Anne, die Dagboek, die Solder…. en Miep.

25 Jun

Op 25 Junie 1947 word die eerste publikasie van Anne Frank se dagboek uitgegee. Intussen is die boek al in talle tale vertaal, en is meer as 25 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop. Naas die Bybel, die mees geleesde boek ooit.

Een van die sentrale karakters in die dagboek en daaropvolgende manuskripte is Miep, ‘n kantoorassistent in Anne se Pa, Otto Frank se besigheid. Miep en haar man, Jan, was dan ook twee van die mense wat ‘n rol gespeel het in die wegsteek van die groep in Prinsengracht 263, Amsterdam.

Miep was meer as net ‘n helper, sy was ook vriendin vir Anne gedurende daardie maande van 1942 tot 1944. Miep Gies is ook die enigste een van die persone genoem in die dagboek, aan wie Anne nie ‘n skuilnaam toegeken het nie.

miepgiesbeginjaren30

Miep, Jan en drie ander helpers het hulle lewens op ‘n daaglikse basis in gevaar gestel om die versteektes van kos, voorrade en nuus uit die buitewêreld te voorsien.

Dit het alles egter op 4 Augustus 1944 verander, die dag waarop die Gestapo die groep van 8 kom arresteer het, nadat hulle verraai was. Miep het haarself soontoe gehaas en vir hulle lewens gaan pleit, maar dit het op dowe ore geval, en Miep was slegs gespaar omdat die offisier ook oorspronklik van Austria afkomstig was. Twee van die vyf helpers was ook na konsentrasiekampe toe gestuur.

Miep het teen Nazi bevele na die solder toe gegaan en in die deurmekaarspul op die vloere Anne se dagboek, en daaropvolgende manuskripte gekry. Sy het dit in ‘n lessenaarlaai versteek, met die gedagte om dit eendag aan Anne terug te besorg.

Sonder die ander 8 se medewete, het Miep en Jan nog verder onder baie moeilike omstandighede, ook ‘n Joodse student in hulle eie woonstel versteek.

Otto Frank was egter die enigste een van die agt versteekte Jode wat oorleef het. Herman van Pels is op die dag van arrivering in Auschwitz vergas. Sy vrou is oorlede in Theresienstadt kamp in Czechoslovakia, hulle seun Peter op 5 Mei 1945 in Mauthausen Kamp, Austria. Fritz Pfeffer is in Desember 1944 dood in Neuengamme Kamp. Anne se ma is dood in Januarie 1945 in Auschwitz-Birnenau, en Anne en haar suster Margot, dae uitmekaar uit in die Bergen Belsen Kamp. Dit was etlike weke voor die geallieerde magte opgedaag het.

Mipe Gies het die dagboek met Otto se terugkeer aan hom gegee, op die dag wat dit bekend geword het dat Anne dood is, en die eerste uitgawe is gepubliseer op 25 Junie 1947.

Miep Gies is die enigste oorlewende van die groep van 13 betrokkenes, en het op 15 Februarie 2009 haar 100ste verjaarsdag gevier. Miep het haar lewe na WWII gespandeer as segspersoon vir die Anne Frank Center, ‘n internasionale organisasie gefokus op verdraagsaamheid. Jan en Miep het in 1987 ‘n toekenning vir hulle werk van die organisasie B’nai B’rith ontvang. In 1994 het sy verder die Wallenberg Award for Bravery ontvang, en in Mei van daardie jaar het sy tesame met Emilie Schindler, The Righteous Amongst the Nations, toekenning ontvang.

Miep Gies se herinneringe van haar 8 soldervriende is as volg:

I have no word to describe these people who were still always friendly and grateful. Yes, I do have a word, Heroes. True heroes they were. People sometimes call me a hero. I don’t like it .. I myself, I’m just a very common person. I simply had no choice. I could not save Anne’s life. However, I did save her diary and by that I could help her most important dreams to come true. She tells us that she wants to life on after death. Now, her diary makes her really living on in a most powerful way. And that helps me in those many hours of deep grief.

It has happened that people walk up to me and ask me waht I would answer to those who deny that the Holocaust even took place. My response is that on August 4, 1944, at 9’oclock in the morning I did meet a healthy and strong 15-year old girl, Anne Frank. the next thing I saw was her name in a German list of people on a cattle train to Aushwitz. So please, tell me where Anne frank lives at this moment if the Holocaust did not take place, because Anne Frank would still be with us today….

Vyf-en-sestig jaar later, sluit Miep nogsteeds haarself af van die buitewêreld vir een dag, 4 Augustus. Sy maak nie die deur oop nie, gaan nie uit nie en antwoord nie die telefoon nie. Sy treur oor haar vriende……

11 Responses to “Anne, die Dagboek, die Solder…. en Miep.”

  1. boendoe Junie 25, 2009 at 8:37 vm #

    Ai, knip ek ‘n traantjie weg… 😦

    Vyftien jaar oud…so oud soos my dogter.

  2. betsieboop Junie 25, 2009 at 10:18 vm #

    dit bly een van die harsteerste en most inspiring stories

  3. Spear The Almighty Junie 25, 2009 at 11:11 vm #

    Ek het gerook na die Ann Frank huis gegaan in Amsterdam. Daar was te veel mense en die tou was te lank toe gaan eet ek maar wafels in die Rooi Lig distrik. Ek het wel ‘n mooi foto van buite afgeneem.

    • demoerin Junie 25, 2009 at 3:32 nm #

      Ek ken min mense wat perfekte herinneringe van Amsterdam het😆

      • Andrew Junie 25, 2009 at 4:51 nm #

        Vol punte @ DMI.😛

        Maar Spear se^ nie waarvan hy ‘n mooi foto geneem het nie.😉

  4. Andrew Junie 25, 2009 at 4:44 nm #

    Dis dapperheid! ‘n Ware held.

    • demoerin Junie 25, 2009 at 5:10 nm #

      Is dit nie ‘n mooi storie nie. En toe het sy die res van haar lewe gededicate om mense van verdraagsaamheid te leer.

  5. Emil Junie 26, 2009 at 2:12 nm #

    Dalk sal jy haar hier kan aanvoel: http://preview.tinyurl.com/herebeghosts

    • Andrew Junie 26, 2009 at 3:19 nm #

      Jissis … ek het die eerste foto gesien en my hart het ‘n beat geskip. Het na al die fotos gekyk maar kon net die eerste BBC aanhaaling lees. Dis vreeslik!

      • demoerin Junie 29, 2009 at 7:08 vm #

        Bly ‘n skokkende periode uit die geskiedenis – en dan wil sommige mense nog steeds beweer dit het nooit gebeur nie.

  6. boervrou Julie 16, 2009 at 5:20 nm #

    So so hartseer…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: