50ste dag van Confusion….

15 Jul

Nee, ek is nie gereed om die mure uit te klim nie…. nog minder is daar mense met wit jassies en strait-jackets wat aan my deur klop.

Confusion is ‘n periode in die Discordian kalender, en 15 Julie is die 50ste dag van Confusion… en ‘n Discordian vakansiedag met die naam van Confuflux.

Op die dag van Confuflux word ons herinner dat die “Law of Escalation” beide kante toe waar kan wees:

  • Imposition of order leads to an escalation of disorder EN
  • Imposition of disorder  leads to an escalation of order.

Die volgende seisoen in die Discordian kalender is Bureaucracy. Daarom moet daar vandag groot gevier word in voorbereiding.

Idees vir die vier van die fees word soos volg weergegee:

  • Praat met almal deur woorde uit te spreek asof dit agteruit gespel is
  • Gaan groot vandag met jou gekose manier van intoksikasie
  • Doen vandag 5 spontane aksies
  • Bestuur/loop/fietsry in ‘n rigting wat jy nie gewoonlik neem nie
  • Ontketting jou innerlike maniak

Nogal snaaks dat dit hierdie jaar juis op “klein-Saterdag” val.

Net nog ‘n geldige rede om vanaand gekletter te raak!

foto: CiscoKid71 @ flick.com

foto: CiscoKid71 @ flick.com

13 Responses to “50ste dag van Confusion….”

  1. Rustig Julie 15, 2009 at 8:59 vm #

    Nou is ek darem self deurmekaar. :rool:

  2. boendoe Julie 15, 2009 at 9:03 vm #

    Ontketting my innerlike maniak? Intoksikasie? Dit klink na MY dag vandag! :mrgreen:

  3. Andrew Julie 15, 2009 at 9:48 vm #

    As ‘n mens hoender kop is kom die woorde automaties agterstevoor om uit. 🙂

    • demoerin Julie 15, 2009 at 9:59 vm #

      Dit is seker die plan…. en die verskoning – Confuflux natuurlik!

  4. Sonkind Julie 15, 2009 at 10:28 vm #

    Ek is nou so confused soos ‘n verkleurmannetjie tussen ‘n klomp jelly tots!

    • demoerin Julie 15, 2009 at 10:30 vm #

      Miskien verstaan mens beter na ‘n glasie of twee… of drie.

  5. Emil Julie 15, 2009 at 10:33 vm #

    Uiteindelik het ons nou die etimologie van Confucked opgespoor.

    • boendoe Julie 15, 2009 at 10:59 vm #

      😆

      BTW, my maniak het ‘n ball! Kan ek nou al begin werk aan my intoksikasie, of moet die vliegtuig eers oor wees? :mrgreen:

      • demoerin Julie 15, 2009 at 11:04 vm #

        Soos ek dit verstaan is dit ‘n voldag feestelikheid.

    • demoerin Julie 15, 2009 at 11:03 vm #

      Is dit as jy Confuflux TE goed gevier het? 😆

  6. Dellie Julie 15, 2009 at 2:01 nm #

    ke las nad toorg naag dnaanav lywret ke tiuretga tem ym steif yrgew nav eid pohspod fa. :mrgreen:

  7. BB Julie 16, 2009 at 7:05 vm #

    ROFL!!

    Nou moet jy dit nog net as palindroom uitwerk Cupcake!

Lewer kommentaar op Dellie Kanselleer antwoord