Poephol Ererol….Bankrowers

18 Jun

Nie in die algemeen nie – Bietjie meer spesifiek.

Drie jaar terug word jy op bail vrygelaat en jy vlug die land uit. Almal, insluitende Interpol dink jy kruip in Australië iewers agter ‘n skaap weg.

Maar ek neem aan, eenmaal ‘n skelm, altyd ‘n skelm – en onder die dekmantel werk vir advokate is bietjie skaars, so ons moet ‘n nuwe loopbaan aanpak. Ek weet, die volgende stappie vir die aangeklagde verkragter, kinder- pornografie-makende advokaat is… Ja, wag vir dit….. Bankrower.

Dirk Prinsloo word toe nou in Minsk, Belarus gevang nadat hy en sy makkers probeer het om ‘n bank te beroof, met een geweer en ‘n mes. Ai toggie mense!

Miskien is dit net stupidity…. maar miskien is dit die wiel wat draai en staan jy nou een van die dae langs Advokaat Barbie in die hof.

Hierdie stunt verdien lewenslange lidmaatskap…. vir mahala.

12 Responses to “Poephol Ererol….Bankrowers”

  1. meermin Junie 18, 2009 at 7:28 vm #

    Môre Dmi hoe gaan dit nog met jou❓

    Ek blog maar min omdat ons besig is hierdie kant, maar het nou vanoggend ‘n inskrywing gemaak, lekker lag hoor !!!!

    • demoerin Junie 18, 2009 at 8:39 vm #

      Ek het lekker gelag! Moenie so hard werk nie!

  2. Plaasjuppie Junie 18, 2009 at 7:30 vm #

    Wys jou net, slim (lees skelm) prokerowers maak nie noodwendig goeie bankrowers nie.
    Wonder of die USSR se gulag’s nog operate? Dit sal nou ‘n lekker cosy plekkie vir die poephol wees

    • demoerin Junie 18, 2009 at 8:40 vm #

      Ek dink amper hy sal dit daar verkies as in ‘n Suid-Afrikaanse tronk…. eish, ek dink hulle sal hom lelik bykom hier.

  3. Spear The Almighty Junie 18, 2009 at 10:20 vm #

    Daai ou is nou ‘n regte poephol. Hy gaan lekker kak.

  4. Rustig Junie 18, 2009 at 11:36 vm #

    Hier by my werk ‘n vrou van Belarus. Sy sê in die land is die tronk so erg dat baie mense vra vir die doodstraf as om in tronk te gaan sit. Dink hy moet sommer maar daar bly en sy straf uitdien. Seker Buba sy selmaat sal hom met liefde en respek verwelkom.

    • demoerin Junie 18, 2009 at 3:22 nm #

      O hene…. dit sal poephol lidmaatskap ‘n nuwe betekenis gee.

  5. Die Brein Junie 18, 2009 at 2:02 nm #

    Ja en Poepol Dirk het mos gesê hy sal nooit gevang word nie, want hy is altyd `n trappie voor die gereg.Ja ek verlekker my nie in ander se leed nie, maar hy verdien al die kak wat na hom toe kom.

    • demoerin Junie 18, 2009 at 3:22 nm #

      Seker gedink hy is daai ou van Catch Me If You Can….😆 WE CAN.

  6. Dellie Junie 18, 2009 at 4:25 nm #

    Ek lees vanmore dit was nogal ‘n kind wat hom herken het en die polisie gehelp het met die identikit – nogal eronies (spelling?), nie waar nie? Kry vir jou Bliksem!

  7. Girl van die Suburbs Junie 19, 2009 at 11:49 nm #

    Wragtag ek het nou al van alles gehoor….. Desperaatheid maak van ‘n mens iets wat jy nooit sou kon raai nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: