Galileo onder die mat ingevee……

22 Jun

Op 22 Junie 1633 het die Roomse ondersoek onder die vaandel van die Holy Office in Rome, Galileo Galilei skuldig bevind aan kettery. Sy uitlatings en skrywes het nie voldoen aan wat die Roomse Kerk aan hulle miljoene lidmate wil volhou nie.

Galileo Galilei

Galileo Galilei

Galileo se doodsvonnis is gelukkig na huisarres verander. Selfs al het dit in die eeue daarna na vore gekom dat Galileo Galilei wel reg was in sy ondersteuning van Copernicus se siening dat die son, en nie die aarde, in die middel van die heelal is, was die onreg onder die mat ingevee. Dit is asof dit nooit gebeur het nie.

Vader van moderne astronomie observasie

Vader van moderne Fisika

Vader van Wetenskap

Vader van moderne Wetenskap

Dit is wat mense, onder andere Einstein en Newton, Galileo ‘n paar honderd jaar later genoem het.

Pous Benedict XIV het die verbanning van heliosentriese werke in 1757 al opgeskort, en Pous Pius VII het die druk van heliosentrises gesentreerde boeke al vanaf 1822 in Rome toegelaat. Maar steeds was daar stilswye oor Galileo.

Pous John Paul II het ‘n kommissie in 1979 saamgestel, en 359 jaar later, op 31 Oktober 1992 het die Roomse Katolieke Kerk uiteindelik offisieël met Galileo Galilei saamgestem. Ook maar met ‘n ompad, en baie versigtig, want daar is nooit reguit erken dat die Roomse Katolieke Kerk verkeerd was, en Galileo Galilei reg nie.

En so leef ons vandag nog maar met die persoonlikheids eienskap voort. Ons is bang vir die onbekende, ons wil nie dinge sê wat ons status-posisies gaan omverwerp nie…. ons wil nie die appelkarretjie omgooi nie. Verwerping is maar net ‘n hedendaagse manier van kettery-vervolging, ons word nie meer op ‘n brandstapel tot as verminder nie. In sekere lande, soos nou nog in Iran, word geweld gebruik om vas te klou aan die totale outokratiese regeer van die bevolking.

Ek sal vir jou dink, en dit is wat jy ook sal verkondig.

En as jy enigsins anders dink, geliewe jy dit vir jouself hou…….

Pic: Cryptome.org

Pic: Cryptome.org

8 Responses to “Galileo onder die mat ingevee……”

  1. Rustig Junie 22, 2009 at 10:40 vm #

    Al weer my vriende die RK! Dit is vir my so belaglik dat hulle skielik eendag 200 jaar na ‘n drama skielik besluit om nou verskoning te vra. Wette te herroep ens. Jammer ek dink die hele Vatikaan is sommer pot s….t.
    Vererg ek my weer op die Maandag.🙄

    • demoerin Junie 22, 2009 at 11:11 vm #

      Jy mag maar, dit is jou reg. Gelukkig kan ons nog ons opinies lig.

  2. Andrew Junie 22, 2009 at 2:25 nm #

    Ditsem DMI, ditsem. Hoekom neem dit so lank vir die kerk (alle kerke) om op te vang? Hoekom moet ‘n mens so hard baklei of smeek vir enlightenment?

    • demoerin Junie 22, 2009 at 2:59 nm #

      Ek dink ons kan ons sterre dank ons het nie in die middeleeue geleef nie.

  3. Andrew Junie 22, 2009 at 4:36 nm #

    Ek weet jy gaan nou vir my gooi met ‘n glas water maar ons lewe tans in wat beskryf word as ‘the dark age’.

    • demoerin Junie 22, 2009 at 4:50 nm #

      Nou hoekom sal ek dit wil doen😉 Mar as ek so na Emil se fototjie kyk mag daar dalk net iewers ‘n liggie wees….. daar doer ver….

  4. boendoe Junie 23, 2009 at 9:12 vm #

    Scary dat ‘n kerk soveel mag het. Laat ons nie die ou NG Kerk vergeet nie… 😉

  5. Girl van die Suburbs Junie 24, 2009 at 9:11 nm #

    Ek stem saam jou Boends… Wonder hoe dinge sou uitdraai as die Protestante so sterk was destyds…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: