Index Toekennings

6 Jul

Elke twee jaar word honderde inskrywings van reg oor die wêreld gesif om die finaliste vir die Index toekennings te verkry.

Die Index Awards is ‘n inisiatief uit Denemarke, wat elke twee jaar toekennings gee vir innoverende ontwerpe van reg oor die wêreld, wat ‘n verbetering in lewens en/of lewensstandaarde gaan beteken. Die prysgeld beloop 500,000 Euro en vir die 2009 toekennings was daar meer as 700 nominasis uit 54 lande.

Die seleksie van finaliste is gemaak, en ja Suid-Afrika, het ‘n totaal van 5 van die finaliste opgelewer! Wel gedaan!

  • Arivi Paraffien Stoof
  • Design Indaba lae koste behuisingsprojek in Kaapstad
  • Lodox Statscan
  • Projek Masiluleke HIV Self-Test Kit
  • Woolworths “Making the difference through design” projek.

Die een wat veral my oog gevang het was die Statscan. Lodox het hierdie sisteem inisieel vir De Beers ontwikkel, om werkers te scan en seker te maak hulle probeer nie diamante uitsmokkel nie.

Die idee het toe ontstaan dat die Statscan dalk vir mediese redes gebruik kan word, meer spesifiek in Trauma eenhede waar daar dikwels nie baie tyd is as daar erg beseerde pasiënte inkom nie.

Die Statscan het 75% minder radiasie as ander x-straal metodes en kan binne 13 sekondes ‘n volle scan van die pasiënt doen. Uiters doeltreffend in gevalle dus waar vinnige besluite geneem moet word. Die foto wat verkry word is digitaal, en kan dus sonder enige verlies aan kwaliteit na dokters, teaters ens. ge-epos word, vergroot word om ‘n sekere been in die vinger beter te sien ens.

Toetse by die Groote Schuur hospitaal het bevind dat ‘n volledige diagnose van ‘n pasiënt gemiddeld van 48 minute na 5 minute verkort word!

Wel gedaan…. Nog ‘n eerste vir Suid-Afrika!

Geluk ook aan die ander nominasies. Ons hou styf duim vas.

PS Gaan loer bietjie op die Index Awards website… dit is wonderlik om te sien waarmee die mense in die wêreld besig is.

12 Responses to “Index Toekennings”

  1. Tweelingkind Julie 6, 2009 at 8:16 vm #

    Baie interristing…sal defnitief gaan kyk.

  2. parkes1 Julie 6, 2009 at 10:03 vm #

    Ja mens sou nou dink dit sal eers oorsee gebruik word en dan so 10 jaar later in SA,

    • demoerin Julie 7, 2009 at 7:06 vm #

      Yip, ons is nie altyd agter in die ry nie…. partykeer is ons sommer heel voor! Lekker nê!

  3. parkes1 Julie 6, 2009 at 10:04 vm #

    Millpark in Jhb het die beslis nodig, met al die trauma gevalle wat hulle daagliks kry.

  4. boendoe Julie 6, 2009 at 11:11 vm #

    Interessant! En na Plaasjuppie my moedeloos oor ons landjie gemaak het, gee jy my weer hoop. 😉

  5. Andrew Julie 6, 2009 at 2:02 nm #

    My ex kollegas het my gereeld bang gepraat met stories dat De Beers sekuriteit ‘n mens party maal inwendig ondersoek toe ons destyds trips na die robbe kolonie in Kleinsee gedoen het. Ek was so paranoid ek het tot my skoen sole ondersoek om seker te maak daar is nie enige klippies vasgesteek in die tread nie. Fortunately my dignity is still intact. 🙂

    • demoerin Julie 7, 2009 at 7:04 vm #

      😆 Ek dink ons sal partymaal verbaas wees as ons weet watter cloak and dagger goed regtig om ons aangaan.

      • BB Julie 7, 2009 at 8:06 vm #

        Be afraid!! Be VERY afraid!! 👿 – ek moes nou die dag weer ‘n hoogs geheim klaring kry – dissie vir sissies nie, glo my!!

        Btw DMi – hierdie een lyk baie meer soos jou avatar: 😀

  6. 519studio Julie 6, 2009 at 2:27 nm #

    Hi
    Thanks for the nice information.

    Regards
    http://www.519studio.com

  7. meermin Julie 6, 2009 at 2:39 nm #

    Hallo jy vreemdeling of is ek die vreemdeling, tyd is maar ‘n grooooot faktor, net te besig en aan die gang hierdie kant, maar sal weer een of ander tyd ‘n lekker insrywing maak ….. lekker dag verder vir jou!! 😉

    • meermin Julie 6, 2009 at 2:40 nm #

      oops ek kan nie spel nie, inskrywing …. 😳

      • demoerin Julie 7, 2009 at 7:05 vm #

        Die spelling begin agteruit gaan as mens te min blog 😉

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord