Die Week in ‘n Neutedop….

3 Jul

IMGP0838-1Die helfte van die jaar is verby en dit is friggin’ scary. Die Bokke het die Britse leeus weer ‘n pak slae gegee, en kom ons hoop more kan die wonderlike afsluiting wees wat die reeks uitslag ‘n whitewash sal maak! Heeehaaaa!

Ek is gek oor reis. Reis ja, nie toer nie! Ek wil ‘n ding op my manier en op my tyd doen. Rondloop in die strate en mense ontmoet, probeer geselsies aanknoop… wat nogal snaaks kan wees as jy jou iewers bevind in ‘n land waarvan jy nie die taal magtig is nie. Jy sien, hoor en beleef dinge wat nie op die toeriste-roetes is nie – en vir solank ek my een voet voor die ander kan sit, sal my verkenningstogte so ver moontlik met my voete wees en nie deur die blokkiesvenster van ‘n bus nie. En teen ‘n spesiale prys die week aan Neutedop lesers… ‘n besigtigings-staptoer reguit na die Hel toe.

‘n Ander een van my groot liefdes is lees. Nie net verhale nie, maar ook heelwat geskiedenis. Ek is ‘n feitvraat. Ek moet dinge weet. En somtyds kan lewenslesse en dinge sommer uit novelles ook geleer word. Gewoonlik het ek ook sommer ‘n woordeboek byderhand om te help met die wat ek nog nooit teëgekom het nie…… en soms loop jy woorde raak waarvan jy gedink het jy ken die betekenis…. maar ai toggie, die lewe bly ‘n leerskool.

Ek het altyd gedink die tyd van groupies is verby, blykbaar kom dit deesdae net in ‘n nuwe vorm voor – starstruck celebrity kenners. Ek het vir so en so ontmoet, en toe het hulle my aan so en so voorgestel. En dan is daar so ‘n stiltejit waarin jy moet Oeeee en Aaaaa. Sorry, nie by my nie – Ek het al genoeg local celebrities raakgeloop om te besef hulle is ook net mense. Die meeste wil in elk geval so behandel word. Wat ek wel doen, is om by myself my hoed af te haal vir die wat nog doen waarvoor hulle lief is, ten spyte van die klein Suid-Afrikaanse mark. Well done! Ek sal maar hier stop vandag…. en nie eers begin oor die related topic…snobs nie.

Ons het nog nie klaar geleer vir die week nie, manne staan nader vir ‘n paar tips. Hou pen en papier byderhand. Nou ja dit is vrydag, en vir die begin van die naweek wil ek julle die wonderlike toewens…. net genoeg.

Sonder enige verder woord-diarrea… My beste wense vir die ongelooflikste naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater gutterseks. Pappa, verbeel maar mamma ruik soos ‘n nuwe kar…. en mamma, maak maar jou ogies toe en droom……

Advertisements

12 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. Rustig Julie 3, 2009 at 9:50 vm #

    … en so breek nog ‘n naweek aan van pret plesier en gevolge! Geniet dit en soos gewoontlik, gedra jou!

    • demoerin Julie 3, 2009 at 10:59 vm #

      Die woord gedra en naweek pas nie mooi saam nie.

  2. Emil Julie 3, 2009 at 9:55 vm #

    Dis lekker om te reis. Ek wens net ek kan beter foto’s neem!

    • demoerin Julie 3, 2009 at 10:01 vm #

      Bla Bla…. jou pics is cool!

    • demoerin Julie 3, 2009 at 10:58 vm #

      En ek wens ek het tonne reisgeld gehad…. maar nou ja.

  3. BB Julie 3, 2009 at 10:46 vm #

    LOL!!! Soos i nuwe kar nogal… BORING!!! – dan gaan ons nie te veel mag rondry nie – veral nie 4×4 roetes nie!! :mrgreen:

  4. rosalindfranklin Julie 3, 2009 at 5:25 nm #

    reis…een van die lekkerste lekker op aarde.

    “celebs”…whwhwhhaha!! ehm ja

  5. Alta Julie 3, 2009 at 8:27 nm #

    Lekker naweek Demoerin. Hoop jy gaan hom nugter deur. 😉

  6. parkes1 Julie 6, 2009 at 10:09 vm #

    Goeie Inskrywing en dankie vir die verwysings na ons blogs!! Ek kan nie jou n lekker naweek toewens nie want dis al maandag maar n heerlike week vir jou, met niks klippe in jou pad.

  7. parkes1 Julie 6, 2009 at 11:40 vm #

    Ons vlieg so ampertjies verniet, maar glo my ek was nog net in London, Sal moet plan maak en bietjie ander lande besoek.

    • demoerin Julie 6, 2009 at 11:44 vm #

      Sjoe! Nee man, pak daai tasse gereeld, veral as die vlugte nie ‘n plaas se prys is nie! Londen kan gaan slaap – Jy moet Europa toe!

  8. parkes1 Julie 7, 2009 at 3:32 nm #

    Ons wou so rukkie terug Hong Kong toe vlieg n vriend bly daar en dit sou R 800.00 kos vir 2 kaartjies retoer.
    n Vliegkaartjie Durban toe retoer vir 2 kos R 210.00
    Ons vlieg meestal maar soontoe het n woonstel daar.
    Ons kry 12 kaartjies per jaar waarvan ons net 10% betaal op 8 vlugte 4 is dan mahala.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: