Archive | 7:27 vm

Politiek is nie Confusing

16 Jul

Dit blyk dat politikuste nie ‘n moderne millenia probleem is nie. Master Kong was ‘n Chinese denker en filosoof wie se leeringe in die Ooste, hom die titel van “Die Socrates van die Ooste” besorg het. Hy het tussen 551BC tot 479BC geleef. Die Jesuit, Matteo Ricci het Weste aan sy filosofie bekendgestel, en hy was die eerste wat toe aan Master Kong ‘n Latynse naam besorg het – Confucius.

180px-Confucius_Tang_Dynasty

Confucius was alles behalwe confused. Confucius het veral gefokus op sosiale filosofie en etiek. Hoe om die beste mens moontlik te wees. Hy het dan veral gefokus op hoe die mens, deur denke en redenasie, die beste persoon moontlik kan wees, sonder om dit gedwonge deur neergelegde wette te moet wees.

The superior man:

“…acts before he speaks, and afterwards speaks according to the action”

“…is distressed by the limitations of his ability; he is not distressed by the fact that men do not recognize the ability that he has”

“…thinks always of virtue; the common man thinks of comfort”

“…is modest in his speech, but exceeds in his actions”

Dit blyk dat die politieke situasie 2 millenia terug nie veel beter as nou was nie. Hy het dikwels met die leiers van daardie tyd gepraat oor hoe om goeie leiers te wees, en nie net te konsentreer daarop om die magsposisie te beklee nie. ‘n Magsposisie van leierskap kom met verantwoordelikheid, en een van die grootste verantwoordelikhede is om te lei deur die voorbeeld wat jy stel.

“If your desire is for good, the people will be good. The moral character of the ruler is the wind, the moral character of those beneath him is the grass. When the wind blows, the grass bends”

I rest my case………..