Suid-Afrika in Unie….

8 Jul
foto: welshlady @ flickr.com

foto: welshlady @ flickr.com

Dit blyk dat een van die min dinge wat Suid-Afrikaners nog deesdae saam kan doen, is op die straathoeke dans met plakkate. Protesaksies het deel van die Suid-Afrikaanse kultuur geword. ‘n Protesaksie in solidariteit vir ‘n goeie doel is natuurlik een ding, maar in hierdie pre-2010 jaar gaan ons iets nuut sien… die jaar waarin Suid-Afrika en die 2010 Projek aan die “short and curlies” rondgeswaai gaan word.

1968 Memphis Sanitêre Werkers Optog

1968 Memphis Sanitêre Werkers Optog

Dit is natuurlik niks nuut nie, dit gebeur al vir eeue dat gereedskap neergesit word om ‘n punt te maak, of om te kry wat jy voel jou toekom…. in gewone taal noem ons dit sommer plein en simpel – Afpersing. Wat ‘n beter tyd, as ‘n jaar voor 2010 moet afskop, is dit nie nou om alles te kry wat jy wil hê nie? Die lughawe, meeste van die padwerke, ‘n gedeelte van die Gautrein, en dan natuurlik die pragnuwe stadions moet klaar. Afpersing. Die hele land en die 2010 projek word vir ‘n losprys aangehou.

Ek het geen probleem met die werkers se konstituele reg om te staak nie. As jy in die koue op die strate wil ronddrentel is dit jou saak. My probleem is die perfekte tydsberekening, En die rede dat dit byna ALTYD oor geld gaan, en dan met suiker besprinkel word as iets anders, soos byvoorbeeld werksomstandighede. ‘n Onlangse voorbeeld is die staatshospitaal dokters wat my  probeer wysmaak dat hulle staak vir meer geld, omdat hulle in sulke haglike omstandighede werk. Gaan hulle die verhogings gebruik en self medisyne, kos en komberse aankoop vir die hospitaal? Kokke aanstel om die pasiënte te voer? As jy meer geld wil hê, sê so, want daar is niks wat my simpatie so vinnig gaan laat wegkwyn as iemand wat probeer om stroop om my mond te smeer nie.

foto: Ballistic Art @ flickr.com

foto: Ballistic Art @ flickr.com

Baie jare terug is die voordeel van optree in ‘n groep al agtergekom. ‘n Massakoor klink altyd beter as ‘n kamerkoor, en ‘n kamerkoor beter as ‘n sanggroepie. Eendrag maak mag. En daar ontstaan die Unies. Die mense met wie ek eintlik ‘n probleem het. Miljoene werkers betaal maandeliks ‘n lidmaatskapfooi, sodat hierdie mense een maal per jaar namens hulle kan onderhandel vir salaris verhogings. Die unie-base sit in lekker kantore, en ry mooi blink karre waarvoor die lede betaal.

En dan is hulle blykbaar ook nie eers baie goeie onderhandelaars nie, want die lede moet elke jaar nog steeds strate toe met ‘n staking om hulle verhogings te kry. In die koue op straathoeke terwyl die unie-base in hulle lekker warm kantore sit en ledegeld tel. Dus doen hulle eintlik niks, ek dink die werkers sal by hulleself ook ‘n staking kan reël – en dit gaan nie ledegeld kos nie.

Dit is ‘n hartseer situasie, want die werkers betaal maandeliks ledegeld vir iets, wat hulle heel moontlik op hulle eie sou regkry. ‘n Staking kos niks nie, behalwe natuurlik as jy ‘n unie-lid is.

5 Responses to “Suid-Afrika in Unie….”

  1. Andrew Julie 8, 2009 at 11:11 vm #

    Ek het een keer deel geneem aan ‘n een dag staaking. Ons staaking het behels om slegs die werk te verrig soos gestipileer in ons kontrakte, niks meer nie. Vergelyk dit nou met dokters wat alle tools down terwyl hulle pasiënte moontlik kan sterf. Vir hulle kan die beroep nie ‘n “calling” wees nie.

    Sny die vrot nou uit.

  2. demoerin Julie 9, 2009 at 8:24 vm #

    Free and Fare pay en al die het ek nie ‘n probleem nie, maar ‘n staking gaan dit nie dadelik uitbalanseer nie.
    En nog erger…. die nuwe staking se mense wat kerm en kla oor hulle vrouens en vyf kinders ens. ens.
    Van wanneer af is jou hoeveelheid kinders jou werkgewer se probleem?

  3. meermin Julie 9, 2009 at 10:55 vm #

    DMI bly jy like daardie pic !!!

  4. Emil Julie 9, 2009 at 2:30 nm #

    Meermin, jou pic is cool!

    Power to the People. Amandla. Viva Revolution! Viva! Die unie sien om na die belang van die werker. Hulle speel ‘n belangrike rol in die verhoudings tussen werker en staat. Daar is egter nog ‘n verloop van tyd nodig voordat die plaaslike unies dieselfde volwassenheid gaan toon as hulle Europese ewe-knie. Op twee areas, egter, is hulle invloede onontkenbaar: gelyke regte, en veiligheid. Let them be, seg ek.

    As jy ‘n regering het wat lampsakkig en onkundig met essensiële dinge omgaan, wat anders kan die mense doen. Moenie alles wat julle in die media lees, sommer so opvreet nie. Baie dokters het vir slegs ‘n paar gestaak, en dan weer na hulle pasiënte teruggekeer. Nie oorals nie, maar tog. Almal het steeds nooddiens gedoen.

    • demoerin Julie 9, 2009 at 3:08 nm #

      Ek glo nie hulle doen genoeg vir die werkers om die maandelikse fooie te verdien nie. Ek glo as die onderhandelinge ordenklik gedoen word behoort die werker nie elk geval op die straat te staak nie.

      Slegs ‘n paar dokters uit staatshospitale maak al ‘n groot verskil. My punt is egter, as dit vir geld is sê so, moenie die staking sugarcoat met mooi dinge wat simpatie moet wek nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: