Die Week in ‘n Neutedop….

12 Jun

IMGP0838-1Anne Frank sou vandag 80 jaar oud gewees het, en vandag 45 jaar terug is Nelson Mandela sy lewenslange vonnis opgelê. ‘n Paar Suid-Afrikaanse miljoenêrs is vir ‘n ride gevat met ‘n ala-Maddock piramide skema en die SABC is deur die hof beveel om dei vorige CEO weer aan te stel… en toe gedink 2 van die ander lede. Dankie tog vir DSTV! Suid-Afrika is besig om gat te skop in die T20 wêreldbeker, en Suid-Afrikaanse sokker kry ‘n oefenlopie geleendheid wir die 2010 Wêreldbeker met die Konfederasiebeker wat die naweek afskop.

Moenie vergeet om bietjie in julle fotobokse te gaan krap en dan julle foto’s by picturebucket te kom deel nie. Dit is mos lekker om die kans gegun te kan word om bietjie af te show…. en wie weet in die nabye toekoms kan jy dalk van jou kiekies verkoop? En om deur daai foto’s te gaan gaan wonderlike herinneringe terugbring. Die WDF-issit foto’s het ook hierdie week die blogosfeer soos ‘n Tsunami getref… gaan vat ‘n celebrity te word😆

Partykeer wens ek ek het ‘n “OFF” of “REST-MODE” knoppie vir my brein gehad. Ek weet nie of dit iets te doen het met die feit dat ek ‘n feitvraat is nie, en of ek te veel wonder en dink nie – maar my koppie wil net nooit stil wees nie, partykeer kom ek by die huis aan en kan ek nie my rit tot daar onthou nie! Ek dink dit het iets te doen met die feit dat ek baie wonder oor my lewe, dinge dophou – en dit dan probeer analiseer. Ek kan nou maar net nie alles halsoorkop aanpak nie….. baie dinge vat tyd en geduld. Maar is die mooiste dinge nie maar die wat bietjie voor gewag is nie…. soos om permanent te verwag dat iemand enige oomblik uit ‘n koek gaan uitspring….. of eendag die beste Bloubul-Springbok ooit gaan wees. Ja, en somtyds gaan die dink oor herinneringe en hartseer, van wat as…. en hierdie week het ek iemand raakgelees wat voel of sy my gedagtes in woorde omgesit het.

Partykeer wonder ke oor dinge wat verskil, en of hulle regtig verskil. Partykeer “replay” ek ‘n mooi herinnering en partkeer sal ek net “observe” – alles inneem en net die oomblik geniet. Die brein is darem maar ‘n wonderlike ding! Partykeer wil ek net dagdroom… eendag. Wat ook dan geen rocket-science is nie – Is die feit dat ek sug van verligting as ek by die huis stop, in een stuk!😆

Partykeer kan mens glimlag…. ander kere skaterlag as jy die soekterme lees wat mense na jou blog toe stuur. En ek dink BAIE keer gaan hulle BAIE teleurgesteld wees. Partykeer moet mens dalk maar net die mense reghelp. Soos met die oulike stukkie van hoe om die kaf van die koring te skei – Ag ek bedoel dames en vrouens.

GRRRRRRRRRR – Dis hoe die dame klink wat in ‘n tierkat-vrou kan verander. Sonder enige verdere babbel dan – My beste wense aan een en elk vir ‘n romp-stomping naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater gutterseks moontlik… Kom dames (vrouens) oefentyd…. 1….2….3…. GRRRRRRRRRR.

10 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. Rustig Junie 12, 2009 at 8:44 vm #

    Goeie More! Baie leeswerk om die naweek op te vang! Geniet jou naweek en “rustig” wees!

  2. Emil Junie 12, 2009 at 9:00 vm #

    Goeie more, en lekker naweek ook vir jou. Hier is inderdaad ‘n skatkis vol skakels om, soos Rustig sê, op te vang. Let the surf begin!

  3. Pagoda32 Junie 12, 2009 at 9:01 vm #

    Rustig vs Demoerin…
    Klink vir my soos twee outjies wat daagliks op my skouers moet sit.
    Kwai entry Dem!

  4. Dellie Junie 12, 2009 at 11:07 vm #

    GRRRRRR😆

  5. wildchildjols Junie 12, 2009 at 2:31 nm #

    hi ya loon,

    nou praat jy! intelligensie, wit, humor en talent alles gebind in ‘n delicious bundle!

    sien jou saterdag!

    jo xxx

  6. boervrou Junie 12, 2009 at 6:25 nm #

    Praat van Anne Frank, wat Annelies Marie gebore is, het ‘n te mooi speech geskryf met genoeg feite in vir my dogtertjie. Sy moes praat oor ‘n held. iemand om na op te kyk, bla bla bla. Die juffroutjie dag die kind is ‘n patat probeeer haar vasvra oor haar speech, (vra haaar wat is ‘n konsentrasie kamp) en sus antwoord té mooi. Toe wat sê sy?? (Die jong juffroutjie sien toe die kind weet waarvan sy praat) Die speech is te MOEILIK vir ‘n gr3 kind, al het sy die bleddie ding geken! Dis party juffrouens se skuld dat ons kinders so lui en dom is, hulle piep die kinders en laat hulle nie toe om “meer” toe doen as die standaard kind nie.

    • boervrou Junie 12, 2009 at 6:29 nm #

      Ek wou net bysit: dít maak my dedinges in!

      • demoerin Junie 17, 2009 at 7:01 vm #

        Dit is BAIE sad. En weet jy, snaaksegenoeg, toe ek nou my kopie van die dagboek moes vervang – Het ek dit juis in die kinderafdeling van die boekwinkel gekry.
        As jy my vra, is die onderwyser net daar om deur die dag-tot-dag te kom … jou dogter se praatjie kon ‘n uitstekende beginpunt vir ‘n praatjie gewees het.

  7. ELF Junie 12, 2009 at 9:27 nm #

    I am grateful it wasn’t written completely all in vain ..

    “When the oak is felled the whole forest echoes with its fall, but a hundred acorns are sown in silence by an unnoticed breeze”

    Dankie hiervoor. Hoop jy het ‘n baie lekker naweek.

    Keep it real.

    • demoerin Junie 17, 2009 at 6:59 vm #

      As ek jou stukke so lees, kan dit nooit “in vain” wees nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: