, 2009 at 9:39 nm #

    Ek is dan ‘n heks, ja!

    Ja Brein, daar is verseker ‘n verskil!

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord