Die Week in ‘n Neutedop….

26 Jun

IMGP0838-1Ek is hartseer, laas week 7 lopies in die krieket, en hierdie week 1 doel in die laaste 2 minute. EISH. Kom ons hoop die bokke haak maar weer die knoop deur more.

26 Junie 2009, sal dan ook in die geskiedenis aangeteken word, as die dag waarop die Koning van Popmusiek, Michael Jackson aan ‘n hartaanval dood is. As mens sal ek nou nie vir Jackson as een van my gunsteling persone beskryf nie, maar sover dit sy musiek, en wat hy vir musiek gedoen het aangaan, het hy die titel King of Pop verdien.

Ek het vanoggend weereens oor die sosiale media gedink, veral oor die feit dat huldeblyke van ander sterre reg oor die wêreld, deur ‘n radio-omroeper uitgelees kan word, slegs 6 ure na Michael Jackson gesterf het. Twitter en Facebook het definitief albei hulle voordele, as dit reg gebruik word, en jy presies weet waarvoor jy jouself inlaat. “Crying over spilt milk” nadat jy wetende in ‘n slaggaat wil gaan trap, maak jou eintlik maar net ‘n poephol met ‘n rekenaar of selfoon.

Terwyl ons so praat van slaggate. Mense, geld word verdien. En dan as jy baie verdien het is jy seker vry om daarmee te maak wat jy wil. Maar as iets blyk te goed is om waar te wees, veral in die huidige wêreld-ekonomiese toestande, is dit heel moontlik te goed om waar te wees. Ek dink hierdie laaste mense wat deur die Suid-Afrikaanse Ponzi skema gevang is, moet ‘n “Ek is stupid” bordjie om die nek kry. PUNT.

En dit bring ons by seker Nigeria se grootste uitvoer-produk. Elke moontlike geldmaakskema waaraan jy kan dink, met e-mail die wêreld ingestuur. En hulle sal nie aanhou uitstuur as daar nie mense is wat daarvoor val nie. Praat gisteraand met ‘n vriendin, hulle het van “ABSA” ‘n e-mail by die werk ontvang… en hulle is die enigste erfgename van ‘n skartyk man wat op die onlangse Air France vlug was wat in die see ingeval het. WTF????

Wat vir my scary is, is die invloed wat al hierdie dom mense op ‘n daaglikse basis op die wêreld het. Ek wonder wat die antwoord sou wees as dit kwantifiseerbaar was. Miskien is dit die wortel van baie probleme?

En ek is seker nou besig om kak te soek, want ek het nou al miljoene mense om die wêreld in 2 paragrawe stupid genoem. Wel as die skoen pas….

Voordat ek nou uitgehaal word, het ek ‘n beter idee… en lyk hierdie na ‘n goeie idee om bietjie liefde te versprei. Ek stel wel voor… vat dalk ‘n paar bodyguards saam… party mense gaan dit dalk nie waardeer nie. Mmmm, noudat ek dink, miskien is drukkies van slim mense ‘n manier om slimheid op die dommes af te vryf…. of miskien praat ek nou net bollie vanoggend in my brose toestand.

Persoonlik sal ek dit nou nie omgee as elke vrou met ‘n baba in die openbaar wil borsvoed nie. As dit gebeur, soos waaroor die bohaai was, sien ek dit in elk geval nie raak nie…. nog beter, hoekom gaan all vroue nie sommer topless nie… om een of ander rede glo ek gaan ek dit raaksien, en gaan julle my gelukkig maak.

Sterkte aan die mense wat so bietjie “under-the-weather” is. Dit is nou maar siekte tyd, so trek warm aan, drink baie hoendersop en doen bietjie oefening om die bloed te laat vloei… dis nou BINNE IN jou are.

En as jy lekker opgewarm is, en die bloed pomp deur die are….. gryp jou beter en/of  ander helfte en… ek wens julle ‘n naweek toe, gevul van Vrydag tot Sondag, met die beste, sluwe, onderwater, gutterseks uit jou wildste fantasieë!

10 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. boendoe Junie 26, 2009 at 8:12 vm #

    Dis Vrydag!!!!

    Lekker naweek met die beste SOGS ooit, DMI! :mrgreen: (En ja, mag die Bokke weer wen!)

  2. Dellie Junie 26, 2009 at 8:35 vm #

    Haai shame ja, ek was nogal geskok om te hoor van Michael Jackson – op die radio nuus het hulle iets gesê van hulle ondersoek sy dood? Wassit dan nie ‘n hartaanval nie?

    Anyway, RIP Michael.

  3. Andrew Junie 26, 2009 at 8:38 vm #

    Ja ja okay vryf dit in.🙂 Ek haemorrhage klaar van buite … hierdie week het ‘n bedrag van my krediet kaart afgekom wat ek nie goedgekeur het nie. Maar wat de fok .. my skoene voel gemaklik.🙂

    • Andrew Junie 26, 2009 at 9:09 vm #

      Ek sien nou eers Dellie se komentaar. My een hier bo is aan DMI gerig.

      • demoerin Junie 26, 2009 at 9:13 vm #

        Het so aangeneem…😆

        • Andrew Junie 26, 2009 at 11:21 vm #

          Ek blameer my “bad luck” op ‘n vlieende musikant wat eens op ‘n wolk gesit het, toe afgeval het, en nou ‘n besigheid besit as ‘n vuurstoker.

  4. Emil Junie 26, 2009 at 8:58 vm #

    Yip Michael Jackson en Farah Fawcett.

    Goeie musiek, en sexy meisie!

    Lekker naweek!

    • demoerin Junie 26, 2009 at 9:14 vm #

      Die sexy Charlie’s Angel.

  5. Rustig Junie 26, 2009 at 9:28 vm #

    Lekker naweek! En matigheid voor oë!

  6. BB Junie 26, 2009 at 10:42 vm #

    Geniet dit en gedra jouself😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: