WEW….25/52

7 Jul

Wat was die beste ding VOOR gesnyde brood?

 

buttonmoon @ flickr.com

buttonmoon @ flickr.com

Otto Rohwedder het ‘n proto-tipe in 1912 begin bou, wat ongelukkig in ‘n brand verwoes was. In 1928 het hy egter ‘n patent uitgeneem vir sy broodsnymasjien, en die Chilicothe Baking Company het op 7 Julie 1928, vandag 81 jaar later, die eerste gesnyde brood verkoop.

Die brood was geadverteer as ” the greatest forward step in the baking industry since bread was wrapped.” Van hierdie advertensies het die uitdrukking toe voortgevloei – The greatest thing since sliced bread!

blk3953 @ flickr.com

blk3953 @ flickr.com

Gelukkige 81ste verjaarsdag aan gesnyde brood!

9 Responses to “WEW….25/52”

  1. Emil Julie 7, 2009 at 9:46 vm #

    Was daar ooit iets beters as gesnyde brood?

    • demoerin Julie 7, 2009 at 11:29 vm #

      Iets moes tog die benchmark gewees het VOOR gesnyde brood…. soos die kar of so iets…dalk die radio?

      • demoerin Julie 8, 2009 at 6:42 vm #

        Dalk was die uitdrukking – The best thing since Cardhu?

  2. BB Julie 7, 2009 at 11:09 vm #

    Jip, daar is!! En ek het dit Emil!!! in my kop!! Die patent is seker daai een step beter as gesnyde brood!! Maar niemand koop idees nie!!😦

    • demoerin Julie 7, 2009 at 11:38 vm #

      Daar is sulke mense….. soek, miskien kan ons eendag sê ek ken vir BB, sy het dit uitgevind😉

  3. parkes1 Julie 7, 2009 at 3:26 nm #

    BB my buurman het op n stadium n patent ook in sy kop gehad en op die ou einde toe hy die patent wou registreer was daar alreeds so patent. Maar Sterkte!

  4. Girl van die Suburbs Julie 7, 2009 at 6:07 nm #

    Ohhh, maar ‘n varsgebakte witbrood wat nog so staan en stoom trek wat jy self dik sny met botter en konfyt…. Dit beat ‘n klaargesnyde ou snytjie brood by verre!

    • demoerin Julie 8, 2009 at 6:38 vm #

      By geleendheid ja, maar ek is seker 80% van die wêreldbevolking het nie tyd om elke dag brood te bak nie😉

  5. demoerin Julie 8, 2009 at 6:41 vm #

    Ek het selfs gelees dat gedurende die WII, Amerika gesnyde brood vir ‘n ruk lank verban het. Iets te doen gehad met die duurder, en dikker verpakking wat vir gesnyde brood nodig was… of so iets. Daar is op wiki ‘n brief van ‘n Amerikaanse huisvrou gedurende die tyd wat kla oor al die brood wat sy nou moet sny in die oggend vir ontbyt en om toebroodjies vir lunch vir die man en kinders in te pak😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: